Wil jy ‘n grant pos hê? Wel, hier is ‘n besonderse aanstelling vir jou. Dis ‘n pos waar iemand met integriteit en  geloofwaardigheid goed sal doen.

Die beloning is onmeetlik groot. Die ambassadeur is die hoogste diplomatieke verteenwoordiger wat in ‘n vreemde land (ja wel) vir ‘n regering optree. Hy verdedig ook sy vaderland in die vreemde deur wanvoorstellings te weerspreek en juiste inligting te gee.

Dit kan iemand soos ‘n bekende sportman, ‘n geleerde of ek en jy wees wat deur sy optrede en prestasie in die vreemde, sy vaderland se aansien verhoog. En natuurlik verstaan ons, alles tot eer van die Vader en die uitbreiding van Sy koninkryk.

Kyk, hier staan dit in 2 Kor 5:20 “Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.” Dieselfde vers in die Amplified is te kosbaar om oor te slaan. “2 Cor 5:20: “So we are Christ’s ambassadors. God making His appeal as it were through us. We (as Christ’s personal representative) beg you for His sake to lay hold of the divine favor (now offered you) and be reconciled to God.”

Paulus skryf ook uit die tronk dat die Vader hom die woorde sal gee dat hy die geheimenisse van die evangelie met vrymoedigheid sal bekend maak. (Efe 6:19) Vers 20 in die Amplified sê: “For which I am an ambassador in a coupling chain (in prison. Pray) that I may declare it boldly and courageously as I ought to do.

Spreuke 13:17 stel die saak sonder doekies omdraai. Die Amplified sê: “A wicked messenger falls into evil, but the faithful ambassador brings healing.

1 Kor 10:31: “Of julle eet en of julle drink of wat julle ookal doen, doen alles tot eer van God.” (Amplified – “…do all for the honor and glory of God.”)

Niks gaan dus oor onsself nie, alles gaan oor die Vader se eer. Paulus sê: “Efe 1:18,19: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop Sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het; en hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.”

U sal weldra hierdie woorde hoor “Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf, kom in en deel in My vreugde.” Matt 25:21

Liefdegroete

Anen