Wat gebeur as die krag landswyd afgaan – Deel 2

Paaie – Dit is belangrik om te onderskei tussen vier verskillende situasies. Eerstens sal die toestand in groot stede baie anders wees as in klein plattelandse dorpies. Anders as daar, sal die verkeer in stede baie vinnig tot stilstand kom, selfs sonder enige blokkasie van paaie of tekens van geweld. Waar die verkeer in groot stede onder normale omstandighede alreeds druk besig is, sal dinge nou veel erger wees.

Verkeersligte sal dadelik af wees. By opritte van hoofpaaie en snelroetes sal die verkeer begin opbou en opdruk tot ver binne snelweë. Dit sal veroorsaak dat die verkeersvloei op hierdie hoofroetes tot stilstand of byna tot stilstand gedwing word.

Die vreesfaktor wat met ‘n nasionale kragonderbreking gepaard gaan, kan veroorsaak dat mense in stede in groter getalle tergelykertyd iewers heen wil ry, wat ekstra druk op die verkeersvloei sal plaas. Verder sal daar weens kommunikasie probleme asook ‘n skielike toename in motor ongelukke, ‘n baie beperkte indien enige ambulans- en polisie diens beskikbaar wees. Ongelukke wat nie hulp van polisie en ambulansdienste ontvang nie, sal samedromming van goedhartige motoriste veroorsaak en vir langer tye ‘n effek op verkeersvloei hê.

U kan verwag om by ongelukstonele te kom waar slagoffers hulpeloos verkeer. Die sielkundige effek hiervan veroorsaak nog meer paniek. Paaie in groot stede kan baie vinnig totaal en al tot stilstand gedwing word.

Die volgende vrees wat motoriste dan beetpak, is dat brandstof in voertuie op raak sonder dat hulle fisies tot by vulstasies kan kom. Dit is dan wanneer mense begin om hul voertuie agter te laat met die hoop om te voet, miskien voor donker of weens geliefdes wat by skole of winkels gestrand is uit te kom. Wanneer dit gebeur is roetes in stede totaal en al geblokkeer en sal dit selfs die ander motoriste forseer om hul voertuie agter te laat.

Afhangend van die tyd van die dag waarin kragvoorsiening ineenstort, sal mense poog om voor donker tuis te wees, of soos u later sal sien die stad te verlaat. U kan verwag om massas voetgangers op paaie te sien

Twee situasies om in gedagte te hou, is die tyd van die dag of nag waarin dit gebeur. Soos ons nou net gesien het, sal daar byna onmiddelik ‘n verhoogde verskeersvloei plaasvind as die krag tydens die dag afgaan. As dit in die nag of vroeg oggendure afgaan terwyl mense nog by die huis is, is die situasie veel anders.

Die groot verskil is dat minder mense in ‘n paniek dan by die huis wil kom, baie mense sal kies om steeds werk toe te gaan maar, afhangend van die vreestoestand wat ons later gaan bespreek, kan ‘n groot hoeveelheid mense in stede verkies om dan die stad te verlaat. Die risiko hier is dat wanneer ‘n massa mense uit beweeg, en nie in verskillende rigtings na verskillende bestemmings nie, dit onmiddelik ‘n dubbele las op die eenrigting bane plaas. Indien die spesifieke omstandighede genoeg mense motiveer om dit te doen, sal paaie binne ‘n kort tydjie ook geblokkeer wees soos wat ons vroeër gesien het as dit tydens daglig ure gebeur.

‘n Na-ure vlugsituasie bied u egter meer tyd (afhangend van die vreestoestand) en die groot keuse hier is of u eerder vinniger wil uit beweeg, of wag tot meer mense dieselfde keuse neem en dit dalk juis dan nie moontlik sal wees nie. Daardie keuse bly by elke individu.

Vreesfaktor, kontant, kommunikasie en meer sal in die volgende berigte bespreek word.

 

Deur | 2019-02-20T13:22:20+00:00 20 Februarie, 2019|Kategorieë: Belangrike Ontleding, Eskom, Wat gebeur as die krag landswyd afgaan.|Sleutelwoorde: , |