lote van u kruisDie Griekse woord vir salig is ‘makarios‘ en beteken letterlik uitermatig geseënd. Ons Verlosser verduidelik in geen onduidelike terme wat ons moet doen om uitermatig geseënd te wees nie. Ons kan ook ‘n seën wees vir ander, deur ons lig te laat  skyn deur ons gedagtes, woorde en dade, dat ons Vader in die hemel verheerlik word deur almal wat op ons lewenspad kom.

Matt 5:1-16

EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;

2 en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:

3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.

5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.

6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

7 Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

12 Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.

13 JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.

14 Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie;

15 en ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.

16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.