[fusion_builder_container hundred_percent=”no” equal_height_columns=”no” menu_anchor=”” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” class=”” id=”” background_color=”” background_image=”” background_position=”center center” background_repeat=”no-repeat” fade=”no” background_parallax=”none” parallax_speed=”0.3″ video_mp4=”” video_webm=”” video_ogv=”” video_url=”” video_aspect_ratio=”16:9″ video_loop=”yes” video_mute=”yes” overlay_color=”” overlay_opacity=”0.5″ video_preview_image=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” padding_top=”” padding_bottom=”” padding_left=”” padding_right=””][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ layout=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” border_position=”all” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” center_content=”no” last=”no” min_height=”” hover_type=”none” link=””][fusion_text]
Gustav Muller is gebore op 11 Junie 1968 in die Frankfort Hospitaal. Hy het sy eerste vyf jaar op die plaas Rietfontein gewoon, waarna hulle na ‘n ander plaas verhuis het, waar hy tot voltooiing van Matriek gebly het.
Hy het op Villiers skoolgegaan, waar hy uitgeblink het op verskillende gebiede, en is ook as hoofseun verkies. In 1986 slaag hy Matriek met Universiteits-toelating.
In sy matriekjaar is hy deur ‘n familielid (Dr. Hannes Liebenberg, swaer), wat op daardie stadium ‘n Kaptein in Afdeling Militêre Intelligensie (AMI) was, gewerf vir die keuringsproses om na AMI toegewys te word. ‘n Streng keuringsproses (sielkundige en ander toetse, mense is selfs op Villiers op straat voorgekeer en na hom uitgevra) het gelei tot sy aanvaarding, en hy is op 18 Desember 1986 deur Kommandeur Haasbroek by AMI Hoofkwartier geskakel om die eerste week in Januarie 1987 by Hoofkwartier in te klaar as Staandemag-lid.
In Februarie 1987 is hy na Kimberley waar hy basiese opleiding, 2de fase opleiding en toe offisierskursus deurgegaan het. Einde 1987 het hy die rang van 2de Luitenant verwerf. Terug by AMI Hoofkwartier is Gustav (as gevolg van sy prestasies deur die loop van die twee jaar) gekeur om op staatsonkoste aan die Universiteit van Stellenbosch (Militêre Akademie, Saldanha) te gaan studeer. Een van die kontrakvereistes was dat hy na die voltooiing van sy studies, nog vyf jaar staandemag sou bly.
Die kontrakvereistes het nie met die familie se planne dat Gustav sou gaan boer, geakkordeer nie, en die studie-geleentheid is van die hand gewys (na lang onderhandeling tussen Gustav se pa en destydse Brigadier Nel). Die alternatief is toe dat hy vanaf HK oorgeplaas is na SAMIK (Suid-Afrikaanse Militêre Inligtings Kollege), waar hy die eerste pos as Eenheids Sekerheids Offisier beklee het. Hy het ook verskeie ander poste daarna by SAMIK (net buite Pretoria, naby Fort Klapperkop) beklee.
In 1988 is hy na vol Luitenant bevorder, onder sy eerste bevelvoerder, Kol. Van der Westhuizen, wat opgevolg is deur Kol. Kroukamp. Hy was by hierdie eenheid werksaam tot sy bedanking uit die SAW in 1991.
Gustav is terug na die plaas, waar hy en sy pa ‘n gemengde boerdery bedryf het. In ongeveer 2001 het hy ‘n genoegsame rekord by die bank opgebou om te kwalifiseer om drie tweedehandse MAN vragmotors te kan finansier (sonder enige vaste eiendom of sekuriteit). In 2003 kon hy sy eerste nuwe vragmotor (‘n Mercedes Benz 33-40) koop. Hy het voortgegaan om nuwe vragmotors te koop totdat sy vloot op nege vragmotors gestaan het.
Alreeds in 2001 het Gustav die boodskap ontvang om die Volk te waarsku teen die gevare en teen afvalligheid van God, en hy het met tyd al meer dringend geroepe gevoel om dit voltyds te doen. In 2006-2007 is die vragmotors aan die bank terugbesorg, en het hy begin om voltyds die waarskuwing uit te dra (en oplossings voor te stel). ‘n Aanhaling uit ‘n getuigskrif van 1986, deur sy skoolhoof Mnr Gerhard Erwee: “Gustav het ‘n besondere liefde vir sy God, Volk en Vaderland” ondersteun hierdie roeping. In Gustav se eie woorde is hy nie foutloos nie, maar net ‘n Kneg van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry (d.w.s. ‘n gewillige instrument in sy Skepper se hande, vir sy volk en vaderland).
Op 14 Maart 1992 is hy in die huwelik bevestig en na ‘n gelukkige 15 jaar het die huwelik gedurende 2007, kort voor sy inhegtenisname, tot ‘n einde gekom weens persoonlike omstandighede. Vier pragtige dogters is uit die huwelik gebore (wat hom heelhartig steun in sy taak).
Teen die einde van sy gevangenisskap ontmoet hy vir Naomi Snyman formeel vir die eerste keer op 5 Maart 2008. In die vaste sekerheid dat God haar vir hom gestuur het, raak hy op die 11de Junie 2008 aan haar verloof. Naomi en Gustav trou op 1 Februarie 2009.
Sederdien woon hulle op ‘n plaas in die Oos Kaap vanwaar Gustav as leier van die Suidlanders voltyds sy roeping en opdrag van God uitvoer, om die volk te waasku en voor te berei vir ‘n toestand van anargie.
[/fusion_text][fusion_youtube id=”https://www.youtube.com/watch?v=HfU6RVcY_ko” width=”” height=”” autoplay=”false” api_params=”” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” class=”” /][/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]