Internasionale Onstabiliteit

sirVir verskeie redes, elk met sy eie, is daar tans meer as ‘n dosyn lande betrokke teen die al-Assad regering in Sirië. Saoedi Arabië befonds IS al vir jare met olieverkope wat vanuit Turkye vloei. Die plan was om lankal van al-Assad ontslae te raak. Dit tot Rusland, Iran en die Lebanese Hezbollah tot die geveg teen IS toegetree het. Die al-Assad regering is nou weer besig om grond te wen.

Hiervoor is verskeie lande nie te vinde nie. Die grootste militêre oefening van sy soort gaan oor die volgende paar weke rondom Sirië plaasvind. In die Noorde van Saoedi Arabië kom 350 000 soldate, 20 000 tenks, 2 450 vegvliegtuie en 460 militêre helikopters nou bymekaar. Vanuit Saoedi Arabië, die Verenigde Arabiese Amirate, Egipte, Jordanië, Bahrain, Soedan, Koeweit, Marokko, Pakistan, Tunisië, Oman, Katar, Maleisië en nog ander.

Hierdie lande span nou saam met die goekeuring van die Obama administrasie om op te staan en dalk ‘n masiewe offensief teen Sirië te loods. VS regeringssegsman, John Kerby, het Vrydag Saoedi-Arabië se besluit hieroor verwelkom. Pavel Krasheninnikov, Russiese Parlementslid, het ook die naweek gewaarsku dat hierdie offensief tot ‘n Derde Wêreldoorlog kan lei. Kenners reken dat hierdie aanslag vanaf die Suide gepaard sal gaan met ‘n inname deur Turkye in die Noorde.  Die Weste sal teen die Siriese regering kant kies, terwyl Rusland wat al-Assad goedgesind is, vir hom sal toetree.

Wêreldmagte is besig om hulself teenoor mekaar op te rig in en rondom Sirië. Hierdie beplande militêre optrede sal waarskynlik veroorsaak dat Rusland nie net teen Europese lande te staan kom nie, maar ook, soos wat Niklaas van Rensburg voorspel het, dadelik Turkye inneem. Aangesien Turkye Navo lidmaatskap het, sal dit natuurlik verder konflik met Westerse lande veroorsaak.

Die Midde-Ooste is op ‘n mespunt en die Verre-Ooste en Weste is hierby ingetrek. Neem kennis dat ons nie net in Suid Afrika op die vooraand van ‘n kataklismiese uitbarsting van geweld staan nie, maar wêreldwyd ook. Die tyd raak min.