Ons het al telkens in die verlede gewaarsku dat gebrekkige watersuiweringsvoorbereiding baie ernstige gevolge kan inhou. Ons besef dat almal deesdae swaar trek met finansies en dat ons mense hul bes doen om voorbereiding in plek te kry.

Hier is ‘n geleentheid vir diegene wat finansieёl dalk nie voorheen geld op watersuiwering kon spandeer nie. Suidlander Hoofkantoor het spesiale pryse beding om watersuiweringsdruppels aan ons lede te verskaf. Hierdie druppels is baie gewild onder humanitȇre hulporganisasies in Afrika. Dit het streng toetse en keuringsprosesse deurgegaan en voldoen aan al die nodige SABS standaarde.

Baie onlangs het die SABS opvolgtoetse gedoen en ‘n sertifikaat uitgereik wat die vervaldatum van hierdie produk met tien jaar verleng. Hierdie sertifikaat is beskikbaar op aanvraag.

Suidlander Hoofkantoor is tans in besit van baie watersuiweringsvoorraad wat sopas of binnekort gaan verval volgens die ou vervaldatums wat op die botteltjies gedruk is. Volgens die huidige sertifisering kan daar dus 10 jaar by hierdie vervaldatum gevoeg word.

Aangesien dit nie koste-effektief is om die etikette oor te druk en aan te pas nie, het ons besluit om hierdie voorraad teen 50% afslag aan lede te verskaf wat finansieёl swaartrek. Ons gaan nie enige ondersoek doen om te bepaal of u kwalifiseer nie, maar vertrou dat lede wat nie welaf is nie, van hierdie aanbod sal gebruik maak. U sal dus watersuiweringsdruppels kan bekom teen ongeveer ‘n kwart van die prys waarvoor dit in winkels beskikbaar is.

Water is een van die mees kritieke lewensmiddele, en wanneer infrastruktuur in duie stort en gesondheidsrisikos gevaarlik hoog raak, is watersuiwering van kardinale belang.

Om van hierdie spesiale aanbod gebruik te maak, epos navrae@suidlanders.co.za. Mense wat hierdie produk teen 50% van markwaarde soos normaal wil aankoop, kan dit bekom deur pakhuis.co.za te besoek.