Die Reus Bevestig

RevolutionOns herinner u graag aan die Suidlanders Verklaar Oorlog reeks en beveel sterk aan dat u dit lees as u nog nie het nie. Ons projeksies in daardie reeks het getoon dat soos ons hulle noem “Die Reus” in beplanning is om as tussentydse regering op te staan sodra onstabiliteit toeneem.

Hierdie koalisie van Afrikanderbond-beheerde organisasies het hulself twee weke na ons openbaarmaking van hul planne op ons webwerf, bekend gestel deur hulself as ‘n reus uit te druk in die breëstroom media (foto hieronder)

reus2

Enkele weke later het die regering dieselfde openbaarmaking gedoen en hulle “Enemies of Transformation” genoem.

[fusion_builder_container hundred_percent=”yes” overflow=”visible”][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”no” center_content=”no” min_height=”none”]

Jimmy Manyi by die Black Management Forum
Jimmy Manyi by die Black Management Forum

Daardie wit geldmag of soos hulle bekend staan onder swart geledere, White Monopoly Capital, hou ‘n enorme bedreiging vir die voortbestaan van die ANC regering in. Die grootste gevaar is egter dat hulle reeds VN bande het wat sal toesien dat hulle as tussentydse regering erken word sodra grootskaalse geweld of destabilisering van Suid Afrika plaasvind.

Dit is interessant om te merk dat Oom Nicolaas hulle sien opstaan en na geweld uitbreek, hulle as tussentydse regering – of soos hy dit noem, die Doringbos regering, vanuit die Kaap sien regeer. Die verskillende magte wat betrokke is by die oprigting van hierdie Doringbos regering is reeds nou hard aan die werk om hulself te posisioneer.

Die Wes-Kaap se DA regering is die enigste in SA wat honderde miljoene aan voorbereiding spandeer het, waaronder R200 miljoen aan kragopwekkers om die Wes-Kaap se regeringstrukture van kontinuiteit te voorsien tydens infrastruktuur ineenstorting.  Ons weet dat die DA sterk bande met die Doringbos snoer.

Hierdie oprigting van mag is reeds deur die ANC geïdentifiseer. Een van die mees blatante leidrade dat hulle daarvan bewus is, is laas week se uitsprake deur Tina Joemat-Pettersson. Volgens haar is die ‘White monopoly capital rassiste’ besig om hulself in ‘n tweede Orania in die Wes-Kaap te setel. Sy is heeltemal reg.

‘n Verdere en selfs meer skokkende openbaarmaking kom vanoggend in die Broederbond beheerde Naspers media voor. Die reus, en in hierdie geval by name van Solidariteit, Afriforum en ‘n aantal koalisie organisasies, het vandag bekend gemaak dat hulle R3.5 miljard gaan spandeer om nou te begin om ‘n parallelle regering op te rig. Uitsprake soos hierdie is ongekend in ‘n demokratiese bestel Die oorweldigende mag van hierdie White monolopy capital reus is so intimiderend dat selfs die ANC nie anders kan as om sonder optrede te staan en toekyk nie. Hierdie is ‘n aankondiging van ‘n geldmag gedrewe staatsgreep. Die blote voorkoms van die oprigting van ‘n regering binne ‘n regering, en dit nog boonop deur ‘n blanke geldmag, behoort daadwerklike optrede deur die inligtingsdienste en polisie te regverdig.

Ons weet dat die magtige Misdaad Intelligensie hulself so geposisioneer het dat hulle tans as uitvoerende mag van die geldmag reus funksioneer. Hulle posisie het hulle ontvang deur ‘n 20 jaar lange skrikbewind aan die ANC voor te lê van ‘n regse gevaar bedreiging.

Die oprigting van die Doringbos regering is sopas aangekondig. Die grootste en enigste gevaar vir hierdie tussentydse regering, is die behoudende boer-bevolking. Die konserwatiewe gemeenskap wat hom reeds jare lank verset teen die geldgedrewe Afrikanerbond-beheerde geldmag. Dieselfde mag wat SA in die eerste plek aan die ANC oorhandig het.

Die Suidlanders het sy nasionale strukture en ondersteuningsbasis van honderde duisende, is die enigste organisasie wat in sulke duidelike terme nog hierdie Doringbos aktiwiteite en beplanning ontbloot het. Steeds poog ‘n paar oningeligde pionne van die geldmag Intelligensiedienste om die Suidlander Bestuur te diskrediteer deur moontlik die swakste beskuldiging denkbaar – dat ons in diens of geaffilieerd met die Doringbos regering meewerk.

Ons moet klaarblyklik dan die swakste ambassadeurs vir ons meesters wees deur hulle juis as die boosheid van die dag uit te wys. Of, as ons Meester die Vader in die hemel is, ons werk in opregtheid en ten spyte van die risikos, beskuldigings en aanvalle konsekwent voortsit.

Die oprigting van die Doringbos reus het begin, oom Nicolaas het voorspel dat hy oor die ANC sal triomfeer, maar hy het ook voorspel dat die opregte boer in die woestyn bymekaar sal kom, homself teen daardie sataniese wit regering sal verset en hom sal oorwin.

Besluit maar watter kant van die rivier u staan, ten spyte van die valse beskuldigings teen ons.

 [/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]