Volksmoord

postIn ‘n onderhoud met RT het ‘n interessante gesprek met hulle Hoof Joernalis, Paula Slier opgeduik. Sy spesialiseer in oorloë en rewolusies, en doen gewoonlik verslag van binne sulke konflik toestande. Die vraag is deur haar gestel wat die tekens is dat ‘n komende konflik-toestand ‘n rasse-element gaan toon en op volksmoord afstuur.

Ons het aan haar verduidelik dat die inoefening vandie beginsel om dorpe toe te maak om sodoende vlugtelingbeweging te beperk, een van die grootste aanduidings hiervan is. Sy kon uit haar ondervinding dit dadelik identifiseer en saamstem dat hierdie gedrag abnormaal is.

Hierdie week sien ons weer dat so ‘n oefening suksesvol in Sabie uitgevoer is. Die dorp is afgekordon en toe gedreig dat swartes in die nag sal inkom om besighede en woonhuise te teiken. Onthou hierdie gedrag in u beplanning. Hulle eerste optrede sal wees om u te verhoed om die dorp te verlaat. Die grootste risiko vir die rewolusionêr is dat die blanke bevolking weens ‘n vlugteling situasie die kans kry om te groepeer. Dit is die belangrikste element in die Suidlander Noodplan. Solank ons verdeeld in voorstede en dorpe geïsoleer is, het ons geen vermoë om te groepeer en ‘n gesamentlike beveiligingspoging aan te wend nie.

Wanneer ons vlugtelinge is, is dit uiters belangrik om daardie vermoë deur middel van groepering te bekom. Dit is waarvoor die Suidlander Noodplan ingerig is, en jaar na jaar uitgebrei en verbeter word.