Tussen die lyne

‘n Baie interessante gesprek het onlangs tussen Zuma en die Xhosa Koning, Zwelonke Sigcau sommer so van die verhoog af plaasgevind. Die Xhosa koning het vir Zuma ‘n ‘Koning Hintsa toekenning vir dapperheid’ oorhandig. Hierdie selfde toekenning is aan persone soos Robert Mugabe en Winnie Mandela oorhandig.

Die toekenning word vernoem na die historiese Xhosa-opperhoof Hintsa ka Phalo. Die storie lui dat Hintsa op 12 May 1835 deur die britte (George Southey) geskiet is. Sy ore is afgesny, tande uitgetrek en sy koninklike versierings tussen die soldate verdeel. Sy skedel is daarna as ’n trofee na brittanje geneem. Die britte is nou nie meer die blanke verteenwoordiging in SA nie, maar ons Boere is, en vir die swart menigte lyk die wit velle almal eenders.

Tydens die toespraak van die Xhosa Koning, Zwelonke Sigcau, is daar ‘n duidelike versoek aan Zuma gerig, ‘n versoek met ‘n donker ondertoon en ‘n dreigende dringendheid.

 “I put to you, Msholozi, that this is not the freedom that Umkhonto Wesizwe, Azanian People’s Liberation Army (Apla) and other underground armies fought for. This is not the freedom that Oliver Reginald Tambo and other leaders fought for.  This is pseudo-democracy in my opinion, Mr President. If land and the economy is not in the hands of black people, I would call this a pseudo-freedom,”

In Zuma se toespraak het hy daarop gereageer met ‘n antwoord wat net so onheilspellend voorkom.

 “The African National Congress will continue with its historical mission of leading the society to total freedom. We take note of what the King has said. Your Majesty, we cannot achieve freedom in a short while. There are many things to do to complete the cycle of our real freedom,”

Dit is nie moeilik om te sien dat hierdie twee leiers presies weet waaroor hulle praat nie, jammer dat ons mense nog uitsien na reënboog vrede.

Coenie