Akademici

warGister op RSG in die program Praat saam bespreek ‘kenners’ die moontlikheid van ‘n komende rewolusie in Suid Afrika. Vir diegene by die Suidlander Bestuur wat vir baie jare voltyds die rewolusionêre toestand in Suid Afrika bestudeer, het dele van hierdie radio-gesprek baie frustrerend bewys te wees.

Een ding wat alle akademici in gemeen het, is dat hulle in ‘n baie beperkte polities-korrekte wêreldjie boekekennis in praktyk moet probeer toepas. Wat hierin sigbaar geraak het, was die totale afwesigheid van insig in die Afrika karakter, asook ‘n onvermoë om studies van historiese rewolusies in die Afrika scenario toe te pas.

Die Afrika karakter is anders as Europieërs s’n. Terwyl oorlog in Westerse en ander ontwikkelde beskawings, soos wat Carl von Clausewitz dit stel, ‘n verlenging, op ander wyse, van politiek is, is dit nie in Afrika die geval nie. In Afrika is oorlog vryheid.

Malema het dit reg gestel in die staatsrede-debat toe hy gesê het:

“Ons mense is honger vir grond, grondhonger is ’n werklikheid. Ons mense word mislei. Hulle word aangemoedig om die sogenaamde swart middelklas en die swart direkteure te vier, maar hulle is net swart mense wat skuld kan maak en in die skuld is. Hulle besit en beheer niks nie.

Ons is hier om die hele Suid-Afrika te vra om te luister na die stem van die massas van ons mense wat swaarkry in die informele nedersettings soos Tembelihle, Scwetla, die Winnie Mandela-plakkerskamp, die Chris Hani-plakkerskamp, Joe Slovo-plakkerskamp, Diepsloot, Alexandra, Marikana en al die droewige en verwaarloosde gebiede waar arm, swart mense leef.

Die meerderheid van ons swart mense in townships leef in ’n toestand van onwaardigheid en oorbevolking. Hulle leef soos varke – in die lewe en selfs in die dood.”

Vir hierdie mense is die vryheid, mag en vooruitsigte van ‘n rewolusie die doel wat die middele heilig. Vir hulle is dit nie die trappie tot beter nie, dit is die beste. Die swart rewolusionêr wil nie ‘n rewolusionêre magsoorname doen om dan net weer die mag in ‘n korrupte swart leier se hande te plaas nie. Hy wil mag oorneem en in sy eie hande hou. Solank as wat blanke akademici die swart rewolusionêr by wyse van Westerse historiese gebeure wil ontleed, sal hulle Afrika rewolusies soos al die vorige kere mis projekteer.

Die tweede fout wat hulle maak is om die verwantskap tussen praktiese toestande en rewolusionêre toestande te misken. Toestande soos voedseltekorte, kragvoorsiening, watervoorsiening, ens is direk eweredig aan ekonomiese, politiese en sosiale stabiliteit. As die een tuimel, trek hy die ander saam met hom af. Om enige te stabiliseer of herstel het jy eers stabiliteit in die ander nodig. ‘n Gewelddadige rewolusie sal ineenstorting van alle dienste en lewensmiddele beëindig. Die beëindiging van lewensmiddele en dienste sal rewolusionêre optrede veroorsaak. Mens kan nie een aspek neem en dit in ‘n vakuum ontleed nie.

Die liefdesverhouding tussen die rewolusionêre klimaat, dienste, voedsel, swak leierskap, rassehaat, watervoorsiening, ekonomiese groei, sanitasie, armoede, ens is so kompleks dat dit in geheel in oënskou geneem moet word. Die akademici se ontledings van vandag kom regtig totaal oorvereenvoudig voor. Om die bedreiging wat voorlê so af te water, is growwe nalatigheid.