[fusion_builder_container hundred_percent=”yes” overflow=”visible”][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”no” center_content=”no” min_height=”none”]

Ambassadeur van die Europese Unie, Marcus Cornaro
Ambassadeur van die Europese Unie, Marcus Cornaro

Nee, die opskrif verwys nie na vrese onder die regses nie, maar eerder ‘n vrees wat die wêreld nou beetpak oor die oplewing in regsisme. In ‘n onlangse artikel word Donald Trump vergelyk met die regse politici in Europa wat Brexit dryf. Die liberale, politieke en finansiële elite noem dit die geromantiseerde nostalgie oor vergange tye, ‘n nasionalisme, ‘n Britse Trumpisme sonder Trump.

Met die pro-Brexit stemme wat tans voorloop, sit hierdie politieke en finansiële elite erg bekommerd en toekyk hoe ‘n groeiende drang om terug te keer na die ou tye, besig is om te ontwaak regoor die wêreld. In Jer 6:16 lees ons dan: “So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.”

Terwyl die liberale media steeds verkondig dat liberale vrydenkery die meerderheid van wêreldbeskouinge verteenwoordig, wys die steun aan Trump, Marie Le Pen, Brexit, en ander regse bewegings wêreldwyd die teenoorgestelde.

Trump wil ‘n muur tussen VSA en Mexico bou. Hy wil terugkeer na ‘n nasionalistiese sisteem waar ‘n volk van tradisioneel Amerikaans, hulself regeer. Omar Maten se afmaai van 49 mense in Orlando, Florida, het sy waarskuwing net gestand gedoen, maar selfs daarsonder gaan hy van krag tot krag (die hele voorval is tien teen een ‘n swak geokistreerde valsvlag operasie)

In Brittanje was die keuse om die EU te verlaat, grootliks gedryf deur die immigrasie krisis. Die liberale magswêreld blyk nog  op baie areas hul blind te hou vir hierdie nasionalistiese narratief wat oral kop uitsteek. ‘n Artikel op Praag stel dit goed in die volgende aanhaling oor ‘n toespraak deur die Ambassadeur van die Europese Unie, Marcus Cornaro, onlangs in die Kaap.

“Verlede Maandag was glo wêreldvlugtelingdag en Cornaro sê Suid Afrika het baie om die EU te leer oor vreedsame naasbestaan en versoening. Intussen gaan die land gebukkend onder voortgesette xenofobiese aanvalle teen buitelanders, meer as dubbel soveel opstande, oproer en geweld as voor 1994, verkiesingsgeweld lê Pretoria lam en meer skole is afgebrand in Limpopo binne ‘n week as ooit gedurende apartheid. Die agbare Ambassadeur het niks hiervan opgemerk in sy blinde en dowe toespraak nie. In Suid Afrika word vreemdelinge verbrand en op straat doodgesteek. Cornaro het sy eenwêreldpapegaaitaal by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Bellville kampus geoefen onder die tema “Globale uitdagings en Vennootskappe.””

In Suid Afrika het hierdie wêreldgeleide sindroom van vrydenkery ‘n bietjie anders ontwikkel. Suid Afrika was vir jare die toonbeeld van integrasie en hervorming. 7de Laan sepies het die perfekte liberale samelewing voorgestel waar vriende en familie letterlik die vermoë om tussen swart, wit en bruin te onderskei, verloor het. Die kyker kan nog onderskei, maar in die sepie is dit ‘n mengelmoes van karakters wat klaarblyklik geensins rasverskillende karakters, tradisies, gewoontes, of sienings besit nie.

Op die rusbanke sit mense dit en glo, soveel so dat ‘n Suid Afrikaanse burger deesdae met huiwering velkleur by die beskrywing van ‘n aanvaller sal voeg as die polisie opdaag – “1.8 meter, skraal gebou, denim broek, rooi hemp, donker krulhare en bruin oë” Polisie: “Wat kan jy my nog vertel?”  “Uhhh… dis al wat ek gesien het.”

Maar daar broei iets dieper. Oom Eugène Terreblanche het in sy laaste t.v onderhoud ‘n ernstige uitlating gemaak. Hy het eers diep gedink en toe op sy poëtiese manier gesê: “‘n Moeg bul stoot gou.”

Die konserwatiewe blanke gemeenskap in Suid Afrika is net so moeg soos die Brexit’ers, Trumpers en Le Pen’ers van die wêreld. Maar hulle is tot stilswye geskaam. Dit broei, die frustrasie vlakke styg, saam met vrese? en hulle is besig om in gereedheid te kom.

‘n Baie groot persentasie van ons blanke samelewing sit en wag vir die groot bom om te bars, soos nêrens in die wêreld, is daar goed deurdagte planne in plek gesit, opleiding gedoen, en waentjies gepak (lag maar).

Binnekort gaan Johanna Brandt se visioen in ons midde manifesteer waar sy sê: “Die wêreld gaan verstom staan oor hoe vinnig die boervolk homself organiseer en oprig om hierdie bowemenslike taak te verrig.”[/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]