Suidlander opleiding bo!!

hannes raath2ʼn Baie suksesvolle opleidingsnaweek is vanaf die 1ste tot die 3de Mei vir Sentraal Transvaal en Noordwes provinsies afgehandel.

Kursusgangers het Vrydag vroeg reeds opgedaag en kamp opgeslaan. Die res van die dag is benut om mekaar beter te leer ken. Soos gewoonlik was daar die ou gesigte maar ook talle nuwes wat vir die eerste keer ʼn kamp by Migdol bygewoon het.

Vrydagaand het ons gesellig om die braaivleisvuur verkeer en het ons die geleentheid gehad om vrae aan Coenie te stel wat baie insiggewend deur hom beantwoord is.

Saterdag is daar, na opening met skriflesing en gebed, ʼn oorsigtelike lesing oor die instel van departemente en hulle aktiwiteite aangebied. Die aanbieding het getuig van ʼn uiters goed deurdenkte plan, wat met die minimum personeel en toerusting, op ʼn baie eenvoudige wyse suksesvol in werking gestel kan word. Dit het ons met nuwe hoop en entoesiasme besiel wat deur die volgende kommentaar van kursusgangers bevestig word:

“Na ons naweekkamp het ek besef dat daar wel ʼn toekoms vir ons Boerevolk is, en dat die skep van ʼn struktuur soos wat aan ons uitgelê is, ʼn baie goeie werkbare plan bied. Ek is soveel hierdeur gemotiveer dat ek nou die ammunisie het om mense te oortuig om aan te sluit en deel van die Suidlanders te word.” –  John.

“Wat ʼn ‘awesome’ naweek! Nuwe mense en baie insiggewende inligting was die wenresep van ons samekoms. Baie dankie.” – Narina.

Kursusgangers is gewapen met die inligting wat met ons gedeel is, in staat gestel om by die departemente van hulle eie keuse ingedeel te word.

Ons sien met groot verwagting uit na opvolg opleiding waartydens die aktiwiteite van die verskillende departemente in meer besonderhede behandel sal word. Kennis is mag! Maak seker dat u dit bywoon en word deel van die groeiende Suidlander gesin!

Baie dankie aan Coenie vir sy moeite en die lang afstand wat hy moes ry om die kursus aan te bied. Dankie ook aan Yvonne vir die reël van die kamp, Martin Bloem vir die beskikbaar stel van sy plaas en almal wat daartoe bygedra het om van die naweek ʼn groot sukses te maak.

Vriendelikegroete,

Hannes Raath

Streeksleier, Pretoria Moot.