Ons doen gereeld navraag by Intelligensie Dienste om te bevestig dat die opleiding wat ons doen binne die riglyne van die wet geskied. Daar is verskeie individue en groeperings wat ons hoë vlakke van aktiwiteite sal kritiseer om vrees in te boesem by ons lede.

Die volgende het ons sopas weer aan die polisie voorgelê en ons sal u op hoogte hou indien daar enige terugvoer is en indien ons enige aanpassings in ons opleidingsprogramme moet aanbring. Wees gerus dat ons u veiligheid op die hart dra.