Wat gebeur as die krag landswyd afgaan. Praktiese Wenke – Deel 6

Eskom af

Onmiddelike Optrede met Nasionale Kragineenstorting

Verskillende areas in Suid Afrika, of dit op die platteland is, klein dorpies of in groter stede, vereis verskillende optrede en oudergewoonte herinner ons u dat die keuse altyd is of om dadelik uit te beweeg na veilige plekke, of om vir ‘n tyd lank te bly.

Nie net die grootte van die dorp of stad is hier die bepalende faktor nie, maar ook waar dit geleë is in Suid Afrika. Sekere dele van die land mag dalk baie lae populasiedigtheid hê, maar kan afgesny en baie vinnig oorstroom word deur rewolusionêres en swart massas en kan net so maklik afgesny word van veilige areas.

Indien omstandighede regverdig dat u in ‘n area woon waar u nog vir ‘n tyd lank nie hoef uit te beweeg nie, kan u dadelik met die volgende optredes begin indien kragvoorsiening nasionaal in duie stort.

Elke een van die volgende punte word in die lig van aanbevelings gegee in lyn met internasionale noodprosedures en ondervinding wat ons opgedoen het deur die studie van talle vorige soortgelyke toestande internasionaal. Die volgende optrede geskied op eie risiko en ons aanvaar geen aanspreeklikheid indien onvoorsiene omstandighede daartoe lei dat die volgende optrede negatiewe implikasies het nie aangesien omstandighede dramaties kan verskil, en toestande nie vir alle areas ewe akkuraat voorspel kan word nie.

Die eerste en belangrikste ding om te doen, is om te bevestig dat die kragvoorsieningstelsel wel nasionaal in duie gestort het. Dit is ook belangrik om op hoogte te wees van die aankondigings wat die owerhede in die media daaroor maak. Die Suidlander hoofkantoor monitor tientalle sosiale netwerke en ons beskik oor die vermoë om baie vinnig vas te stel of daar wel nog areas is wat van krag voorsien word. Indien u op ons sms stelsel geregistreer is, behoort u gereelde opdaterings in so ‘n tyd te ontvang.

Let op media verklarings wat moontlik kan aandui dat kragvoorsiening weens voorkomingsmaatreëls afgeskakel is en let op die tydperk wat krag volgens die owerhede af gaan wees. Hou in gedagte dat dit wat u oor die media gaan hoor, heel moontlik nie die waarheid sal wees nie. Sekere mediaverklarings word vooraf bepaal en word uitgesaai met die doel om paniek te voorkom. Bly kalm

Moenie paniekerig raak nie, bly kalm en nugterdenkend. Kinders is baie sensitief vir ouers se optrede en emosionele toestand. Kalmte is noodsaaklik om nugter te dink en besluite te neem.  Indien u beplan het om in die huis te bly en toestande laat u baie onveilig daar voel, volg u instink en “gaan vang ‘n paar dae vis.” Dit is belangrik dat u gemoedsrus het in stresvolle tye.

Kry dadelik u familie by die huis. Vooraf reëlings soos om u kinders van die skool by die huis te kry, kan nou uitgevoer word.

Wees oplettend wat die optrede van mense in u woongebied is. As groot hoeveelhede mense die woongebied begin verlaat, sal dit ‘n groot invloed op u toestande en veiligheid hê indien u sou kies om agter te bly. Dit sal beteken dat minder druk op sekere dienste soos watervoorsiening en riolering geplaas word, maar sal ook negatiewe implikasies vir u veiligheid hê aangesien minder van u bure in gevaarlike tye sal kan saamstaan teen misdaad en aanvalle.

Praat met soveel as moontlik mense wat die woongebied verlaat en stel vas waarheen hulle gaan. Maak notas hiervan op ‘n kaart, dit is handig vir latere verwysing.

Gesels ook met mense wat nog agter bly en toets die water om vas te stel hoe lank hul beplan om te bly, ens.

Tap dadelik u bad vol water, maak seker die prop lek nie en maak ander beskikbare houers ook vol. Indien u ‘n swembad het, sorg dat dit vol is en bedek dit met ‘n nie-deursigtige plastiek seil. Hou in gedagte dat dit uiters gevaarlik is om in ‘n swembad te val wat met so ‘n seil toegegooi is, aangesien die seil om mens kan toevou en dit baie moeilik is om daaruit te kom. Tref voldoende voorsorgmaatreëls indien u dit doen.

Gebruik kraanwater en hou opgegaarde water vir wanneer watertoevoer staak.

Probeer om u vrieskas so min as moontlik oop te maak aangesien bevrore kosse dan langer gevries sal bly.

Maak u voertuig onmiddelik vol brandstof en koop addisionele brandstof indien moontlik.

Sorg dat u genoegsame kontant in u hande het.

As u aan ‘n polisiëringsforum of ander gemeenskapsinisiatiewe behoort, roep ‘n vergadering en bespreek moontlike gevaarlike toestande wat kan ontwikkel. Probeer munisipale verteenwoordigers by die vergadering betrek. Die volgende punte kan moontlik hier bespreek word.

  • Rioleringsprobleme en hoe die gemeenskap dit kan oorkom.
  • Watervoorsieningsprobleme en hoe die gemeenskap dit kan oorkom.
  • Samewerking met die boeregemeenskap om vars produkte in die gemeenskap beskikbaar te stel.
  • Sekuriteitsrisikos t.o.v misdaadtoename en moontlike geweld indien arm dele soos swart plakkerskampe skielik nie meer dienste en lewensmiddele kan bekom nie.
  • Stel die vergadering in kennis dat die Suidlanders in radio kontak met honderde gemeenskappe is en dat dit wys sal wees as u gemeenskap met hulle per radio kan koördineer.
  • Oprigting van ‘n beheerkamer met HF kommunikasie
  • Indien hierdie toestande vir ‘n tydperk voortduur, sal die algemene gemeenskap meer ontvanklik wees vir ontruimingsprosedures en beplanning vir onttrekking na veilige gebiede.

Maak u voertuig gereed vir onttrekking indien dit nodig sou wees met normale voorbereiding.

Parkeer u voertuig met die neus na die uitgang en hou die sleutels byderhand.

Hou elektroniese apparate soos flitse, fone, radios ens. gelaai (sien volgende berig “Fisiese voorbereiding”)

Wanneer u vrieskas se inhoud ontdooi, kan u al die vleis gaarmaak, dit hou langer as dit gaar is, en daar is ‘n verskeidenheid bronne beskikbaar wat u sal leer hoe om gaar vleis te preserveer. In vorige soortgelyke toestande het gemeenskappe saamgekom en alle vleis in winkels ens. vir hierdie doel gaar gemaak.

Organiseer dat iemand voltyds nabye plakkerskampe monitor en u gemeenskap betyds waarsku as daar onlus of groepering ontwikkel.

Indien u gemeenskap nie die vermoë kry of oprig om met die Suidlander beheersentrum per HF radio in verbinding te kan tree nie, moet u soos spoedig as moontlik in aanraking kom met persone wat wel hierdie vermoë het. Indien die media nie akkurate inligting deurgee van toestande in die land nie, wat moontlik die geval sal wees, sal u slegs by ons beheersentrum hierdie inligting kan bekom.  Hou u FM radio aan op radiostasies wat nog uitsaai.

Voorkom dat u familielede te ver van die huis af beweeg.

Vermy beweging na donker buite die huis.

Wees uiters spaarsamig met water, gas, brandhout ens.

Gebruik bederfbare kosse eerste.

Wees uiters versigting om nie u voertuig battery pap te maak deur die gebruik van radio, ligte ens. nie.

Indien toestande versleg en u kom agter dat mense nie meer kontant wil aanvaar nie, moet u so spoedig moontlik u kontant gebruik om lewensmiddele te bekom terwyl u kan. Koop veral lewensmiddele wat ruilwaarde het.

U sal sien dat hierdie bogenoemde wenke in ‘n meer of mindere mate in elke spesifieke toestand van toepassing sal wees. Neem hieruit wat u kan gebruik. Bly kalm en gebruik u logika.

Deur | 2019-03-18T10:08:54+00:00 18 Maart, 2019|Kategorieë: Eskom, Voorbereiding, Wat gebeur as die krag landswyd afgaan.|Sleutelwoorde: , |