Die volgende vers gee mens baie insig wanneer ons in terme van voorbereiding vir komende anargie dink.

Prediker 11: 2 “Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie.

‘n Vlugtelingsituasie is onvoorspelbaar, daar is soveel aspekte wat nie bereken kan word nie. Gaan u uit u dorp of stad kan kom met al u voorbereiding? Gaan u voertuig die volle roete kan ry? Gaan u genoeg brandstof hê? Hoe groot teiken maak u voorbereiding van u wanneer ander vlugtelinge vir dae sonder kos en water is?

Al hierdie vrae laat mens wonder of u voorbereiding ooit beskikbaar gaan wees en end-uit die basiese lewensmiddele vir u familie kan verskaf. Aangesien die toestande en situasies waarmee u gekonfronteer gaan word, nie bereken kan word nie, is dit noodsaaklik dat daardie risikos deeglik versprei word.

Die beginsel is eenvoudig, plaas voorbereiding uit op verskeie plekke. Daar is baie mede Suidlanders in plattelandse gebiede waarmee reëlings getref kan word. Op sekere plattelandse dorpies kan huise vir spotgoedkoop gehuur word. Vriende en familie op plase kan gratis of teen lae koste stoorplek bied. Dit sal raadsaam wees om die basiese stapelvoedsel voorraad op verskeie ander plekke ook te stoor. Dit hoef nie duur te wees nie, begin met stapelvoedsel soos meel en rys en vul dit oor tyd aan.

Die risiko om al u voorbereiding op een plek in u dorp of stad te hou, is eenvoudig te groot. ‘n Groot persentasie Suidlanders het dit lankal reeds begin doen.