Ons kan Suid Afrika op sekere vlakke goed vergelyk met wat nou in Zimbabwe aan die gang is. Binnegevegte en politieke onbestendigheid in Suid Afrika kan net so vinnig soos in Zimbabwe tot ‘n staatsgreep, rewolusie of volskaalse oorlog lei. Daar is egter sekere punte wat gladnie met Zimbabwe ooreenstem nie. Punte wat onstabiliteit in Suid Afrika veel erger sal laat uitspeel as in Zimbabwe. Hierdie punte sluit die volgende in:

1. Suid Afrika het veel hoёr populasiedigtheid in groot stede as Zimbabwe. Die hoё digtheid
van veral arm swartmense in hierdie stedelike gebiede sal anargie in Suid Afrika drasties
erger maak as in Zimbabwe.

2. Suid Afrika se stedelike populasie is afhanklik aan baie meer komplekse
diensleweringstrukture as dié in Zimbabwe. Watervoorsiening, kragvoorsiening, en riolering
word deur ingewikkelde netwerke, aanlegte, en stelsels aan die gang gehou. Die implikasies
van diensleweringsineenstorting sal grootskaalse geweld ontketen, veel groter as die in Suid
Afrika.

3. Zimbabwe ontvang reeds meeste van sy lewensmiddele van Suid Afrika. Zimbabwe se
inwoners het ook ‘n agterdeur om na Suid Afrika te ontsnap. Hierdie is voordele wat Suid
Afrika nie het nie. Suid Afrika is op homself aangewese vir voedselproduksie, verwerking, en
verspreiding, en het geen buurland waarheen gevlug kan word wat ons getalle kan dra nie.

4. Alhoewel binnegevegte hoё spanning in Zimbabwe veroorsaak, het Suid Afrika ‘n addisionele
polarisasieprobleem. Daar bestaan intense vlakke van spanning tussen swart en ‘n
minderheid blanke groepering in Suid Afrika. Anders as in Zimbabwe, is die fokus in Suid
Afrika grootliks op die blanke gemeenskap met betrekking tot vyandigheid.
Kwessies soos grondhervorming en ekonomiese beheer verhoog hierdie rassespanning en
haat teenoor blankes. Die blanke haat in Zimbabwe is tot ‘n groot mate uitgedun na die
grootskaalse plaas anneksasies wat in Zimbabwe plaasgevind het. In SA bly dit op ‘n
hoogtepunt.

5. Die apartheidskuld wat blanke Suid Afrikaners dra, kriminaliseer die blanke minderheid in
Suid Afrika. In die psige van die internasionale gemeenskap, verdien die blanke minderheid
in Suid Afrika steeds nie hulp of bystand nie.

Dit is duidelik dat onstabiliteit in Suid Afrika en in vergelyking met dieselfde toestand in
Zimbambwe, ongekende vlakke sal aanneem.