Wesrand Kamp: 17 Nov 2018

Wesrand Leiers en afdelingshoofde hou die komende naweek ‘n oefenkamp. Alle lede is welkom om die kamp by te woon – dit gaan ‘n oornag kamp wees.

Soos julle in die nuus sien is dinge baie warm in die land en wêreld, en moet ons elke moontlike geleentheid gebruik om voorberei te wees. Ons gaan Saterdagaand sommer saam braai om die jaar af te sluit.

Groete,
Bertus Schwan
Wesrand Provinsiale Leier

Dag: Saterdag 17 November
Tyd: 08:00
Alle streke reël met julle streeksleiers waar om bymekaar te kom.
Koste: R100 per voertuig

  • Oorslaap is opsioneel
  • Maak asb voorsiening vir kos, water, ens vir die dag of as jy oornag saam met ons.
  • Bring asb hoede, sonskermroom ens. saam want ons verwag ‘n redelike warm dag.

Program vir dag:

Tyd Dag 1 – Saterdag 17 November
8h00 Streke vertrek van hulle bymekaarkompunte
9h00 Groepering en eerste inoefening te Paardekraal Monument
9h30 Padblokkade / Ontvangs / VBS doen hulle ding
Laer word gevorm
Opening met gebed
Kamp reëls / Verwelkoming
10h00 Sek/Komms/Ontvangs/Medies/VBS vertrek na dam
10h30 Lede vertrek na Randfontein punt waarna konvooi probleme optel
VBS & Medies verleen bystand en beweeg na withuis
Met komms bevestig visvanggeriewe is in plek, pakkies vertrek na visvangterrein
Beweeg weer deur Sek, Ontvangs na kamp terrein in laerformasie.
13h00 Ontspanningstyd
Wagstelsel
Kamp opslaan
Middagete
Kuier
15h00 Frans sal vir ons ‘n wond & breek sessie gee
16h00 Selfverdediging
17h30 Kampweerbaarheid
18h30 Vrye tyd, braai, eet, kamp vuur, samesang & kuier
Aand 2km stap met grypsak met handseine & gewondes
Tyd Dag 2 – Sondag 18 November
06h00 Kamp alarm
Ontbyt & kuier
08h00 Dankbaarheidsdiens en afsluitings deur ons Provinsiale Leier – Bertus Schwan
KAMP OPSLAAN

 

Deur | 2018-11-14T11:43:38+00:00 14 November, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Hoekom Suidlanders, Opleiding, Voorbereiding|