Die Suidlander Noodplan inisiatief is ‘n Burgerlike Verdedigingsorganisasie en volg akkuraat die riglyne wat vir sulke organisasies voorgelê word deur die Internasionale Humanitêre Reg. Dit beteken dat ons kies om hierdie regsraamwerk te gebruik in die keuse van optrede tydens uitvoering van die Noodplan.

Dit is soos ‘n motoris wat kies om die verkeerswette te eerbiedig wanneer hy of sy bestuur. Dit maak hom nie deel van die verkeersafdeling of die staat nie, maar is eenvoudig ‘n keuse om ‘n sekere stel reëls nie te oortree nie. Hoekom is dit belangrik?

U kan self sien hoe die blanke Westerling internasionaal as die gemeenskaplike vyand geetiketeer word. Daar is ‘n konstante aanslag teen blankes wêreldwyd. Vir daardie rede is dit veilig om te aanvaar dat blanke Suid Afrikaners in ‘n Suid Afrikaanse Arabiese Lente as die aggressor bestempel sal word.

Om hierdie aanslag teen ons in die toekoms te weerstaan, is dit uiters belangrik dat die blanke gemeenskap van Suid Afrika in konfliktye die beginsel van minimum geweld en konflikvermyding sal toepas. Een van die mees noodsaaklike aspekte van burgerlike verdedigingsorganisasies, is dat hulle op geen stadium ‘n party tot die konflik mag wees nie. As deelnemers in so ‘n organisasie mag ons definitiewe veiligheidsmaatreëls tref en onsself verdedig. Ons mag ook vlugtelinge, toerusting en lewensmiddele beveilig en verdedig, maar om in ‘n gekose gewapende konflik situasie in te stap met ander rassegroeperings, sal verdoemende gevolge hê.

Dit is jammerlik dat daar soveel groeperings is onder blanke Suid Afrikaners wat kies om nie deel van hierdie nasionale noodplan te vorm nie – groeperings wat, ongeag van jare se navorsing en noodplan oprigting, steeds die wiel wil herontwerp.

Ons kan net bid en vertrou dat die enkeles wat nog beplan om apart van die Suidlander nasionale Noodplan te funksioneer tydens anargie, in die hitte van die oomblik ons vermoë sal erken en ook hulle gewig saam met ons ingooi.