Watersuiweringsdruppels

Met die oog op die waterkrisis is dit dalk ‘n goeie tyd om u fokus weer te vestig op watersuiwering. Watersuiweringsdruppels wat by SL Hoofkantoor verkrygbaar is, word ten sterkste aanbeveel vir alle lede se voorbereiding. Hierdie druppels het ‘n rakleeftyd van meer as sewe jaar en behandelde water bly vars vir ongeveer 10 jaar. Dit in teenstelling met ‘n relatiewe kort rakleeftyd van watersuiweringstablette.

Die watersuiweringsdruppels is deur verskeie instansies getoets en sertifikate van effektiwiteit is uitgereik. Dit is ook SABS goedgekeur en word deur talle humanitêre diensorganisasies in Afrika gebruik.

Dit is terselfdertyd die mees koste-effektiewe metode van watersuiwering aangesien u drie druppels per liter nodig het. Ons beveel aan dat u deeglike voorraad van watersuiwering aanskaf. Na ons in veilige plekke groepeer het sal suiwer drinkwater ‘n skaars artikel wees en niemand sal kan bekostig om die risiko te neem om onbehandelde water te drink nie. Hou veral in gedagte die beperkte mediese dienste wat vir so ‘n toestand beskikbaar is.

Pryslys: (Posgeld uitgesluit)

10ml teen R42 – suiwer 100 liter
30ml teen R75 – suiwer 300 liter
100ml teen R210 – suiwer 1000 liter
500ml teen R375 – suiwer 5000 liter
5 liter teen R2500 – suiwer 50000 liter

Kontak gerus navrae@suidlanders.co.za vir bestellings.