Die Reus

reus2Die Max du Preez “Bly waaksaam vir KGB taktiek” artikel in Nuus24, is ‘n interessante stukkie leesstof. Dit is die perfekte beskrywing van die-ANC-is-so-sleg-en-ons-wit-kapitaal-is-so-goed. Hierdie artikel gaan waarskynlik kort na anargie uitbreek, net so aan die VN voorgelê word wanneer die wit Reus sy hand opsteek om as tussentydse regering aangewys te word. Intussen dien dit as ‘n teenvoeter poging om die wit-kapitaal bedreiging wat ons onlangs uitgewys het, nou as disinformasie af te maak. Gaan lees ‘Die Reus’ artikels op die Suidlander blad.

In sy artikel word die ANC optrede van die dag vergelyk met die destydse Russiese KGB met sy “Dezinformatsija” tegnieke. Ons word herinner hoe ANC lede, onder andere Zuma self, deur KGB en/of die Oos-Duitsers opgelei is. Dan volg daar ‘n paar voorbeelde van hoe anti-westers en anti-demokraties die ANC eintlik is.

Die berig lui soos volg:

Die destydse Russiese KGB het dit “dezinformatsija” genoem en baie energie daaraan bestee: die verspreiding van vals inligting, kwaadwillige gerugte, versinde intelligensieverslae en die vervalsing van dokumente, briewe en foto’s om teenstanders te ontwrig en die publiek te mislei en op te sweep.

Maak jou gereed vir ’n hele klomp dezinformatsija in Suid-Afrika in die tyd wat voorlê. Onthou, van die top- akteurs in ons huidige politieke drama is destyds deur die KGB en/of die Oos-Duitse Stasi opgelei. Pres. Jacob Zuma, vroeër ’n senior SAKP-operateur met die skuilnaam Pedro, is in 1978 in Rusland opgelei en was jare lank die ANC se hoof van teenintelligensie.

Die Zuma-binnekring beoefen dit eintlik al ’n geruime tyd en het boonop die voordeel dat hulle oor die dienste van die staat se intelligensieagentskappe beskik. Dezinfor­mat­sija is gebruik om dié staatsagentskappe wat Zuma en sy vriende ondersoek, te diskrediteer en van senior leiers ontslae te raak.

’n Klassieke geval is dié van ’n ondersoekeenheid van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat op inligting afgekom het wat ernstige agterdog oor Zuma en sy vriende se nasionale en internasionale transaksies gewek het. Staatsveiligheidsagente het “inligting” in Sunday Times geplant dat dié eenheid korrup is, bordele bedryf, ’n politieke agenda het en onregmatig op Zuma en ander spioeneer.

Dit was so suksesvol dat die media steeds na dié eenheid as ’n rogue unit verwys, al is die stories oor die eenheid intussen totaal gediskrediteer. Die Zuma-groep het dit gebruik om die eenheid te ontbind en David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het gesorg dat die eenheid se dossier oor Zuma en sy vriende geheim bly.

Die Valke word nou gebruik om Pravin Gordhan, Zuma se voorste bête ­noire wat voorheen baas van die SAID was, te diskrediteer met suggesties en innuendo tipies van dezinformatsija.

Zuma en sy binnekring is ook erg deur die onthullings van sy onbetaamlike verhouding met die Gupta-familie seergemaak. Tyd vir nóg dezinfor­ma­-

t­si­ja, met die Gupta-media The New Age en ANN7 as gewillige werktuie.

Vytjie Mentor, vroeër voorsitter van die ANC-koukus, wat verklaar het dat die Guptas haar ’n kabinetspos aangebied het, is so ’n randfiguur dat die president nie eens weet wie sy is nie, is Zuma se reaksie. Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies wie se onthulling van die Guptas selfs meer as dié van Mentor opspraak verwek het, is ’n leuenaar, ’n onetiese mens en het heelwat geraamtes in sy kas, verklaar The New Age. Skielik word ’n ondersoek na sy destydse optrede in die Oos-Kaapse regering wat op niks uitgeloop het nie, weer opgerakel.

Toe die Gupta-vergrype voor die ANC se uitvoerende komitee ter sprake kom, verklaar Zuma dat Johann Rupert spesiaal van Londen gevlieg het om met ’n senior ANC-leier (lees: Cyril Ramaphosa) te konkel om Gordhan as finansminister aangestel te kry. ANN7en The New Age raap dié stukkie dez­informatsija gou op en loop daarmee.

Die Guptas se gryp van staatsinstansies is niks vergeleke met hoe wit sakelui staatsinstellings koop nie. Die uitgeskopte EFF-parlementslid Andile Mngxitama is gebruik om ’n tesis te skryf waarin hy verklaar dat die eintlike vyand wit kapitaal en die aanslag op die Guptas ’n rassistiese komplot is.

Zuma se seun Edward verklaar kort daarna in reaksie op my vorige rubriek dat die “Stellenbosse miljardêrs” my miljoene betaal om sy pa se naam te beswadder.

Redakteurs en lesers/luisteraars sal in die dae wat kom baie versigtig moet wees om nie slagoffers van dezinformatsija te word nie.

Die beste van hierdie hele artikel, is hoe dit tot die slotsom kom dat hierdie disinformasie u ook wil laat glo dat wit-kapitaal eintlik die vyand is. Max, dit is nog te vroeg, die VN sal julle wit-kapitaal monopolie eers later aanstel. Oom Nicolaas het mos gesê die vlamme moet eers regoor die land uitbreek, soos Prof Karaan gister gewaarsku het. Dan kan julle die ANC as nie-ligetiem verklaar en ‘n Doringbos aanstelling by die VN bepleit. Jou berig is bietjie voortydig.