Ekonomie Stuur Af op Rewolusie

[fusion_builder_container hundred_percent=”yes” overflow=”visible”][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”no” center_content=”no” min_height=”none”]

Coenie Maree Hoof Suidlander Noodplan
Coenie Maree Hoof Suidlander Noodplan

In die vorming en opbou van ‘n rewolusie, is daar verskeie faktore wat ‘n rol speel. Een van die grootste hiervan is ekonomiese toestande. Ons het voorheen gesels oor insidente en toestande wat kan veroorsaak dat rewolusie skielik opvlam. Hierdie praktiese insidente kan wees polisiëring ineenstorting, grootskaalse kragonderbrekings, brandstof tekorte, natuurrampe, epidemies ens.

In enige rewolusie is daar egter een baie kritiese bestandeel, en dit is die emosie of toestand waarin die massas verkeer. Enige massa mense wat in ‘n positiewe gesindheid met positiewe vooruitsigte verkeer, kan basies deur enige situasie gaan sonder dat hulle in ‘n rewolusie sal oorgaan. Vir mense om in opstand te kom, en veral om in gewelddadige opstand te kom, moet hulle swaar kry en ‘n beperkte of swak toekoms vooruitsig hê. Die maklikste om hierdie toestand te bereik, is deur ekonomiese druk op hierdie massas te plaas. Wanneer die arm massas finansieel begin swaarkry, skep dit die sielkundige omgewing waarin insidente hulle tot aksie kan dryf.

Dit is die toestande wat hierdie week deur kenners geskets is. Dawie Roodt, Hoof Ekonoom van “Efficient Group” het gister gesê “South Africa faces a further credit downgrade because government is “actively destroying capital” Volgens hom leen die regering nie om kapitale ontwikkeling te doen nie, maar om lopende rekening kostes te dek. Hy verduidelik dit so “If a person went to the bank and borrowed money to built a new room for a baby, that was capital expenditure, which was ok. However if that same person went to the bank, borrowed money and went to Mauritius to make the baby, that was current expenditure which was not good.”

Suid-Afrika leen tans geld om sy lopende rekening tekorte aan te vul, nie om kapitale uitgawes soos infrastruktuur investering mee te befonds nie.

Roodt het ook hier bygevoeg dat Suid-Afrika meer verbruik as wat hy produseer en is baie bekommerd oor die SA ekonomie. Mike Schussler, nog ‘n top ekonoom voorspel dat die dollar binnekort op R15 of selfs R17 sal staan. Volgens Schussler sal die SA skuld tot Bruto Binnelandse Produk verhouding verhoog na 60% terwyl werkloosheid onaanvaarbaar hoog sal bly. Volgens hom het die verskeie redes om ‘n swak Rand teweeg te bring net verdubbel.

Ekonomiese toestande in SA skep daagliks meer die perfekte teelgronde vir ‘n rewolusie. Al wat dan nodig sal wees is ‘n insident of rede vir die massas om te groepeer.

Praat met u geliefdes hieroor. Die tyd om in gereedheid te kom loop uit.

Groete

Coenie Maree
Hoof van Noodplan

 [/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]