whatsappOns nuwe waarskuwings stelsel wat nou deur Whatsapp uitgestuur word, is ‘n groot sukses. Die waarskuwing word met ‘n foto of ‘n google kaart uitgestuur.

Ons wil ook ons intekenaars gelukwens met die mooi dissipline om geen boodskappe op daardie groepe te plaas nie. Die enigste boodskappe wat daarop deurkom is die wat bestuur plaas. Al ons boodskappe is sover moontlik geverifieer, en in baie gevalle stuur ons selfs iemand om die situasie te monitor. Hierdie is ‘n betaalde diens, en beloop R49 per maand.

Hieronder is voorbeelde van hoe die waarskuwingsboodskappe lyk.  Ons werk nou daaraan om ook die daaglikse Sms op die groepe uit te stuur. Whatsapp voorbeeld