Klein Jakkalsies

karibaMense is geneig om na die groot bekende faktore te kyk met betrekking tot ‘n komende verwagte anargie. Die groot goed wat uitstaan is Eskom se wankelende kragvoorsieningsinfrastruktuur, ons lekkende water infrastruktuur, kwynende ekonomie, werkloosheid, korrupsie, misdaad, duisende gewelddadige protesaksies ens.

Hierdie is gewoonlik nie oorsake van anargie en rewolusie nie, dit is toestande wat die ontstaan van anargie vrugbare teëlgrond gee om in pos te vat en buite beheerbare vlakke uitkring. Die oorsaak is gewoonlik iets klein, soos ‘n klein vonkie die oorsprong van ‘n masiewe veldbrand is. Hierdie toestande wat ons hierbo noem, verskaf net die droë plantegroei vir ‘n onbeheerbare veldbrand.

Dit is opvallend hoe gereeld ons deesdae klein, voorheen onherkenbare insidente sien na vore tree wat die beginpunt van ‘n komende rewolusie kan wees. Een so ‘n een het vandag weer na vore getree.

Die Kariba Dam se watervlakke is weens die skroeiende hitte toestande en voortslepende droogte besig om die totale kragopwekkingsvermoë te bedreig. Die kragopwekkingsvermoë by die dam is ongeveer 666MW. Hierdie maksimum kapasiteit is reeds verminder na 475MW, en gaan moontlik binnekort tot 275MW verminder word. As dinge nie vinnig verbeter nie sal die dam geen krag meer opwek nie. Die dam voorsien krag aan Zambië en Zimbabwe en wek ongeveer helfte van Zimbabwe se kragaanvraag op.

As opwekking daar staak kan Zimbabwe oornag oor die randjie in die afgrond in gehelp word. ‘n Klein vonkie wat deur geen kenner in die laaste maande voorsien en in projeksies in ag geneem is nie. Die enigste plek waar dit as waarskuwing sigbaar was, was op die Suidlander webblad wat herhaaldelik in die verlede sulke infrastruktuur verval in Zimbabwe geïdentifiseer het.

Suid Afrika kan nie sy stabiliteit waarborg indien onstabiele toestande in sy buurlande voorkom nie. Zimbabwe kan reeds nie Desember bonusse aan staatsamptenare betaal nie. Enige vorm van verdere onstabiliteit in Zimbabwe kan ‘n massa toestroming na Suid Afrika veroorsaak, wat op sy beurt weer die SA stabiliteit bedreig.

Op hierdie stadium is ons deeglik bewus van die groot reuse, die groot bestandele wat heers in SA en wat onstabiliteit kan laat opvlam. Dit is die klein jakkalsies wat baie mense buite berekening laat, daardie klein onvoorspelbare, byna nietige insidente wat vinnig buite beheer kan raak en die groot reuse aan die brand steek.

Ons is in reserwetyd. Sluit aan op die SMS stelsel en raak aktief.