Volksmoord Deel 4

wit volksmoord skedelsStap 3 – Diskriminasie

Die derde stap in volksmoord is diskriminasie. Diskriminasie vind plaas in die vorm van ontkenning van regte of voorregte deur ‘n dominante groep. Alhoewel dit gewoonlik deur die heersende party voorkom, soos met die Nuremberg wette in Duitsland 1935 waar Jode se vryheid ingeperk was, kan dit ook deur ander militante of gesaghebbende groepe afgedwing word.

Ons sien dit byvoorbeeld duidelik met die suksesse wat militante rewolusionêres teen Afrikaans op universiteite bereik. Dit word egter in Suid Afrika ook deur die regering teen blankes toegepas. Swart bemagtiging is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Dit geskied ook deur te oorreageer en sekere optredes te kriminaliseer. Alhoewel die swart gemeenskap openlik teen blankes kan uitsprake lewer, verhoed ‘n oorreaksie van rassisme dat normale optrede as rassisties gebrandmerk word.

Studente wat onskuldige persgesig-partytjies reël, word summier geskors, en ‘n oordrewe media-dekking volg.

Hierdie is alles vorme van diskriminasie teen die blanke. ‘n Verdere subtiele vorm van diskriminasie wat baie mense miskyk, lê gewortel in demokrasie. In ‘n politieke bestel waar ‘n meerderheid swartmense ‘n oordrewe lojaliteit aan die ANC regering het, voel min blankes dat hulle enige noemenswaardige politieke inspraak het. Dit is ironies dat die hoog aangeskrewe demokrasie van Suid Afrika, juis ook diskrimineer deur die blanke gemeenskap polities irrelevant, agter te laat.

Politieke uitsluiting of die weerhouding van die reg om inspraak in die politieke diskoers van ‘n land te hê, word onder daardie geïsoleerde gemeenskap as diskriminasie ervaar.

Diskriminasie teen die blanke in Suid Afrika word op baie hoër vlakke deur blankes ervaar as wat dit van die kantlyn af mag voorkom.