Vuurwapen Lisensies

Hierdie skrywe is nie ‘n regsadvies-stuk nie maar doen net verslag van wat in breёstroom media gerapporteer word. Die Hooggeregshof se uitspraak dat ou en vervalde vuurwapen lisensies nie meer geldig is nie het ernstige implikasies. Dit beteken in effek dat ongeveer 300 000 vuurwapenlisensiehouers wat ‘n week gelede nog wettige burgers was, nou onwettig in besit van vuurwapens is.

Alle vuurwapen eienaars moet asseblief dringend kyk of die vuurwapenlisensies verval het. Dit blyk dat diegene wat nog in besit van ou vuurwapenlisensies is geen keuse sal hȇ as om dit in te dien by ‘n polisiestasie nie.

Vir nou wag ons vir ‘n amnestietyd om aangekondig te word, aangesien die polisie u tegnies gesproke selfs kan vervolg indien u sulke vuurwapens nou gaan inhandig. Ons het môre ‘n afspraak met die polisie om hierdie saak te bespreek en sal u môre reeds terugvoer gee. Doen alles moontlik om wettig te bly.

Deur | 2018-06-12T15:58:52+00:00 12 Junie, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Belangrike waarskuwing, Hoekom Suidlanders|