Nuusflitse

Nuusflitse 2Die regering is besig om die media te beperk. Hierdie patroon begin nou vorm toe daar Maandag by die Gautengse provinsiale rede weer beperkte mediatoegang beskikbaar was deur joernaliste in ‘n vertrek te plaas waar hulle die verrigtinge slegs op ‘n skerm kon waarneem. Hierdie media beheer is eie aan lande waar komende tye van onstabiliteit die voorland is. Dit vorm deel van Genocide Watch se ontkenningsfase deur inkriminerende inligting in die media te beperk.

Die kaping van regering sittings raak nou algemene praktyk. Hierdie poging om regeringsbesluite disfunksioneel te maak, het begin met die EFF se onderbreking van Zuma se staatsrede, wat tot die gewelddadige verwydering van EFF LP’s gelei het. Intussen het die ANC lede ook Vrydag herhaaldelik Helen Zille se Provinsiale rede ontwrig en veroorsaak dat dit veel later kon plaasvind. Dieselfde het Maandag gebeur in die Gautengse Provinsiale rede toe EFF lede Premier David Makhura se staatsrede ontwrig het. Hierdie politiese kaping op regeringsvlak is aanduidend dat politiese wil om die land te regeer, vervaag en na fisiese optrede begin neig.

Die afgelope naweek het die inleidingskursus plaasgevind vir die Noord Kaap om in Departementele funksies opgelei en ingedeel te word. Die span is positief en opgewonde huistoe Sondag, en hoop om baie meer lede vir die volgende kursus bymekaar te kry. As u in die Noord Kaap is en deel wil neem hieraan, kontak ons gerus by [email protected].

Na verwagting sal Finans Minister Nene môre vir die eerste keer sedert ’94 ‘n verhoging in belastingkoerse aankondig. Die verlammende finansiële toestand waarin ons ekonomie geplunder is, noodsaak die regering om drastiese stappe te neem om staatsinkomste te verhoog.

Gustav se toer waarin ‘n geestelike boodskap gelewer is, het ‘n ongekende positiewe reaksie uitgelok. Ons word oorval met navrae vir ‘n DVD van hierdie boodskap. Ons wil vra dat u geduldig sal wees, aangesien ons reeds besig is om die DVD aanmekaar te sit. Ons sal dit op die web bekend maak, sodra dit beskikbaar is.

Helen Zille se uitsprake hierdie week dat SA op ‘n burgeroorlog afstuur is uiters gewaagd vir liberale politici. Vir liberaliste en veral ‘n oud “Black Sash” en “End Conscription Campaign” kader soos Zille is dit noodsaaklik om ‘n mate van sukses in die reënboognasie se toekoms te sien. Dit was egter haar lewensideaal om te bereik waar SA vandag staan. Weens die blootstelling en toegang wat hierdie politieke leiers aan intelligensie bronne en adviseurs het, is hulle baie goed ingelig oor die moontlikheid van onstabiliteit van Suid Afrika. Dit is dus verstaanbaar dat haar voorspelling van ‘n komende burgeroorlog steeds matig gestel sal word in vergelyking met realistiese projeksies vanaf iemand wat nie die reënboog bestaan hoef te verdedig nie.

‘n Rugsak naweek vir jong manne waarby instrukteurs interessante insae gaan lewer, sal eersdaags op die web verskyn. Hierdie is ‘n veldnaweek en ons wil dit ten sterkste aanbeveel.