“Suid-Afrika vasgevang in bose kringloop”

[fusion_builder_container hundred_percent=”yes” overflow=”visible”][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”no” center_content=”no” min_height=”none”]

Allister Sparks
Allister Sparks

Die interaksie van ‘n ekonomiese krisis en die politieke disintegrasie van die ANC-alliansie is ‘n ernstige gevaar vir die land.

Solank daar politieke onrus is, kan daar nie ekonomiese groei wees nie, waarsku ‘n oud-redakteur uit die kaders van die Engelse dagbladpers, Allister Sparks.

Solank daar nie groei is nie, is daar meer werkloosheid, sosiale frustrasie, betogings, misdaad, stakings en algemene onrus, veral onder die jeug. Dit dui alles daarop dat graderings-maatskappye die land aanstaande jaar verder gaan afgradeer, wat weer verdere gevolge sal meebring.

In plaas daarvan om hierdie kwessies aan te spreek, fokus die ANC in die parlement daarop om ‘n disfunksionele president teen die gevolge van sy onwyshede te beskerm, skryf hy.

Die tyd het aangebreek dat die ANC moet erken dat president Jacob Zuma die grondoorsaak van die verrotting is. Hy moet vervang word, al is dit met die verlening van ‘n algemene amnestie sodat hy Nkandla kan gaan geniet, beveel Sparks aan.

Sparks se mening omtrent die ANC se 20 bewindsjare is besonder insiggewend aangesien hy gereeld sy opinie as redakteur omtrent Afrikaners en Afrikaans in die linkse Rand Daily Mail (1902 – 1985) gelug het.

 Artikel uit “Die Vryburger”

 

 [/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]