Die Gevaar Van Eiewysheid

[fusion_builder_container hundred_percent=”yes” overflow=”visible”][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”no” center_content=”no” min_height=”none”]

Coenie Maree Hoof Suidlander Noodplan
Coenie Maree Hoof Suidlander Noodplan

Die naweek se opleidingskamp in Migdol was weereens ‘n groot sukses. Mens raak al byna gewoond om na so ‘n naweek van die kursusgangers te hoor hoe verbaas en verwonderd hul staan na blootstelling aan bietjie detail van die Suidlander Noodplan. Ek hoor gereeld dat ‘n kombinasie van eenvoud, kundigheid en die kolossale skaal waarop hierdie noodplan ontwerp is, op briljante wyse oor die jare aanmekaar gesit is. Werklikwaar ‘n plan eie in sy soort.

Hiermee saam skryf ek vandag met kommer hierdie brief aan ons blanke gemeenskap in Suid Afrika. Saam met die kosbare vermoë en insig wat ons Noodplan kursusse bied, kan dit mense oorweldigend bemagtig en vermoënsvol laat voel. Dit mag waar wees, maar nie genoeg om die Noodplan te laat werk sonder die ondersteuning en samewerking van talle ander fasette van die Noodplan nie. Kom ek noem ‘n voorbeeld:

Ek vergelyk die Noodplan met ‘n ontruimingsplan van ‘n groot fabriek waar duisende mense werk. Wanneer ‘n lewensgevaarlike situasie en anargie uitbars in daardie fabriek, sal mense verward rondhardloop en die blote afwesigheid van leiding en orde kan grootskaalse lewensverlies veroorsaak. Al wat nodig is, is ‘n span werkers wat opgelei is om in so ‘n situasie al die werkers op die regte plekke uit te lei en na vooraf geïdentifiseerde bymekaarkomplekke te versamel. So ‘n noodspan sal vooraf skakeling met ander spanne hê, wat ook kritiese bydraes tot die fabriek se nood ontruimingsprosedures bydrae. Monitering van die hele perseel word deur ander kundige persone aan die ontruimingsspan deurgegee. Ander spanne spreek weer die gevaarsituasie aan terwyl ander mediese dienste en hulpverlening na die ontruimingsprosedures bied. Ander spanne sal dalk kommunikasie en koördinering met die owerhede behartig, en so dra talle verskillende spanne by tot ‘n veilige ontruimingsplan vir daardie fabriek. Hoe gevaarlik sal dit nie wees as ‘n paar werkers in een so ‘n taak opgelei word en dan besluit om buite die aanleg se noodplan hul eie ding te doen in ‘n noodsituasie nie? Deur dit te doen ontneem hul hulself van al die ander sleutelfunksies wat nodig is vir ‘n suksesvolle noodplan uitvoering. Verder plaas hul hulself in ‘n posisie van aanspreeklikheid indien sekere werkers deur hul aksies sou seerkry.

Presies dieselfde geld vir die Suidlander noodplan. Alhoewel die opleiding wat ons bied ‘n blywende indruk op bywoners maak, is dit slegs een faset van talle wat nodig is om ‘n nasionale noodplan suksesvol uit te voer. Meeste Suidlanders sal nooit eens blootgestel word aan die ander broodnodige fasette van ons Noodplan nie. Pasop om inligting te bekom van een area van kundigheid en te dink dat u buite die groot strategiese nasionale prosedure u “eie ding” kan doen. Sonder nasionale koördinering en ‘n nasionale moniteringsvermoë gaan u en die wat u volg, heel moontlik geisoleerd opeindig en kan dit moontlik tot lewensverlies lei.

Anders as baie organisasies besef die span wat die Suidlander Noodplan noukeurig aanmekaar gesit het, dat ons nie oor enige vermoë beskik nie, maar dat ons onsself inrig om in die regte omstandighede baie vinnig ‘n vermoë te kry. Daar bestaan geen noodplan wat so vinnig soos die Suidlander Noodplan ‘n vermoë sal oprig om derduisende mense na veiligheid te lei, bestuurstrukture op te rig en lewensbehoeftes aan te spreek nie.

Doen die verantwoordelike ding, skakel in by ons strukture en lewer eerder ‘n positiewe bydrae as om die wiel op kleinskaal te probeer herontwerp. Wanneer lewens op die spel is, kan ons nie bekostig om onverantwoordelik te wees nie.

Groete

Coenie Maree: Hoof Suidlander Noodplan

 [/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]