Huis en Haard beskerming Kamp by Migdol

[fusion_builder_container hundred_percent=”yes” overflow=”visible”][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”no” center_content=”no” min_height=”none”]

Martin Bloem Verre-Wes Transvaal Provinsiale Leier
Martin Bloem Verre-Wes Transvaal Provinsiale Leier

Ons is op Vrydag 27 Maart baie vriendelik en gasvry deur Martin Bloem en sy gesin ontvang. Die kampterrein was vir die kursusgangers netjies in gereedheid gebring. Die stoor waar die lesings en demonstrasies aangebied is, is van tafels, stoele en alle nodige geriewe vir die kursus voorsien. Baie dankie aan Martin en Alet Bloem vir julle moeite.

Die kursus is op ʼn baie professionele en bekwame wyse deur Johan Crause aangebied en het aktiewe deelname en gesprek van die lede geverg. ʼn Voorbeeld van praktiese wisselwerking tussen die instrukteur en kursusgangers het onder meer die veiligheidsevaluasie van die opstal, buitegeboue en werf behels.

Die kursusgangers is in groepe verdeel terwyl elke groep ʼn plan van die terrein moes teken waarop die positiewe en negatiewe aspekte aangedui word. Na die opname het elke groep sy evaluering aangebied en is dit deur die instrukteur en lede bespreek. Alle aspekte van die kursus was ook prakties toegelig.

Saterdagaand het ons gesellig om die braaivleisvuur verkeer en Alet het vir ons heerlike krummelpap en sous gemaak.

Sondag het ons na skriflesing en gebed verdaag met die wete dat die kursus werklik die moeite werd was en dat ons kennis bekom het wat in die toekoms kosbare lewens kan red.

Dit was ʼn puik kursus en ons sien uit na verdere opleiding van hierdie gehalte.

Vriendelike groete,

Hannes Raath

Streekleier, Pretoria Moot.

 [/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]