[fusion_builder_container hundred_percent=”yes” overflow=”visible”][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”no” center_content=”no” min_height=”none”]

Marlene de la Gey
Marlene de la Gey

Dikwels kry ek die vraag: “Hoe berei  ek voor as ek nie eers genoeg verdien om in my daaglikse behoeftes te voorsien nie? “ Dit is ‘n werklikheid wat al hoe meer mense raak en daar is geen maklike antwoorde nie. Ek voel egter dat ek na die beste van my vermoë raad en wenke wil gee wat moontlik iemand kan help om voor te berei waar hy andersins sou voel daar is geen hoop nie.

Indien jy ‘n motor het wat in lopende toestand is, is die saak halfpad gewonne. Jou grootste uitdaging sal wees om brandstof op te gaar, maar indien jy werklik nie kan nie, sal dit ook goed wees as jy net genoeg brandstof in jou voertuig het om so ver as moontlik uit die gevaar gebied te kom, al is dit net tot by die eerste fase. Van daar kan ‘n trekker jou dalk verder sleep of watter planne daar ookal gemaak kan word om jou verder te help. Indien jy nie ‘n motor het nie, bespreek dit met jou leier, moontlik kan iemand help in die verband.

Gaar 2 liter bottels op, as jy nie self  het nie, is daar moontlik mense in jou omgewing vir wie jy kan vra om hulle 2 liter koeldrankbottels vir jou te gee in plaas daarvan dat hulle dit weggooi. Sorg dat jy ‘n hele paar van hierdie bottels vol skoon drinkwater hou om saam te neem.

Die volgende bekostigbare, goedkoop voedselsoorte kan opgegaar word:

  • Mieliemeel
  • Rys
  • Spaghetti
  • Soppoeier
  • Sout
  • Morvite kitspap (Baie vitamienes)

Medikasie – By meeste apteke kan jy generiese medisynes aanskaf soos pynpille, vitamiene, kalsium ens. teen ‘n baie laer prys as die oorspronklike. Lennons medisyne is ook baie bekostigbaar. Probeer ‘n klein voorraad hiervan opbou asook medisyne wat jy vir kroniese toestande gebruik.

Jou motor kan vir jou skuiling bied, indien jy nie ‘n tent het nie.

Maak vir jou ‘n lysie wat jy iewers in die huis hou waar jy dit dadelik kan kry (plak dit bv. aan die binnekant van jou klerekas se deur.)

Op hierdie lysie skryf jy dan alles wat jy uit jou huis sal saamneem wanneer jy onttrek.

Byvoorbeeld:

  • Kussings en komberse
  • Handoeke
  • Broeke, hemde, toppies en baadjies
  • Denims is ‘n goeie keuse want dit word van sterk materiaal gemaak.
  • Onthou sterk stewige skoene indien moontlik, en warm klere vir die koue winters in die veld)
  • Onderklere
  • Hoed
  • Sokkies
  • Tandeborsel, en soveel moontlik seep, tandepasta, room, sjampoo, borsel, rekkies vir hare ens.

As jy ‘n baba het, en jy het nie lapdoeke nie, neem al jou handoeke saam sodat jy doeke kan maak van ‘n paar. Dit kan ook gebruik word om die baba in toe te draai. Doekspelde en waterdigte broekies as jy het.  Rooibosteesakkies is baie voedsaam vir babas wat nog nie kan eet nie.

Uit die kombuis:

  • Pot met deksel,
  • Plastiekborde en bekers
  • Messe, vurke en lepels,
  • Maak jou koskaste leeg, neem alles saam wat jy kan inpak.
  • Vadoeke, potskuurders en enigiets wat jy plek voor het wat jy handig kan gebruik in die veld.
  • Vuurhoutjies
  • Kerse
  • Al jou medikasie
  • Skêr
  • Naald en garing
  • Naelknippertjie

Hoe om kosvoorraad langer te laat hou:

Hier kom die bottels weer handig te pas. Wanneer jy mieliemeel of rys of enige ander item wil verpak, los dit eers vir vier dae in die vrieskas. Sorg net dat dit goed verseël is sodat daar geen klammigheid inkom nie. Hierna kan dit in 2 liter bottels wat gewas en goed droog is, gegooi word. Stamp dit heeltyd vas totdat jy seker is daar kan niks meer in die bottel inkom nie. Hoe minder lug in die bottel is hoe minder is die kanse om miet in jou kos te kry. Verseël dan die gaatjie bo met kerswas voordat jy die prop opsit.

As jy nie ‘n vrieskas het nie, is die beste manier om jou voorrade gereeld om te ruil met nuwes en die oues te gebruik sodat dit nie kans kry om sleg te word nie. Ek het gehoor as jy mieliemeel of rys verpak kan jy ‘n kers in die houer sit, dit hou ook die miet weg. En die kerse gaan handig te pas kom later.

Wanneer jy dan jou 2 liter bottels vol kos in ‘n houer pak, moet jy so min moontlik spasie mors omdat jy soveel moontlik in jou motor moet inpas. Die 2liter bottels mors bietjie plek as gevolg van die vorm, maar pak hulle styf teen mekaar en gebruik die oop spasies bo tussen die proppe om pakkies sout, soppoeier en enige klein item soos medisyne daar in te druk.

Onthou om jou Bybel in te pak.

Doen wat jy kan, en God sal verder sorg……

 [/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]