Wat gebeur as die krag landswyd afgaan – Deel 1

Vandat dit vir die wyer blanke gemeenskap begin rigbaar raak het dat Eskom op die randjie van ineenstorting staan, het almal begin gesels, spekuleer en selfs raad gee oor hoe dit sal wees wanneer die krag in SA landswyd afgaan. Ons het gevind dat daar nou op byna elke Facebook blad ‘n “spesialis” is wat sy “kundigheid” wil deel. Baie van hierdie wenke en raad is onakkuraat en grens dikwels aan growwe nalatigheid.

Alhoewel die volle besonderhede van toestande en optrede tydens so ‘n tyd veels te lank vir ‘n artikel is, wil ons graag hiermee ‘n beter prentjie van sulke toestande skets en basiese riglyne gee van optrede tydens nasionale kragineenstorting. Om meer van hierdie onderwerp te wete te kom, is dit belangrik dat u by die Suidlander noodplan inskakel en ons kursusse begin bywoon.

Nie alle lande word dieselfde geaffekteer deur die ineenstorting van ‘n nasionale kragvoorsienings netwerk nie. Hoe meer ontwikkeld ‘n land is, hoe meer afhanklik raak die funksionering van dienste in beide die privaat, munisipale of staatsvoorsiende dienste. Die probleem is nie net kragvoorsiening nie, maar ook die fasiliteite wat sekere besighede en diensverskaffers nodig het om dienste te lewer. Die plaaslike OK sal byvoorbeeld nie kruideniersware kan verkoop sonder die telekommunikasie infrastruktuur waarmee bankkaart transaksies gedoen word nie.

Indien die rekenaarstelsel by hul betaalpunte nie strepieskodes kan skandeer nie, sal hulle nie transaksies kan doen nie. Besighede is afhanklik van ‘n baie komplekse en tegnologies gevorderde betaal- aankoop- bestelling- verifiëring stelsels. Soos wat hierdie verskillende stelsels saam met die kragonderbreking ingee, begin die besighede en diensverskaffers ook tot stilstand kom.

Elektroniese kommunikasie stelsels

Die land se elektroniese kommunikasiewese sal byna dadelik tot stilstand kom.  Hierdie groot rekenaar netwerke plaas inligting nasionaal by groot hoeveelhede rekenaarterminale. Hiersonder kan die bankwese, outomatiese bestel stelsels, aankope, verifiëring van identiteit, internet en ander internet gebasseerde transaksies en netweke nie funksioneer nie. Die grootste besighede word eerste geaffekteer.

Verder more.

Deur | 2019-02-18T19:03:16+00:00 18 Februarie, 2019|Kategorieë: Belangrike Ontleding, Eskom, Wat gebeur as die krag landswyd afgaan.|Sleutelwoorde: , |