Denke-Polisie

OrwellGeorge Orwell was ‘n entoesiastiese sosialis in die middel 1900’s onder Stalin. Hy het geglo aan ‘n wêreld waarin mense se denke gepolisieer en gereguleer kan word. ‘n Samelewing waarin die konsep van vryheid net bestaan in die beperkte ruimte wat die regering toelaat.

In 1948 skryf hy sy bekende boek genaamd “1984.” ‘n Vooruitskouing van hoe toekomstige samelewings deur kommunistiese beginsels tot in hul diepste denke beheer sal word. Uitmuntende studiemateriaal wat in die laaste week deur Suidlander Bestuur gebruik is om projeksies te formuleer. Hierdie wêreld wat Orwell gevisualiseer het in 1948, ‘n wêreld waarin masjiene die werk van mense kan doen en mense gedehumaniseer word tot op die vlak van masjiene, het in die laaste jare letterlik in ons midde gemanifesteer.

Die dramatiese vervolging van die twee studente by die Stellenboch Universiteit, is ‘n skokkende getuienis hiervan. Die blanke samelewing word teen ‘n snelle pas gebreinspoel om in ‘n gedagtestel van minderwaardigheid en skuldgevoel oorsensitief teenoor elkeen met ‘n swart pigment op te tree.

Dieselfde is sopas geïdentifiseer deur Advokaat Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys “Dit is so gek dat die logiese gevolg van die denke van Open Stellenboch en die ondersoek van die US owerhede daarop neerkom dat DStv gewoond sal moet word om die program X-Files van die Fox kanaal te verwyder weens rassisme. Enige gesprek tussen die FBI agente, Fox Mulder en Dana Scully oor ‘aliens’ sal as rassisme beskou kan word. Dit sal nog erger wees indien enige buiteruimtelike wesens gewys word. Sou enige van hulle pers wees, sou dit onvergeefbaar wees. Die denk polisie by die US soos gerig deur Open Stellenboch is besig om hierdeur ‘n gekke, maar gevaarlike kultuur van onderdrukking van die grondwetlike reg tot vryheid van uitdrukking te skep. Dit lyk of die US nou die verpersoonliking word van die staat in George Orwell se 1984.”

Teen die huidige tempo sal blankes binnekort totaal ontneem wees van hul vermoë om met logiese denke te funksioneer. Politieke korrektheid is besig om rasionale optrede te vernietig.

Wees versigtig met u optrede, wees berekend in wat u kwytraak, maar ”… word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevalle en volmaakte wil van God is. (Rom 12:2)