Daar is besig om ‘n skeiding te kom tussen hoe verskillende volke hanteer word. Daar is baie duidelike demonisering teen die Weste aan die gang. Dit is deesdae selfs ooglopend vir die polities korrekte liberales hoe verskillend blanke misdaad teen swartmense hanteer word in vergelyking met swart misdaad teen blankes. Ons sien dit wêrelwyd.

Die taxi maatskappy Uber het sopas ‘n bemarkingsveldtog in Indië geloods. In hierdie advertensie vra hulle mans om hul vrouens ‘n dag af te gee uit die kombuis. So bied hulle ‘n afslag vir die taxi’s om wegneem etes af te lewer. ‘n Oulike advertensie. Kort na die vrystelling van hierdie advertensie is Uber aangekla van seksisme en diskriminasie teen vrouens deur te insinueer dat hulle in die kombuis is. Uber het dadelik gereageer en onvoorwaardelik omverskoning gevra.  Uber sê dat die advertensie uiters onsensitief was.

Dit is letterlik hoe polities korrek almal moet wees, tot dit kom by uitsprake teen blankes en konserwatisme. In ‘n histories liberale bestel soos Amerika, was daar nog nooit protes optogte of geweld deur regses nie. Die oomblik toe die behoudende Trump wen, begin daar ‘n vlaag van gewelddadige protes deur die vêr linkse Antifa. 

Regses kom nie byeen by die verhore van plaasmoordenaars nie, maar sodra ‘n blanke sy hand vir ‘n swartmens lig, staan alle swart groeperings saam om in grootskaal op te ruk en die regter se uitspraak te beïnvloed.

In die aanklagte teen die blankes wat in konflik betrokke geraak het met ‘n swart paartjie by ‘n KFC, het die regter selfs gesê dat die skares wat teen die blankes opgeruk het, in ag geneem moet word by oorweging van borgtog.

Is ons nou al by die plek waar skuldigbevindings teen blankes deur die rassistiese swart massas bepaal word? Hierdie klimaat is aanduidend van die komende rassekonflik in Suid Afrika.