Winter Probleme

AdminLaas week het ons ‘n effense koeligheidjie ervaar wat dadelik ‘n 1000MW tekort in kragvoorsiening by Eskom veroorsaak het. Die effek van koue op die kragverbruik in Suid Afrika is merkwaardig groot. Daarby het die Suid Afrikaanse Weerdiens voorspel dat hierdie winter ‘n buitengewoon lang en koue winter gaan wees. Dit wil voorkom asof Eskom self ook baie bekommerd oor hierdie komende winter is.

Ons het vanuit verskeie bronne verneem dat daar nou reeds sekere reёlings in plek gestel word indien ons hierdie winter ‘n nasionale kragonderbreking sou ondervind. Verskeie instellings wat baie goed ingelig en invloedryk is, het begin om hul lede te waarsku teen die moontlikheid van so ‘n kragonderbreking. Ons merk ook toenemende weermag en VN aktiwiteite op.

Hierdie winter is ‘n risiko tyd. Kry u finale reёlings in plek.

Bestuur