Rooi Oktober Klerksdorp

[fusion_builder_container hundred_percent=”yes” overflow=”visible”][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”no” center_content=”no” min_height=”none”]

Riaan Engelbrecht
Riaan Engelbrecht Provinsiale leier Wes Transvaal

Deur die toedoen van die Here is ek gevra om ‘n kort toespraak te lewer by die Rooi Oktober byeenkoms in Klerksdorp. Die aand voor die tyd het my gesin en vriende die borde gemaak en slagspreuke opgeskryf asook die rooi materiaal druppels uitgeknip, terwyl ek besig was om die finale skaafwerk aan my toespraak te maak.

My gesin se opgewondenheid was groot aangesien hulle nog nooit aan so iets deelgeneem het nie. Ek was opgewonde omdat ek die geleentheid gehad het om in die openbaar die naam van my Verlosser Jesus Christus groot te maak.

Ons het die oggend vroeg gery aangesien ons nog vriende oppad moes kry, wat saam met ons sou ry. Die wind het Saterdag sterk gewaai en almal moes hulle rooi ballonne stewig vashou. Die prediker, Dr. Maritz het ‘n kragtige boodskap gebring en daarna was dit my beurt. Ek het die mense vertel waarvoor die Suidlanders staan en wat hulle nou te doen staan. My boodskap was prakties van aard en daarop gerig om die leek wat dalk nie nou saamstem nie, van die nodige kennis te voorsien vir ‘n beter kans om te oorleef en ‘n Suidlander veilige gebied te bereik.

klerksdorp

Die kern van my boodskap was egter dat ons hulp en oorwinning slegs van die Here kon kom. Daarna het die sanger, Johan van der Merwe, vir ons ‘n gedig voorgelees en ons het afgesluit deur die Stem te sing. Ons het daarna die ballonne vrygelaat en verdaag.

Dankie aan Chris en Annemarie wat die geleentheid georganiseer het en aan almal wat teenwoordig was. Mag die Here u elkeen seën en bewaar!

Riaan Engelbrecht

Provinsiale Leier Wes Transvaal[/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]