Maak Die Vyand Blind

kamp

Mao TseTung (”One the protracted war”, 1938) ”In order to win victory we must try our best to seal the eyes and the ears of the enemy, making him blind and deaf”

Ons moet erken dat daar tydens anargie ‘n wesenlike risiko is om op grootskaal deur rewolusionêres aangeval te word, of dit nou ‘n beplande aanslag is gemotiveer deur haat of weens ‘n soeke na lewensmiddele en ter oorlewing. Tydens anargie gaan groepe volgens ras verdeel en konflik tussen daardie groepe is hoogs waarskynlik. Hou die volgende stappe in gedagte:

As anargie uitbreek kan dit as gevolg van ‘n nasionale kragonderbreking wees of sal ‘n nasionale kragonderbreking tot gevolg hê. Dit sal dadelik watervoorsiening na woongebiede laat staak en die beskikbaarheid van noodsaaklike lewensmiddele asook kosproduksie tot stilstand dwing. Die direkte effek is grootskaalse plundering en geweld van eerstens winkelsentrums, en daarna meer gegoede woonbuurte.

Soos beplan sal die blanke minderheid vanuit tradisioneel blanke woonbuurte na die platteland stroom waar daar natuurlike groepe sal vorm wat sal poog om hulself lewend te hou deur beide hulself teen aanslae te verdedig en van lewensmiddele te voorsien. Dit sal vir ‘n kort rukkie tyd koop, maar sodra lewensmiddele in stede en dorpe uitgeput en geplunder is, sal hierdie honger massas ook na die platteland stroom opsoek na kos en water. Sekeres onder hulle sal ‘n meer militante en georganiseerde gewapende aanslag voer as ander.

Op hierdie stadium sal die Suidlander Noodplan reeds vêr gevorderd wees om groepe nasionaal te koördineer en na kolossale nasionale areas te kanaliseer. Hierdie areas wat honderde kilometer in diameter kan beslaan is groot genoeg om aan die logistieke behoeftes van vlugtelinge te voldoen en is strategies geleё vir verdedigingsdoeleindes.

Tydens hierdie fase sal kleiner groepe van ‘n paar duisend vlugtelinge per groep wat nie op nasionale veilige areas aandoen nie, maar wat steeds geisoleerd in die platteland groepeer ‘n verhoogde risiko begin loop. Dit is hier waar die volgende beginsel ‘n ernstige impak op oorlewing sal hê:

Wanneer ‘n aggressor ‘n slagoffer-groep wil aanval, kan die verdedigingsvermoё van daardie groep baie vinnig op sig bepaal word. Stel jou voor dat jy ‘n aggressiewe rewolusionêr is wat op ‘n hoogtetjie staan en afkyk na ‘n groep van ‘n duisend vlugtelinge. Deur na hulle te kyk, kan jy sien of daar kos is, brand daar vure, sit mense by tafels, loop daar vee rond of word daar op lande gewerk. Jy kan sien hoeveel mans daar is en hoeveel is vrouens en kinders. Jy kan sien of hierdie vlugtelinge bewapen is, en hoe sterk. Jy kan hulle terrein waarneem en of dit vir hulle gunstig vir verdediging is. As rewolusionêr kan jy nou kies hoe hulle aangeval sal word. Hoeveel manskappe moet jy gaan kry, hoe moet hulle bewapen wees, wanneer gaan jy aanval, met watse taktiek, in die dag of in die dag. Jy kan die besluite neem, want jy het al hierdie informasie van jou slagoffer op blote sig bekom.

In hierdie situasie wat ons nou net geskets het, kan byna enige aggressor sy aanvalsplan uitwerk. Dit kan met ‘n relatiewe klein groep uitgevoer word. ‘n Klein groep kan in ‘n klein area bymekaar gemaak word en hoef dus nie ver te beweeg vir die konfrontasie nie. Dit plaas byna geen druk op vervoer of logistieke voorbereiding en beplanning vir die aanvaller nie. Die les hierin is dus eenvoudig. Hoe kleiner die groep (paar duisende) hoe meer kwesbaar is hulle.

Skets nou in die geestesoog die volgende prentjie. ‘n Paar honderdduisend vlugtelinge word versprei oor ‘n gebied van ‘n paar honderd kilometer in deursnit. Weerbares verdedig die omtrek en observeer die aktiwiteite tot ‘n honder kilometer buite die omtrek. U kan so ‘n prentjie nie in u geestesoog vorm nie omdat dit te groot is. ‘n Mens kan slegs ‘n prentjie skep van ‘n toneel wat vir die blote oog sigbaar is.

Dieselfde probleem sal hom voordoen indien ‘n groep wat daardie vlugtelinge sou leed wou aandoen, ‘n aanval moet beplan. Die vermoё van soveel vlugtelinge oor so ‘n groot gebied, is bitter moeilik om vas te stel. Die skaal waarop ‘n aanval beplan moet word vereis ‘n grootskaalse strategiese beplanningsvermoё. ‘n Groot getal rewolusionêres is hiervoor nodig. Om hulle bymekaar te kry neem tyd en om hulle te mobiliseer vereis ‘n enorme logistieke vermoё.  Hulle moet oor lang afstande beweeg en vir lang tye van lewensmiddele voorsien kan word. As die slagoffergroep dus baie groot verspreid en georganiseerd is, neem die moeilikheidsgraad van ‘n aanval op daardie groep eksponensieel toe. In sulke omstandighede: Wat nie gesien kan word nie, kan nie voor beplan word nie. Ons maak ons vyand blind.

Voorkom ten alle tye dat u groep te lank wag voordat u by die nasionale noodplan inskakel, en dit dalk te laat is om veilig te beweeg na nasionale groeperingsareas. U en u geliefdes se lewens kan hiervan afhang. Die Suidlander Noodplan is vir die blanke bevolking van Suid Afrika, nie net vir Suidlanders nie.