Kerk Verraad

KerkDie verraad en verleiding wat ons mense in die hand van ons kerkleiers moes verduur is deesdae die besprekingspunt onder die blanke gemeenskap. Die Suidlander Bestuur is geweldig in voeling met die opinie op die grond. Die volgende berig is ‘n weergawe van die vrae en gevoel wat ons in die veld optel. Baie van ons mense kies om nie meer in die kerke te sit nie, maar beoefen ewe getrou hul geloof in huise, selgroepe of informele dienste uit. Sommige het die Susterskerke vir meer hedendaagse aanbiddingsplekke soos die AGS en ander verruil. Tog is daar nog baie opregte mense wat Sondag na Sondag in ons Susterskerke aanbid.

Wat u keuse is, is nie hier ter sprake nie, maar wat wel is, is dat derduisende mense nogsteeds leiding vanaf Geestelike Leiers verwag. In ons samelewing het die kerkleiers nog ‘n enorme invloed en dra hul uitsprake nog baie water. Die gevoel op die grond is dat leiers wat sataniese vlakke van verleiding in die apartheidsjare gepleeg het nou voorkom om weer met ‘n soortgelyke gruwel besig te wees. As dit so is skep dit ernstige rede tot kommer.

In die vroeë apartheidsjare was dit die kerke wat vir ons gesê het dat apartheid heilig is. Dis boonop die betekenis van die woord “heilig” – om apart, eenkant te wees. Dit is die kerke wat ons gesê het dat vermenging nie God se wil is nie. In daardie jare het P.W Botha die kerkleiers van die Drie Susterskerke gevra of apartheid God se wil is. Dit na Engeland en Frankryk Suid Afrika daarvan beskuldig het dat ons ‘n sondige bestel bedryf. Onder leiding van Johan Heyns, was die antwoord aan P.W Botha duidelik – “apartheid is ‘n sonde.” P.W se antwoord was net so reguit “As jy verkeerd is, laat dit op jou hoof wees” Dieselfde hoof wat met ‘n 303 rondte deurboor is. Ons antwoord van die blanke massa aan die kerkleiers vandag is dieselfde. As julle verleiding nogsteeds voortduur, laat dit op julle hoofde wees, en dit sal.

Die Suidlanders is nie ‘n politiese organisasie nie, maar dit sal onverantwoordelik wees om die mense op die grond se politiese vrae en bekommernisse nie te meld nie.

Dit is die kerkleiers by name van dr. Pierre Rossouw, dr. Dirk Hattingh, prof. Koos Smit, en destydse moderator van die NG Kerk, Johan Heyns wat in Maart 1989 in die geheim en totaal ontwettig in Lusaka met die ANC leiers gaan onderhandel het. Kenneth Kaunda het hulle uitgenooi, en Alfred Nzo was in die gesprek teenwoordig.

Met hul terugkeer het hulle verslag aan F.W de Klerk gedoen, en dit het die ban op die ANC laat lig.

Wie het hulle afgevaardig? Het ons opregtes daardie mandaat gegee? Was ons eers daarvan bewus? Wanneer het daardie leiers besluit dat heiligheid nie meer apart is nie, dat hulle namens ons met ‘n terroriste organisasie kan vergader. En om wat te bespreek? Wanneer het die Vader besluit dat wat reg was, nou verkeerd is? Vrae waarmee ons daagliks deur ons mense gekonfronteer word.

Nou laat weet die kerkleiers eenparig dat hulle nie die beraad met die ANC sal bywoon nie. Dat hulle ernstige bedenkinge het oor die ANC leierskap, dit nadat die Nkandla sage ‘n verdere klad op die Zuma naam veroorsaak. Die boervolk voel gefrustreerd hieroor. Dit is “too little too late.” Julle het geweet wat ‘n nuwe bestel met die ANC aan stuur sou veroorsaak. Julle wat die ontug wette met ‘n vuis in die lug afgedwing het, en met reg, maar nie ‘n woord geuiter het toe die nuwe ANC bestel gru-sondes van elke aard die groen lig gee nie. Waar is julle standpunte oor die 60 000 aborsies per jaar, waar is julle standpunt teen pornografie, teen plaasmoorde, teen homoseksuele huwelike. Nie ‘n woord nie. En skielik spring julle op en af omdat Jacob Zuma na bewering ‘n paar miljoen se belastinggeld steel.

Skielik is julle heilig genoeg om standpunt in te neem. Word opregte kerkgangers weereens gekul om te dink dat julle waardige, Geesgeleide kerkleiers is?

Waarom nou die regse geluide? Kom daar nou weer ‘n stel leuens? Gaan julle nou arbei vir selfbeskikking? Ons kan verseker so ‘n behoudende posisie van julle verwag. Dit na julle bereid was om skielik ultra liberaal te draai aan die einde van apartheid. As dit nie is nie moet die blankedom van Suid Afrika hom regmaak, die mat sal dan weer soos in die verlede onder ons voete uitgeruk word. As julle selfbeskikking najaag, wie gaan die leierskap wees? Wie gaan julle besing om ons volk te lei? Die nuwe wêreldorde lakeie is lankal geïdentifiseer. Gaan julle hulle steun, bemark en verkoop?

Hierdie spel word gespeel deur die invloedrykes, die instansies van naam. Die Afrikanerbonders, blanke unies, Kultuurverenigings en nog meer het hulle sitplekke in ‘n nuwe selfbeskikkingsregering reeds bespreek en betaal. Dit weet ons en was dit te wagte. Maar julle wat deur die Skepper as die geestelike leiers ‘n direkte en edele verantwoordelikheid teenoor die Vader dra, neem  julle ook deel aan hierdie Babiloniese magspel? Ons sal sien of julle steun sal gee aan dieselfde instansies en leiers wat die volk 22 jaar gelede uit hul soewereiniteit gekul het. Of het julle verander, is ons kerkleiers nou behoudend?

Hoeveel van julle dominees is Afrikanerbonders, hoeveel van julle standpunte is Geesgelei? Is julle politikuste in togas, verleiers met vroom glimlagte? Indien nie, kom tafel toe. Die behoudendes wat jare lank hierteen waarsku is nogsteeds hier, onveranderd, smagtend na ‘n Geesgeleide leierskap. Al hierdie vrae en nog talle meer dobber op sosiale media en braaivleis vure rond. Dit is hoe die mense voel. Dit is die antwoorde wat hulle verlang. As julle nuutgebore, behoudende geleide opreg is, wil hulle nie sien dat die leiers van ouds wat die reënboognasie toegejuig het, nou weer verhef word nie.

Toets ons aan die toekoms, sukses gaan julle hê, maar as julle vals is sal julle goed uitgewerkte planne skielik tragies skeefloop. Die volk se oë gaan oop en opregte leierskap sal na vore tree. As julle vals is, sal julle leuens en misleiding op julle hoofde wees.

Die Suidlanders sal deurentheid die waarskuwingsbasuin blaas, en as spreekbuis die gevoel op grondvlak deurgee. Ons doen dit met een doel voor oë, om ‘n Godsvresende bestel vir die toekoms te sien tot stand kom en nie deel te wees van ‘n nuwe wêreldbestel soos wat die volk tans voor vrees nie.

 

[/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]