Ons toer in Amerika sou vandag amptelik tot ‘n einde gekom het. Ons moes egter aanpassings maak, aangesien die aanvraag na onderhoude met ons toerspan. eenvoudig te hoog is. Andrè Coetzee het gisternag in Suid Afrika aangekom, maar Simon Roche gaan aanbly in die VSA om die toenemende behoefte vir skakeling met die Suidlanders te hanteer.

Ons het tienduisende mense in Amerika bereik, en het nou die vooruitsig om met belangrike rolspelers te skakel en selfs meer mense van die Suidlander Noodplan en die komende anargie in Suid Afrika in te lig.

Ons vra steeds u voorbidding vir die voortgesette goeie werk in Amerika