Westerse Vyandigheid

ZumaDie skaal waarop die Zuma bewind homself by die Weste ongewild maak, is deesdae ooglopend doelgerig. Die felle kritiek wat die ANC teenoor Westerse lande uiter, druis loodreg in teen die norm van internasionale diplomatieke verhoudinge. Dit het begin by die stilswye van die ANC regering teen allerlei menseregte vergrype teenoor die blanke populasie van Suid Afrika, die ongeërgdheid van die ANC oor blanke moorde, blanke armoede en die volgehoue toepassing van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging het reeds jare gelede die vyandigheid teenoor die Westerdom bevestig.

Daarby is die Zuma bewind veral bekend vir sy anti-Weste uitsprake en openlike vriendskappe met ander regerings wat openlike vyandigheid teenoor die Weste verklaar. Zuma se verhouding met Robert Mugabe, ‘n Westerse hater, is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Die ANC maak ook geen geheim daarvan in sy “kyk oos” beleid waarin handelsbetrekkinge met Rusland en China by vêrre voorkeur geniet nie.

Bevestiging hiervan is Suid Afrika se BRICS lidmaatskap. Onlangs is daar verskeie handelsooreenkomste met Westerse lande gekanselleer of eenvoudig nie hernu nie. Die ANC het egter die hoogtepunt van vyandskap met die Weste bereik toe hy vandeesmaand verklaar dat hy van voorneme is om uit die Internasionale Strafhof te onttrek. Hierdie kultuur van Westerling-haat het reeds by alle swart groepe in SA posgevat. Selfs die EVV se openlike vyandigheid teenoor wit kapitaal monopolie, is ‘n indirekte aanval op Westerse belange in Suid Afrika. Met die EVV hoef mens egter nie tussen die lyne te lees nie – die uitsprake deur Julius Malema eergister het in geen onseker terme sy party se vyandigheid teenoor blanke ekonomiese belange bevestig.

Dit moet ‘n erge en vernederende klad in die gesig van talle Westerse lande wees. Veral so na Amerika en Europa so gretig was om die ANC in hulle ‘struggle’ tyd by te staan met sanksies teen die vorige NP bedeling. Al die optogte waaraan Europese en Amerikaanse burgers so gretig deelgeneem het om apartheid te beëindig, word nou beloon met kritiek teenoor daardie Westerse lande en openlike vriendskap met die Ooste. Dit gaan verder as dit. Suid Afrika se medelye en steun wat hy nou aan die Palestyne skenk, word erg gekritiseer deur die Vryheidsfront Plus, die IVP, en ACDP. Die ANC gaan so vêr as om die Palestynse Hamas leierskap verlede week in Suid Afrika te ontvang en amptelik te verklaar dat hierdie terroriste vleuel ‘n plek in SA het.

Mens kan nie help om te wonder of die ANC doelbewus of gemanipuleerd so perfek in die hand van die komende Doringbos regering speel nie. Sodra anargie uitbreek in Suid Afrika, sal die kritiek teenoor die ANC regering ‘n duisend keer in skaal toeneem in vergeleke met die kritiek wat hy tans vanaf die Afrikanerbond en sy lakeie verduur. Sodra die Afrikanderbond homself geposisioneer het sal die VN ‘n baie voorspelbare keuse uitoefen en dit sal nie ten gunste van die ANC regering wees nie.

Die blanke maghebbers sal eenvoudig as legitiem erken word met ‘n lys van redes in die breëstroom media oor hoekom die ANC nie werd is om weer in ‘n regeringsposisie te dien nie. Onthou dat hierdie hedendaags-ooglopende projeksies ‘n paar maande gelede deur die Suidlanders ontbloot is, en dat dit voorheen grootliks nog onder die sluier was. Dit wat vandag as logies voorkom met betrekking tot komende anargie, ‘n tussentydse regering, Doringbos vervolging van die behoudende gemeenskap, ens. is alles deur die vêrsiendheid van die Suidlander inisiatief geopenbaar.

Ons kan roem op niks anders as om die krediet ten volle aan die voete van ons Skepper te plaas nie. Alle eer aan Hom.