Belangrike waarskuwing Archives - Suidlanders https://www.suidlanders.co.za/argief/kategorie/belangrike-waarskuwing/ Knegte van die Allerhoogste teen die wêreld vry Mon, 23 Sep 2019 08:07:44 +0000 af-ZA hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.5.2 https://www.suidlanders.co.za/argief/wp-content/uploads/2016/07/icon-32x32.png Belangrike waarskuwing Archives - Suidlanders https://www.suidlanders.co.za/argief/kategorie/belangrike-waarskuwing/ 32 32 Logistiek 24 – Sanitasie https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-24-sanitasie/ Tue, 15 Oct 2019 18:04:00 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22730 Sanitasie word, soos met water- en kragvoorsiening, op verskillende vlakke van skaal uitgevoer. Hier hang dit af, soos met ander gevalle ook, hoe groot die gemeenskap is wat bedien moet word, asook die infrastruktuur wat reeds bestaan by ‘n area van verblyf. Op geen stadium, tensy daar vir ‘n baie kort tyd soos bv. een …

Hierdie artikel Logistiek 24 – Sanitasie het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Sanitasie word, soos met water- en kragvoorsiening, op verskillende vlakke van skaal uitgevoer. Hier hang dit af, soos met ander gevalle ook, hoe groot die gemeenskap is wat bedien moet word, asook die infrastruktuur wat reeds bestaan by ‘n area van verblyf.

Op geen stadium, tensy daar vir ‘n baie kort tyd soos bv. een aand oorgebly word, mag rou riool in die ope gelaat word nie. By plaas kampplekke waar klein hoeveelhede families by plaasopstalle aanbly, moet daar so spoedig as moontlik puttoilette gegrawe word.

Hierdie puttoilette moet bedek word met ongeveer dertig sentimeter grond om reuke te bekamp en rou riool weg te hou van vlieë en ander insekte. Maak ook seker dat dwarslêers wat oor die gat geplaas word stewig genoeg is sodat dit nie ‘n veiligheidsrisiko vir mense inhou nie. Probeer ook dat spoeltoilette gebruik word waarna die riool na hierdie putte kan vloei. Dit is belangrik aangesien toilette ‘n waterklep vorm sodat reuke, gasse en insekte nie toegang kan kry tot die rioolarea nie.

Oop puttoilette hou gesondheidsrisikos in vanweë die oop ruimte wat dit laat na die rioolarea. By fasiliteite waar daar reeds spoeltoilette bestaan wat na opgaarputte vloei moet daar vroeg reeds begin word met die grou van verdere putte sodat spoeltoilette daarheen gekanaliseer kan word wanneer bestaande putte vol raak. Dit kan vinnig gebeur aangesien sulke rioleringsfasiliteite nie voorsiening maak vir groot hoeveelhede mense nie. Kry ook vroeg reeds ‘n metode om die rioolvlak te monitor sodat daar opgetree kan word voordat putte begin oorloop. Puttoilette wat oorloop kan vinnig ernstige gesondheidsimplikasies inhou.

Indien daar geen spoeltoilet fasiliteite beskikbaar is nie en slegs van oop puttoilette gebruik gemaak kan word moet hierdie riool gereeld met kalk of as bedek word. Die toiletarea kan ook bedek word om vlieë en brommers uit te hou. Hou hierdie toiletgeriewe uiters skoon aangesien higiëne ‘n verhoogde risiko inhou in oorlewingsomstandighede.

Toiletgeriewe behoort meer as 100 meter van enige kampgeriewe geplaas te word. Hou in gedagte dat sulke geriewe nie op laagliggende gebiede geleë mag wees nie en vêr van natuurlike waterweë afgegrou moet word.

Indien chemikalieë gebruik word in enige rioleringsproses moet daar fyn gelet word of daardie chemikalieë bio-afbreekbaar is. Indien nie kan skadelike besmetting van die area plaasvind.

Waar groter gemeenskappe bymekaarkom en waar rioleringsfasiliteite deur middel van gesentraliseerde aanlegte bedien word, is hierdie afdeling effens kompleks. Klein dorpies in die platteland het verskillende tipes aanlegte. Enkeles funksioneer op ‘n gravitasie vloeisisteem met ‘n natuurlike bio-afbrekingsproses. Sulke rioleringsaanlegte se grootste uitdaging tydens anargie sal die beskikbaarheid van water wees.

Skakel met departement Water in daardie dorpsgebied om hierdie uitdagings te bespreek. ‘n Tekort aan watervoorsiening by huise en ander fasiliteite van verblyf sal veroorsaak dat minder water as wat nodig is beskikbaar sal wees om spoeltoilette effektief te laat spoel. Hierdie tekort sal die gemiddelde digtheid van riool verhoog en dus die vloei daarvan beperk. Dit kan blokkasies veroorsaak wat langtermyn skade aan ‘n rioolstelsel kan aanrig. Implementeer planne om eerder grys water by toiletfasiliteite beskikbaar te hê voordat hierdie fasiliteite met te min water gebruik word.

By dorpe waarvan rioolverwerking van pompstasies en gemeganiseerde verwerkingsaanlegte gebruik maak is die grootste uitdaging konstante kragtoevoer. Dit is uiters belangrik dat hierdie fasiliteite deel vorm van noodsaaklike dienste wat van krag voorsien moet word. Sommige dorpsgebiede het rugsteun kragopwekkingsfasiliteite asook dieselvoorrade. Vind so spoedig moontlik uit of dit wel beskikbaar is en bereken hoe lank hierdie fasiliteite met die beskikbare brandstof sal kan funksioneer.

Indien verwerking van riool nie moontlik is in ‘n groter gemeenskap nie, behoort die gebruik van spoeltoilette in die gemeenskap onmiddelik gestaak te word. Dit geld veral waar rioolpype naby aan natuurlike hulpbronne geleë is en waar rioolmorsing waterbesoedeling kan veroorsaak.

Om spoeltoilette gebruik onmiddelik te staak kan watertoevoer dadelik afgesny word. Indien water by ‘n sentrale punt met houers gehaal kan word sal dit te skaars wees om in spoeltoilette te gebruik. Daar behoort in sulke gevalle ook aangekondig te word dat spoeltoilette nie gebruik mag word nie. Inwoners moet dan onmiddelik putte grawe en spoeltoilette se afvoerpype daarheen laat lei. Indien alle spoeltoilette omskep is om na putte te lei, kan watertoevoer weer oopgemaak word.

Hou in gedagte dat rioolputte wat met konkruit gebou is nie in die grond kan wegdrein nie en moet  fisies leeg gepomp word. Putte wat in rou grond gegrawe is het ‘n dreineringsvermoë en kan langer gebruik word sonder die risiko van oorloop. ‘n Ontbindingsproses in sulke putte raak effektief ontslae van soliede riooldele.

In groter dorpe en waar groter getalle mense in ‘n hoë digtheid saamwoon kan die gebrek van rioleringsfasiliteite ernstige gesondheidsrisikos inhou. In sulke dorpsgebiede vereis instandhouding van die rioolstelsel veel meer arbeid en aandag. In sulke gebiede kan die bestaande munisipale personeel steeds aangewend word. Aangesien alle stelsels (waaronder bankstelsels ook tel) in tye van anargie ineenstort en nie meer funksioneer nie kan werkers nie geldelike betalings ontvang vir dienste of arbeid nie. Tydens anargie sal daar dus nie betaling geskied vir normale werksfunksies nie. Skakel reeds vroeg met die nodige departemente soos Logistiek om reëlings te tref vir logistieke voorsiening as betaling vir mense wat in diens bly vir die behoud van kritiese dienste in so ‘n gebied.

Hierdie artikel Logistiek 24 – Sanitasie het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 6 – Deel 2 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-6-deel-2/ Sun, 29 Sep 2019 13:25:05 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=21768 SEKURITEIT Huisvoorbereiding – Kluiskamer In die gewelddadige kultuur waarin Suid Afrika verval met beide misdaad en gewelddadige protesaksies wat deesdae al meer na blanke woongebiede oorspoel, is een van die noodsaaklikste sekuriteitstoevoegings tot u huis, ‘n “saferoom.” Meeste van u behoort die dramatiese tonele te onthou van Jodie Foster in die film ‘Panic Room.’ Kom ons …

Hierdie artikel Logistiek 6 – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
SEKURITEIT

Huisvoorbereiding – Kluiskamer

In die gewelddadige kultuur waarin Suid Afrika verval met beide misdaad en gewelddadige protesaksies wat deesdae al meer na blanke woongebiede oorspoel, is een van die noodsaaklikste sekuriteitstoevoegings tot u huis, ‘n “saferoom.”

Meeste van u behoort die dramatiese tonele te onthou van Jodie Foster in die film ‘Panic Room.’ Kom ons doop dit in Afrikaans ‘n kluiskamer. ‘n Ironiese naam vir hierdie veilige plekkie, soos u later sal sien.

Die kluiskamer kan in beide grootskaalse anargie, asook met die daaglikse voorkoms van geweldsmisdaad en moord, ‘n groot lewensredder wees indien u om welke rede ookal nie betyds sou kon wegkom voor ‘n plunderende golf protesgangers nie, of sou geweldenaars toegang tot u huis wou kry is dit die een enkele manier om sonder konflik moontlik in die lewe gespaar te bly.

‘n Kluiskamer is ‘n plekkie wat u inrig om vir ‘n sekere tyd veilig te wees totdat die gevaar oorwaai, of hulp ontbied kan word. Daar is hoofsaaklik twee tipes kluiskamers. Die soort wat gebou word met die doel om ondeurdringbaar te wees vir die misdadiger, en tweedens die een wat fokus op onopsigtelikheid. Kluiskamers wat sterk gebou word, kan natuurlik ook onopsigtelik wees.

In hierdie skrywe gaan ons op kluiskamers en die installasie daarvan fokus, en spesiale aandag skenk aan die Suid Afrikaanse misdaadtendense met die behoeftes wat ons kluiskamer hiermee sal moet aanspreek. Ons gaan ook kyk na die koste van die oprigting van so ‘n kluiskamer, en natuurlik hoe om dit so koste-effektief as moontlik te doen.

Nie alle kluiskamers hoef soos die een in ‘Panic room’ te wees nie. As u oor daardie tipe finansies beskik, is dit uiteraard beter, aangesien dit:

  • Baie lank sou neem vir ‘n misdadiger om die kamer oop te breek.
  • Dit gebou kan word om bestand te wees, sou u huis afbrand.

Dit sou egter beteken dat die kluiskamer ‘n aparte toevoeging tot u bestaande baksteenhuis moet wees, met ‘n betondak, nie uit hout dakkappe nie.

Ventilasie sal ook met ‘n pyp ‘n hele entjie vanaf die huis ingevoer moet word om te voorkom dat rook en giftige gasse die kluiskamer binnedring, sou die res van die huis brand.

Die meer bekostigbare opsie, is ‘n kluiskamer wat goed weggesteek is en nie noodwendig ondeurdringbaar nie. In Suid Afrika sien ons gereeld hoedat massas protesgangers ‘n huis of winkel binnedring en dan in ‘n warboel gryp wat hulle kan en die plek leegdra.

Inbrake en aanvalle op die blanke gemeenskap het ook ‘n sekere tydsbeperking, veral as die aggressor die risiko loop om betrap te word. Hollywood het by ons al die konsep gevestig van ‘n inbreker wat fyn beplan, jou ure kan vaskeer, skynbaar sonder enige sin vir dringendheid om die toneel te verlaat. In werklikheid word hierdie misdade haastig gepleeg, tensy die aanvallers gerus voel dat niemand van hul dade bewus is nie. Ons sien dit by plaasmoorde en minder gereeld in dorpsgebiede.

Die kluiskamer is nie jou eerste lyn van verdediging nie, dis jou laaste. Dit beteken dat al die ander veiligheidsmaatreëls ook in plek moet wees. Dit hoef nie ‘n duur besigheid te raak nie.

Die eerste op die lys is om so vroeg as moontlik van ‘n moontlike aanval bewus te word. ‘n Hond wat blaf op die werf, of ‘n alarmpie wat afgaan, is van die goedkoop opsies. As u vroeg reeds van die beplande aanval bewus gemaak word, gee dit u tyd om veilig in u kluiskamer te kom. Baie spesialiste beveel aan dat u slaapkamer as so ‘n kluiskamer ingerig word. Dit gee u die voordeel dat u meeste van die nag reeds in die kluiskamer is, sou so ‘n aanval plaasvind.

‘n Paar spesiale aanpassingtjies kan hiervoor gemaak word. Die normale drieslaapkamerhuis se laaste slaapkamer in die gang, is gewoonlik die hoofslaapkamer. Deur ‘n vals deur te installeer, wat dit sal laat lyk asof die gang eindig na die eerste slaapkamers, is baie effektief. Dit kan ‘n boekrak wees met sy eie skarniere. Die boekrak kan gewoon soos ‘n deur oopswaai, maar met stewige slotte kan die hoofslaapkamer dan toegemaak word. In ‘n haastige aanval of plundersessie het min gewelddadigers die tyd of breinkrag om die huis oppervlakte deeglik te ondersoek.

Ons gaan u later verduidelik hoe om daardie haastige proses nog so bietjie aan te jaag.

Ander vroeë waarskuwingsbeginsels, is om buiteligte so te plaas dat skaduwees ‘n aankomende gevaar weggee. Grys klippies voor vensters en deur areas is ook raserig om oor te loop. Digte gordyne maak dit moeilik vir die aanvaller om te sien of daar beweging binne die huis is. Dit skep ook die onsekerheid van of u gewapen is, hoeveel mense daar is en of daar hoegenaamd enige mense is wat tot u voordeel sal tel, indien u in die kluiskamer sou verdwyn en die inbreker dink dat hy in ‘n leë huis ingebreek het.

U kluiskamer kan ook ‘n gedeelte in die huis wees waar ‘n gangetjie of eenkant van ‘n vertrek ‘n meter of twee van die muur af, met ‘n vals muur toegemaak word. Dit kan baie goedkoop deur droëmuur (drywall) gedoen word met die ingang, ‘n eenvoudige boekrakkie. Onthou dat die doel hier is om weg te raak, en dat die inbreker nie weet van die bestaan van daardie weggesteekte spasie nie.

As u so ‘n kluiskamer sou bou wat nie u slaapkamer is nie, poog om dit so na as moontlik op te rig aan die plek waar u die meeste tyd spandeer.

‘n Kluiskamer wat op hierdie manier gebou word, kan maklik beveilig word deur sandsakke aan die binnekant teen die muur te stapel. Selfs al sou u net ‘n gedeelte van die muur, ‘n meter of so hoog stapel, kan dit steeds goeie beskutting wees indien die aggressor ‘n paar skote daarheen sou skiet, sou hy dalk uitvind dat u daar binne skuil.

Die kluiskamer is dan ironies soos ons vroeër gesê het, die plek waar jy jou kluis in vasbout. Dit verbeter die kanse dat belangrike dokumente, waardevolle items, en natuurlik vuurwapens gesteel word, selfs met ‘n inbraak as u nie tuis is nie.

Die ander logiese rede is dat u toegang tot vuurwapens het, sou u vir veiligheidsredes die kluiskamerdeur agter u toemaak.

Die volgende belangrike items om in die kamer te hê, is kos en water. In uiterste gevalle kan mens vir ure of dae in so ‘n kamer wees. As u woonbuurt in anargie verval, sal u huis dalk in enkele minute geplunder word, maar om u huis mag dit moontlik vir dae of langer gevaarlik bly. Wees voorbereid om vir langer periodes in die kluiskamer te moet wees. Die entoesiastiese kyker, kan selfs aan sanitasiebehoeftes begin dink. Dink ook aan kroniese medikasie en ander items wat u mag benodig.

Die volgende is natuurlik die vermoë om hulp te kan ontbied. U kan vir skaars meer as ‘n R100 ‘n selfoon koop by Pepstores, wat permanent aan en gelaai binne die kluiskamer lê. Moenie die fout maak om die selfoon af te sit nie, hierdie foontjies speel almal ‘n harde deuntjie as dit aangesit word. Die selfoontjie se nommer sal natuurlik net vir noodgevalle wees. Laat bure, vriende en familie hierdie nommer stoor met ‘n naam wat aandag trek, soos ‘Noodgeval’ en u naam. Stoor die polisie, brandweer, en sekuriteitsmaatskappy se nommers op hierdie foon, en sorg dat u genoegsame lugtyd op hom het.

Aangesien u heel moontlik baie stil sal moet wees, reël met u geliefdes vooraf dat daar ‘n probleem is indien u hulle hoegenaamd sou bel, selfs al praat u nie aan die anderkant nie. Onthou ook om die foontjie op ‘stil‘ te sit, ‘n geliefde skakel dalk net terug met boewe wat ‘n foon agter die muur hoor lui.

Die volgende om te installeer, is ‘n alarm wat van binne die kluiskamer geaktiveer kan word. Die geweldenaars sal nie weet wat die alarm geaktiveer het nie, maar soos ons vroeër gesê het, sal dit hulle baie haastiger maak om met die wandaad klaar te kry.

Een van die meeste kritieke vrae of opmerkings, is gewoonlik die volgende: “Maar wat as hulle my huis afbrand?” In so ‘n geval is u in presies dieselfde posisie as wat u sou wees sonder ‘n kluiskamer, u sal gedwing wees om u huis te verlaat en die boewe te konfronteer. As u ‘n kluiskamer het, en u huis word aan die brand gesteek, het u nogsteeds dieselfde opsie.

Om ingelig te wees oor wat in u huis aangaan, verbeter u kanse op oorlewing net meer. Dit is goedkoop om ‘n klein kameratjie wat op ‘n goedkoop skerm binne die kluiskamer wys wat in die huis aangaan, te installeer. Vir bietjie meer kan daardie beeldmateriaal opgeneem word op ‘n hardeskyf wat baie voordelig is in hofsake wat volg. ‘n Goedkoper opsie is om sommer met u foon die skerm af te neem.

Indien u die kluiskamer so kan bou dat dit ‘n nooduitgang bied, kan dit gedoen word, maar hou spesifieke implikasies in gedagte. ‘n Ekstra uitgang bied gewoonlik nog ‘n plek vanwaar geweervuur kan kom, en die moontlikheid bestaan dat so ‘n deur van buite ontdek en oopgebreek kan word. Dit hou natuurlik voordele in indien u huis met ‘n petrolbom getref word.

By vêrre die belangrikste in die beplanning van u kluiskamer, is geheimhouding. As ek nie weet van iets nie, is my fokus op iets anders. Gee ook spesiale aandag daaraan dat u bediendes nie van die bestaan hiervan weet nie. In meeste gevalle werk hulle saam met die aanvallers. Ons gaan u nie voorskryf hoe om dit reg te kry nie, maar as hulle weet, is u moontlik net helfte so veilig in daardie plekkie.

Rig jou kluiskamer in, daar is deesdae baie situasies waar mens onveilig voel. As die krag afgaan, u is alleen by die huis, hoor iets buite, of selfs wanneer u uitvind van gewelddadige protes in u omgewing. Dit kan baie gerusstellend wees om gemaklik in u kluiskamer te sit en wag tot omstandighede weer beter lyk.

Indien u sou kies om u slaapkamer as ‘n kluiskamer in te rig, oorweeg die volgende:

  • Vervang die deur met ‘n soliede tipe deur en bring genoeg ekstra slotte aan.
  • Die venster moet versterk word met spesiale veiligheidsglas. Vir die wat bereid is om die ongerief aan te gaan, kan vensters selfs toegebou word.
  • As dit moontlik is om die kinders in dieselfde kamer te laat slaap, kry die hele familie ‘n rustige nagrus.

Daar is nog hope te sê oor hierdie onderwerp, maar gaan doen gerus self navorsing en pas dit aan om by u unieke behoeftes te pas.

Kampsekerheid

Gebruik oorleg wanneer u kies waar kamp gemaak gaan word. Sekerheid in die buitelewe neem drasties toe namate getalle van u eie mense toeneem. Probeer om nie in klein groepies te beweeg of kamp te maak nie.

Dit is hoekom ‘n gekoördineerde vlugsituasie so belangrik is. Let ook op die kampuitleg dat daar altyd natuurlike beskerming teen natuurrampe, rewolusionêres, gevaarlike diere, en selfs eie geledere is. Die ligging van berg of afgrond, rivier, ‘n dam, ens. kan soos by Bloedrivier natuurlike beskutting bied.

Kies u kampplek so dat gevare wat die omgewing vir byvoorbeeld kinders kan inhou, bestuur kan word. Baken gevaarlike plekke af met plastieklint, dit sluit in put-toilette, kragopwekkers, kookgeriewe, asgate, ens.

Implementeer streng reëls met betrekking tot wapenhantering en wapenveiligheid binne kampgebiede. Stel verantwoordelike persone aan vir polisiëring en implementeer stelsels waarby ondersoeke, aanklagte prosedures, en hofuitsprake gelewer kan word.  Dit sluit ook in die uitvoer van straf.

Doen voorbereiding vir veilige kook en vuurmaak fasiliteite. Skaf genoegsame beligting aan en toets hoe beligting aangewend kan word om beter sekuriteit in donker te bied.

Bespreek maatreëls wat ingestel kan word en voorbereiding wat gedoen kan word om logistieke middele veilig te kan toesluit vir veilige bewaring. Beplan so dat onvoorbereides nie kampgebiede deel met voorbereides nie om sodoende beter sekerheid vir voorbereides te bewerkstellig.

Werk ook saam om so vining as moontlik na ‘n vlugsituasie stapelvoedsel te bekom (soos graan by ‘n silo) vir onvoorbereides. Dit sal ‘n aansienlike sekerheidsrisiko verbeter.

Basiese selfverdedigingsitems soos messe, kapmesse, ens. behoort aangeskaf te word vir elke lid van die huisgesin, en ander wapens soos byle, grawe, vurke, ens. behoort weggebêre te word in ‘n kampterrein sodat vyandiggesindes nie maklik toegang tot sulke artikels bekom nie.

Elke lid van die familie behoort wettig gelisensieerde vuurwapens aan te skaf, asook die maksimum wettige hoeveelheid ammunisie. Lede kan aansoek doen vir sportskietstatus om sodoende meer wettige ammunisie te bekom. Baie lede het ook herlaai toerusting. Selfs indien lede nie self kan herlaai nie, kan hulle die wettige hoeveelheid slagdoppe, punte, en kryt aanskaf, aangesien dit nie deel uitmaak van die makismum hoeveelheid ammunisie wat ‘n lisensiehouer mag hê nie.

Kommunikasie, alhoewel dit elders behandel word, is ook ‘n belangrike sekerheidsitem in u voorbereiding.

Hierdie artikel Logistiek 6 – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 6 – Deel 1 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-6-deel-1/ Sat, 28 Sep 2019 17:56:35 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=21747 Sekuriteit Die familie se sekuriteitsvoorbereiding moet onder geen omstandighede afgeskeep word nie. Hier praat ons nie net van wapens nie, maar opleiding, oefeninge, veiligheidsmaatreëls, ens. vorm deel van sekuriteit. Begin deur sekerheidsmaatreëls vir u familie in te stel rakende huis en vir kampsekerheid vorentoe. Huisvoorbereiding Ons mense is oor die algemeen goed voorberei vir ‘n …

Hierdie artikel Logistiek 6 – Deel 1 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Sekuriteit

Die familie se sekuriteitsvoorbereiding moet onder geen omstandighede afgeskeep word nie. Hier praat ons nie net van wapens nie, maar opleiding, oefeninge, veiligheidsmaatreëls, ens. vorm deel van sekuriteit.

Begin deur sekerheidsmaatreëls vir u familie in te stel rakende huis en vir kampsekerheid vorentoe.

Huisvoorbereiding

Ons mense is oor die algemeen goed voorberei vir ‘n vlugteling- of ontruimingssituasie en daarom wil ons hier spesifiek fokus op huisvoorbereiding. Lank voor ons ons in die “vulkaniese uitbarsting,” soos Johanna Brandt dit beskryf bevind, of die “donker tyd” waarvan oom Nicolaas gepraat het, kan ons reeds tekens van ’n komende duisternis beleef.

Hoe rig u u woning in wanneer dinge begin in duie stort en u nie u woonplek verlaat nie? Dit klink dalk kontrasterend met die konsep van ontruiming, maar daar is steeds omstandighede en toestande waarin u vir ‘n tyd moontlik steeds in u huis kan bly.

Dit is kardinaal om hierdie konsep in die regte konteks te verstaan. Hier word op geen wyse aanbeveel of voorgestel dat u langer as nodig in u huis bly nie. Hoe vinniger mense reageer, hoe kleiner die kanse om vasgekeer te word in ‘n gevaarlike gebied.

Omstandighede waarna ons verwys, is waar sekere infrastruktuur ineenstort sonder dat ’n bedreiging voorkom, of indien u in ‘n area woon wat eerder ‘n ontvangsgebied as ’n ontruimingsgebied is. Baie plattelandse gebiede sal langer veilig bly, of is reeds in veilige gebiede geleë. In sulke omstandighede kan daar op huisvoorbereiding gefokus word. Dit vervang ook geensins die mobiele vermoë wat u moet inbou in u noodplan om u voorbereiding te skuif nie.

Die eerste en belangrikste punt om na te kyk, is water. ‘n Beginsel wat hier geld, is dat mens nie genoeg water kan opgaar vir sulke toestande nie. Hand aan hand hiermee gaan sanitasie. Water is ook nodig vir wasdoeleindes en higiëne, en kan vinnig ’n groot las raak en u gesondheid bedreig. Huise met ’n swembad hou hier groot voordeel in.

Onthou dat water nie vir ‘n onbeperkte tyd gestoor kan word nie, maar die watersuiweringsdruppels wat by HK beskikbaar is, is uiters ekonomies en doeltreffend. Toetse toon dat water wat in houers gestoor word, langer as 10 jaar vars bly na behandeling met hierdie druppels.

Onthou dat spoeltoilette nie noodwendig reg sal werk indien die krag sou afgaan nie. Alhoewel riool met gravitasie afgevoer word, is dit net tot op ’n sekere punt vanwaar elektrisiteitaangedrewe pompe dit vêrder voer. Rou rioolstorting kom dan gewoonlik voor by hierdie laagliggende plekke wat ook gesondheidsrisiko’s inhou.

Indien die rioolstelsel in u area wel funksioneer, moet u ook in gedagte hou dat genoeg water gebruik moet word om ‘n spoeltoilet mee te spoel. Met te min water sal gravitasieafvoer nie reg funksioneer nie. Wanneer die rioolstelsel onklaar raak, sal u vroegtydig ’n putstelsel moet maak of  ’n chemiese toiletselsel moet gebruik.

Ons sien dat Eskom baie uitdagings in die gesig staar om volhoubare elektrisiteitsvoorsiening te kan handhaaf. In die lig hiervan moet ons onthou dat daar met ‘n langdurige kragonderbreking spesifieke uitdagings met varsprodukte en vleis sal wees. Baie mense sal dalk nie die inhoud van ‘n vrieskas elders kan neem nie. In sulke gevalle is dit beter om vleis gaar te maak, aangesien dit dan langer sal hou, veral in koel weersomstandighede. Onthou ook dat veral vleis, goed gaargemaak moet word in omstandighede waar higiëne nie op standaard is nie en waar imuunstelsels verswak weens byvoorbeeld onder- of ongeballanseerde voeding.

Kosvoorbereiding sonder krag sal moeilik plaasvind as u nie genoegsame alternatiewe energie aanskaf nie. Gasstoof of tweeplaat stoof met genoeg gas bied ‘n bekostigbare oplossing. Kom ook in die gewoonte om ‘n voorraad hout op te bou sodat daar buite gaar gemaak kan word.

Sonder krag gaan laaibare elektroniese toerusting soos selfone, skootrekenaars, ens. nie gelaai kan word nie. ‘n Klein sonkragstelseltjie kan hiervoor aangeskaf word.

Beligting in die huis wanneer die krag afgaan, is ook nuttig. Hou dit in gedagte, nie net vir u persoonlike gerief nie, maar ook vir sekuriteit. Dit is alombekend dat misdaad toeneem in areas waar kragonderbrekings voorkom.

Alhoewel watervoorsiening en sanitasie beide belangrike dienste is waarvoor voorsiening gemaak moet word, moet ons onthou dat staking van kragvoorsiening ook sal lei tot water en sanitasie probleme.

Brandstofvoorraad moet opgegaar word omdat brandstofpompe nie kan werk sonder krag nie. Min brandstofstasies het kragopwekkers om hiervoor in te staan. Selfs al sou dit beskikbaar wees, kan talle ander dienste soos aflewering van brandstof, verwerkte voedselprodukte, medikasie, ens. erg belemmer word wanneer ‘n grootskaalse kragonderbreking voorkom.

Hou ook in gedagte dat baie selfoontorings ‘n kort tyd na ‘n langdurige kragonderbreking sal staak. Ander gevolge van kragonderbrekings is verswakte polisiëring, toename in gewelddadige protes, verkeersknope weens verkeersligte wat nie werk nie, algemene paniek wat kan lei tot plundering, uitverkoping van algemene lewensmiddele in winkels en talle ander algemene funksies wat kan staak weens die nie-funksionering van kommunikasiestelsels.

‘n Tekort aan kontant weens die onvermoë van die bankstelsel om te funksioneer en verlate woonbuurte indien bure kies om elders heen te gaan, kan sekerheidsrisikos inhou. ‘n Verhoogte behoefte aan brandstof – hierdie omstandighede kan u dwing om vir sekere lewensmiddele te moet ry, wat ‘n ekstra las op ‘n brandstofvoorsiening sal plaas.

Soos u kan sien, is daar talle omstandighede wat u op verskeie maniere in ’n moeilike situasie kan plaas, ‘n situasie wat in u eie huis kan voorkom lank voor anargie en geweld u forseer om u woning te verlaat.

Begin dink aan hierdie toestande en spreek dit daadwerklik aan.

Word vervolg.

Hierdie artikel Logistiek 6 – Deel 1 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 2 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-2/ Tue, 24 Sep 2019 17:50:46 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=21584 Die tweede voorbereidingsaspek van die Hoof van Logistiek Voorbereiding, is om te sorg dat lede deeglike kennis en bystand ontvang in hul algemene voorbereiding. Onthou dat nuwe lede nie eers die basiese beginsels van voorbereiding ken nie. Wees geduldig met nuwe lede en bespreek elkeen van die aspekte van voorbereiding in spesiale sessies. Doen dit …

Hierdie artikel Logistiek 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Die tweede voorbereidingsaspek van die Hoof van Logistiek Voorbereiding, is om te sorg dat lede deeglike kennis en bystand ontvang in hul algemene voorbereiding.

Onthou dat nuwe lede nie eers die basiese beginsels van voorbereiding ken nie. Wees geduldig met nuwe lede en bespreek elkeen van die aspekte van voorbereiding in spesiale sessies. Doen dit ook gereeld sodat lede wat na die vorige voorbereidingsaanbieding aangesluit het, ook hierdie kennis kan kry.

Die voorbereidingsaspekte wat met lede behandel moet word is die volgende:

  1. Huisvoorbereiding, indien u nie kan uitbeweeg nie, (insluitend kluiskamer)
  2. Kosvoorbereiding
  3. Medikasie
  4. Watersuiwering
  5. Sekuriteit
  6. Skuiling
  7. Mobiliteit
  8. Ruilhandel, dienste, en ander komoditeite
  9. Veilige gebied inrigting
  10. Wa-Eenhede

Die doel van hierdie module is om as handleiding te dien vir optrede van logistieke personeel, asook om as riglyn te dien vir die funksionering van bestuurstrukture, aksies en optredes van logistieke personeel ter voorbereiding en uitvoering van die Suidlander Noodplan.

Die doel is dus nie om gedetaileerde inligting rakende lewensmiddele te verskaf wat deur lede in hul voorbereiding aangeskaf moet word nie. Volledige lyste van mediese items, voedsel lyste, en ander artikels kan op www.noodplan.co.za verkry word. Lede met jare se ondervinding in elke provinsie het ook mettertyd baie volledige voorbereidingslyste saamgestel.

Die Logistieke voorbereidingshoof in elke provinsie behoort volledige lyste aan te skaf, konstant op te dateer en uit te brei en tydens die relevante voorbereidingsaanbieding aan studente beskikbaar te stel.

In hierdie handleiding gee ons leiding vir die logistieke personeel om hul pligte en uitvoering daarvan te verstaan en stapsgewys daaraan te voldoen.

Huisvoorbereiding, indien u nie kan uitbeweeg nie, (insluitend kluiskamer)

Die logistieke hoof van voorbereiding het in hierdie vakgebied wat aan lede aangebied moet word die verantwoordelikheid om elke lid te laat verstaan dat u woning ingerig moet word vir moontlike lewensgevaarlike situasies binne u huis.

Die Suidlander Noodplan is geskoei op die veronderstelling dat mense spontaan en deur natuurlike reaksie, van stedelike gebiede wegbeweeg na lae populasiedigtheidsgebiede. Hierdie is ‘n tendens wat volgens navorsing in alle konfliksituasies plaasvind. Nog meer so van toepassing op minderheidsgroepe waar konflik volgens rasselyne uitbreek.

Dit is dus te verwagte dat blankes in groot getalle uit stedelike gebiede sal wegbeweeg na die platteland. Dit is daarom belangrik as logistieke hoof van voorbereiding om u lede te onderrig in die konsep van onttrekking en hoe dit logistieke en ander kritiese vermoëns sal skep. Belangrike artikels op die suidlander webwerf rakende onttrekking kan hier bespreek word.

Ons kan egter nie as logistieke hoofde die moontlikheid ignoreer dat die omstandighede van skielike anargie ons kan vaspen om nie uit ons huise of woongebied te ontsnap sonder om prontuit in moordende massas vas te loop nie. In so ‘n situasie laat dit die lid met geen keuse as om in sy huis te bly met die hoop dat plunderende massas nie toegang tot sy woning sal kry nie en ‘n konfliksituasie daar sal plaasvind nie.

Die risiko in sulke omstandighede is natuurlik uiters hoog en namate anargietoestande, rewolusionêre getalle, en afname van wetstoepassing en beheer oor massas omstandighede vererger, sal die risiko in hierdie situasie net toeneem.

Dit is uiters belangrik vir die logistieke hoof om hier te verduidelik dat elke moontlike geleentheid gebruik moet word om vyandelike gebied te verlaat. Dit is natuurlik ‘n moeilike besluit en daar moet veral in ag geneem word of anargie toestande toenemend intensifiseer, en of die geweldstoestand eerder afneem en veiligheidsmagte beheer verkry.

‘n Klein gewelddadige protestoestand kan oorwaai, en in so ‘n situasie is ‘n konfrontasie met hierdie geweldenaars ‘n hoër risiko as om uself in u woning te verberg. Die geweldstoestand kan ook toeneem, en in so ‘n situasie neem u kanse op veilige ontsnapping elke uur af. Die keuse van optrede is dus ‘n moeilike een waaroor net die lid kan besluit.

U werk as logistieke hoof van voorbereiding, en in hierdie geval huisvoorbereiding, is om die lid te bemagtig om daardie besluit op ingeligte wyse te neem. Daar is egter baie wat die lede kan doen om hulself logisties in te rig om ‘n beter kans op oorlewing te kry indien ‘n onttrekkingsituasie volgens die lid nie moontlik is nie.

Behandel op hierdie stadium van u aanbieding die Huisvoorbereidingsmodule op die kollege webblad, asook die Kluiskamer module.

Word vervolg.

Hierdie artikel Logistiek 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Ekonomiese Voorbereiding – Deel 2 https://www.suidlanders.co.za/argief/ekonomiese-voorbereiding-deel-2/ Fri, 26 Jul 2019 06:23:30 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=19624 Die volgende stappe kan geneem word om ons in hierdie tye en die tye wat kom in ‘n beter posisie te plaas: Ons het oor die jare kos voorrade opgebou, kamp toerusting aangeskaf, brandstof, medies, alles wat ons aan kon dink of bekostig. Dit sal wanneer dinge ineenstort ons in die beste posisie plaas om …

Hierdie artikel Ekonomiese Voorbereiding – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Die volgende stappe kan geneem word om ons in hierdie tye en die tye wat kom in ‘n beter posisie te plaas:

Ons het oor die jare kos voorrade opgebou, kamp toerusting aangeskaf, brandstof, medies, alles wat ons aan kon dink of bekostig. Dit sal wanneer dinge ineenstort ons in die beste posisie plaas om bestuur funksies te kan verrig vir die duisende vlugtelinge wat nie voorbereiding getref het nie. Maar wat as u in finansiële nood begin verkeer voordat hierdie ding fisiese vorm begin aanneem? Die volgende paar riglyne kan u vir sulke omstandighede in ‘n baie voordelige posisie plaas.

Begin om u psigies voor te berei vir moeilike finansiële tye. Bespreek die moontlikheid met u familie en vriende en maak seker dat u groep hierdie bedreiging verstaan en die nodige ingesteldheid begin kweek. Om iets te wagte te wees is altyd beter as om onverwags deur moeilike toestande betrap te word. Maak seker dat almal verstaan dat sulke toestande almal (of baie mense) sal raak, en dat dit nie tot u familie beperk sal wees nie. Dit is balangrik aangesien die mens in tye van swaarkry iets moet identifiseer as die oorsaak. As u familie besef dat die toestande in die land die oorsaak is, (iets buite u familie of hegte kring) sal die groep eerder saamstaan en mekaar ondersteun, as om beskuldigings of verwyte te opper.

Begin om u besteebare inkomste te vergroot deur meer werk in te neem, of om besigheid uitgawes te sny.

Begin om op huishoudelike uitgawes te sny. Kyk waar u kan bespaar. Kan ‘n paar families dalk saam op grootmaat koop? Las saam en koop ‘n bees, pleks van ‘n pakkie vleis by die Spar elke dag. Ry saam werk toe, ruil kinder klere tussen mekaar uit, stort korter, praat korter op die foon, verlaag sakgeld, gooi minder tuin nat, maak self huis skoon en wens die huishulp vaarwel, ens. Om nou te begin sal u gereed maak vir wat kan kom, en u ook met die volgende punte help.

Begin ‘n noodfonds opbou. Dit kan u doen deur besparing soos hierbo, of deur van besittings ontslae te raak. As u oorweeg het om daardie boot, ekstra, sport toerusting, vrou se ‘treadmill’, ekstra motor of enige ander wit olifante te verkoop, doen dit nou. Sodra ons ekonomiese toestande verswak sal die mark toegegooi word met artikels te koop. Almal sal dan wil ontslae raak, en niemand sal wil koop nie.

Oorweeg dat die randwaarde skielik kan versleg, of dat banke deur paniek-onttrekkings nie u geld aan u sal kan uitbetaal nie. Alhoewel baie spesifieke toestande nodig is om dit te veroorsaak, is dit goed om alle omstandighede te oorweeg. Belê ‘n bedrag in verhandelbare kommoditeite. Iets wat nie in tye van nood waarde verloor nie, of selfs in waarde toeneem. Dink goud, kos, brandstof, gas, ens. Dit kan geruil word, of vir meer verkoop word.

Begin om drastiese stappe te bespreek en u moontlik daarvoor te posisioneer. Kan u met familie of vriende ‘n huis deel? Kan u die huis verhuur en na ‘n goedkoper huurhuis trek? Kan u dalk ‘n goedkoop plattelandse eiendom koop, of solank huur en inrig? Moet u dalk nou die BMW vir ‘n Volla verruil (by wyse van spreke).

Begin om skuld met aggressie te takel, of oorweeg u situasie indien op bates beslag gelê sou word. Het u alternatiewe behuising, vervoer ens.

Laastens kan u begin om volksgenote te bemagtig. Begin om besigheid vir volksgenote te gee. Aan wie ken u daardie kontrak toe, wie doen die aanbouings by die huis, wie diens u motor, by watter winkel koop u? Die volksgenoot wat u nou ondersteun kan u weer later steun as dinge skeef loop, die volksvreemde gaan nooit weer vir u tot steun wees nie. Vir die wat dit kan bekostig, gee daardie “werkie” vir die ou in jou groep wat sukkel. Help die outjie wat nie werk het nie. In moeilike tye het ons alle volksgenote nodig, help hom nou om homself te help, en hy is dalk meer werd vir jou later.

Dit is belangrik dat ons in ‘n groep van vertrouelinge hierdie dinge sal bespreek. Die ekonomiese toekoms mag ons dwing om baie radikale stappe te neem tot oorlewing. Wat nou as verregaande mag voorkom kan baie vinnig ‘n realiteit raak. Posisioneer uself en u geliefdes daarvoor, u skuld hulle dit.

Hierdie artikel Ekonomiese Voorbereiding – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Ekonomiese Voorbereiding – Deel 1 https://www.suidlanders.co.za/argief/ekonomiese-voorbereiding-deel-1/ Thu, 25 Jul 2019 17:20:08 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=19619 Ons ekonomiese vooruitsigte was nog nooit so sleg soos nou met die impak wat grondonteiening op die ekonomie gaan hȇ nie. Behalwe vir voedselsekerheid en ‘n enorme impak op die ekonomie van die landboubedryf, gaan gekonfiskeerde plase se eienaars nie meer banklenings kan diens nie. Die impak wat dit op die bankwese sal hȇ, asook …

Hierdie artikel Ekonomiese Voorbereiding – Deel 1 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Ons ekonomiese vooruitsigte was nog nooit so sleg soos nou met die impak wat grondonteiening op die ekonomie gaan hȇ nie. Behalwe vir voedselsekerheid en ‘n enorme impak op die ekonomie van die landboubedryf, gaan gekonfiskeerde plase se eienaars nie meer banklenings kan diens nie. Die impak wat dit op die bankwese sal hȇ, asook die beleggersvertroue wat skade gaan lei, gaan drastiese implikasies vir die ekonomie inhou.

Suid-Afrika het oor die laaste byna drie dekades ook ander ongunstige ekonomiese groeitoestande beleef:

Die uiters hoë vlakke van korrupsie en onkundigheid in die staatsdiens het beleggersvertroue geskend en kapitaal wat broodnodig is vir groei, vloei na ander lande pleks van Suid-Afrika.

Arbeidswetgewing maak dit moeilik vir besighede om hul arbeidsmag te beheer, en kies dus ander lande om in te investeer, of brei eenvoudig nie uit nie.

Stakings het enorme inkomste verliese tot gevolg, en dwing in baie gevalle werkgewers om nie-markrelevante loonverhogings toe te staan.

Stakings in sleutel sektore laat ook baie besighede sonder dienste of produkte wat hul benodig vir produksie.

SA se onbestendige elektriese voorsiening verlaag produksie en dienslewering in die privaat sektor.

Streng immigrasie wetgewing hou goedkoop kundigheid weg, terwyl daar byna geen wetstoepassing op swart onwettige immigrante is nie. Hierdie swart ongeskoolde arbeid verhoog dan die druk op werkloosheid en verhoog misdaad.

Verhoogde misdaadsyfers het weer ‘n invloed op investering, asook op stabiliteit en dit verhoog die druk op die regering se sosiale toelae besteding – om net ‘n paar te noem.

Hierdie is net ‘n paar toestande wat tans die ekonomiese groei in SA smoor. Hierby word daar nou al meer op ekonomiese transformasie gefokus. Die regering is al meer onder druk om die ekonomiese sektor wat nog in blanke hande is aan die swart massa beskikbaar te stel, daarom word dit as ‘n radikale grond en eiendom transformasieproses beskryf. Ons weet nog nie wat hierdie radikale stappe alles gaan wees nie, maar ons moet verwag dat u blanke belange nie die begunstigde gaan wees nie.

Hierdie toestande sal natuurik net verdere negatiewe ekonomiese toestande tot gevolg hê. Aangesien die diensrekord van die ANC kaders oor die laaste byna 3 dekades met woorde soos onbevoegdheid, nepotisme, bedrog, onkundig, geldgierig, haatlik teenoor blankes, ens. die beste beskryf kan word, kan daar verwag word dat die situasie nie deur hulle na positief omgekeer sal word nie.

Ons weet ook dat hierdie toestande iewers tot fisiese geweld gaan oorspoel, maar hoe swaar gaan ons moet trek voor dit gebeur? Dinge sal op finansiële front met rasse skrede verswak indien ‘n nasionale gewelddadige toestand om welke rede uitgestel kan word. As ons dus nie grootskaalse anargie sien opvlam in die nabye toekoms nie, sal ons die finansiële krane sien flouer tap, en hiervoor is ‘n spesiale tipe voorbereiding nodig. Ons bespreek more in Deel 2 watter stappe geneem kan word.

Hierdie artikel Ekonomiese Voorbereiding – Deel 1 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Simon Roche op Infowars saam met David Knight https://www.suidlanders.co.za/argief/simon-roche-op-infowars-saam-met-david-knight/ Tue, 23 Jul 2019 11:22:46 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=25711 [fusion_builder_container hundred_percent=”no” hundred_percent_height=”no” hundred_percent_height_scroll=”no” hundred_percent_height_center_content=”yes” equal_height_columns=”no” menu_anchor=”” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” status=”published” publish_date=”” class=”” id=”” background_color=”” background_image=”” background_position=”center center” background_repeat=”no-repeat” fade=”no” background_parallax=”none” enable_mobile=”no” parallax_speed=”0.3″ video_mp4=”” video_webm=”” video_ogv=”” video_url=”” video_aspect_ratio=”16:9″ video_loop=”yes” video_mute=”yes” video_preview_image=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” margin_top=”” margin_bottom=”” padding_top=”” padding_right=”” padding_bottom=”” padding_left=””][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ spacing=”” center_content=”no” link=”” target=”_self” min_height=”” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” class=”” id=”” background_color=”” background_image=”” background_image_id=”” background_position=”left top” background_repeat=”no-repeat” hover_type=”none” border_size=”0″ …

Hierdie artikel Simon Roche op Infowars saam met David Knight het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
[fusion_builder_container hundred_percent=”no” hundred_percent_height=”no” hundred_percent_height_scroll=”no” hundred_percent_height_center_content=”yes” equal_height_columns=”no” menu_anchor=”” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” status=”published” publish_date=”” class=”” id=”” background_color=”” background_image=”” background_position=”center center” background_repeat=”no-repeat” fade=”no” background_parallax=”none” enable_mobile=”no” parallax_speed=”0.3″ video_mp4=”” video_webm=”” video_ogv=”” video_url=”” video_aspect_ratio=”16:9″ video_loop=”yes” video_mute=”yes” video_preview_image=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” margin_top=”” margin_bottom=”” padding_top=”” padding_right=”” padding_bottom=”” padding_left=””][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ spacing=”” center_content=”no” link=”” target=”_self” min_height=”” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” class=”” id=”” background_color=”” background_image=”” background_image_id=”” background_position=”left top” background_repeat=”no-repeat” hover_type=”none” border_size=”0″ border_color=”” border_style=”solid” border_position=”all” border_radius=”” box_shadow=”no” dimension_box_shadow=”” box_shadow_blur=”0″ box_shadow_spread=”0″ box_shadow_color=”” box_shadow_style=”” padding_top=”” padding_right=”” padding_bottom=”” padding_left=”” margin_top=”” margin_bottom=”” animation_type=”” animation_direction=”left” animation_speed=”0.3″ animation_offset=”” last=”no”][fusion_youtube id=”https://youtu.be/LNmRedGnCv4″ alignment=”” width=”” height=”” autoplay=”false” api_params=”” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” class=”” css_id=”” /][/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]

Hierdie artikel Simon Roche op Infowars saam met David Knight het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Wat Staan U Te Doen? – Deel 4 https://www.suidlanders.co.za/argief/wat-staan-u-te-doen-deel-4/ Mon, 29 Apr 2019 06:17:07 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=14576 In die laaste deel in hierdie reeks, kyk ons na wat u te doen staan om uself in ‘n beter posisie te plaas met die verwagting van komende anargie en rassekonflik in Suid Afrika. Die bestuursstrukture is in plek, terreine geïdentifiseer, roetes beplan, en tientalle ander aspekte is oor die jare afgehandel. Die laaste sleutel …

Hierdie artikel Wat Staan U Te Doen? – Deel 4 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
In die laaste deel in hierdie reeks, kyk ons na wat u te doen staan om uself in ‘n beter posisie te plaas met die verwagting van komende anargie en rassekonflik in Suid Afrika.

Die bestuursstrukture is in plek, terreine geïdentifiseer, roetes beplan, en tientalle ander aspekte is oor die jare afgehandel. Die laaste sleutel is wat u nou te doen staan.

Elke blanke in Suid Afrika behoort eerstens in te skakel by die Suidlander Noodplan deur ‘n leier in u area te kontak en aktief te begin deelneem, of indien u verkies, deur elektronies op noodplan.co.za in te teken. Deur dit te doen sal u op hoogte kom van die beweegrigting tydens ‘n noodsituasie, die roetes wat hiervoor beplan is, en die bymekaarkompunte van waar daar in groter getalle na latere fases beweeg kan word.

Verder is dit van karidinale belang dat u logisties onafhanklik kan funksioneer na ‘n vlugtelingsituasie plaasgevind het. Die tydperk waarvoor u moet voorberei is vir almal ‘n grys area. Meeste mense hoop vir ‘n jaar maar baie brei dit dan uit na tot 3 jaar. Dit mag dalk na ‘n onbegonne taak lyk, maar as u die inligting wat ons tot u beskikking stel volg, sal u sien dat dit oor ‘n tyd maklik haalbaar is. Hierdie voorbereiding gaan ons nie vandag in detail bespreek nie, aangesien dit volledig op noodplan.co.za beskikbaar is.

In kort kom dit neer op genoeg brandstof sodat u ‘n duisend of meer kilometer kan ry. Basiese behuising soos ‘n tent of karavaan, kos, medies, en watervoorsiening. Talle ander voorbereidingswenke word in meer detail op noodplan.co.za beskryf.

Hierdie gedeelte is waar u u kant moet bring ter voorbereiding van ‘n toestand van anargie. Hierdie voorbereiding gaan nie net verseker dat u kanse op oorlewing drasties verhoog nie, maar maak u ook aanwendbaar binne die bestuurstrukture. Dit opsigself sal u en u geliefdes in ‘n baie gunstiger posisie plaas. Dit sal ons ook in staat stel om meer vlugtelinge wat onvoorbereid deur so ‘n vlugtelingsituasie gaan, te ontvang en logisties te ondersteun.

In so ‘n tyd van nasionale konflik, is dit belangrik vir ons eie sekuriteit as ‘n volk om elke vlugteling aanwendbaar te maak wanneer verdedigingsaksies nodig sou raak. Skakel in by die Suidlander Noodplan en doen u deel vir die beste kans op oorlewing.

Hierdie artikel Wat Staan U Te Doen? – Deel 4 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Wat Bied Die Noodplan – Deel 3 https://www.suidlanders.co.za/argief/wat-bied-die-noodplan-deel-3/ Sat, 27 Apr 2019 08:47:48 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=14568 In die vorige twee artikels, het ons gekyk na die toestande wat mag volg weens risiko toestande in Suid Afrika, en ook wat onstabiliteit regtig beteken. Die vraag nou is, watse opsies is daar vir ons? ‘n Span mense het oor die afgelope twaalf jaar begin om ‘n noodplan saam te stel om spesifiek hierdie …

Hierdie artikel Wat Bied Die Noodplan – Deel 3 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
In die vorige twee artikels, het ons gekyk na die toestande wat mag volg weens risiko toestande in Suid Afrika, en ook wat onstabiliteit regtig beteken. Die vraag nou is, watse opsies is daar vir ons?

‘n Span mense het oor die afgelope twaalf jaar begin om ‘n noodplan saam te stel om spesifiek hierdie toestande aan te spreek. Die eerste belangrike punt om te verstaan, is dat die Suidlander Noodplan ontwerp is om die blanke gemeenskap in ‘n vlugtelingsituasie te bemagtig deur ‘n bestuursvermoë op te rig sodat daar steeds, na anargie uitgebreek het, aan lewens- en logistieke behoeftes voorsien kan word.

In ‘n vlugtelingsituasie en in bykans enige humanitêre krisis, is dit nie die panga en die AK-47 wat mense laat omkom nie. Alhoewel sulke aanvalle tipies van onstabiliteit in Afrika is, is dit gewoonlik die onvermoë van vlugtelinge om hulself te organiseer en deur middel van strukture aan daardie behoeftes te voorsien, wat die meeste lewens kos.

Alhoewel die Suidlander Noodplan as ‘n onttrekkingsplan bekendstaan, is dit ook nie ‘n beplande modus operandi van die Suidlander Noodplan om te onttrek nie. ‘n Onttrekkings-, of vlugtelingsituasie geskied natuurlik. Dit plaas lang afstande tussen die vlugteling en die aggressor wat ‘n effektiewe kontakvermydingsstrategie is.

Die arm swart massas sal moeiliker met lang logistieke lyne ‘n konfliksituasie kan uitlok indien die blanke vlugtelingpopulasie na ver geleë plattelandse gebiede uitwyk. Dit skep ook die geleentheid vir die vlugteling om te organiseer, hergroepeer, en homself te bemagtig vir verdedigingsaksies en om daardie logistieke behoeftes aan te spreek.

Die bogenoemde is dalk slegs ‘n enkele paar paragrawe, maar dit behels jare se beplanning, opleiding, en voorbereiding, asook duisende aktiewe personeellede wat goed ingerig is om hierdie Noodplan inisiatief suksesvol uit te voer.

Dit word aan u beskikbaar gestel teen geen koste. Dit sal in die huidige politiese, ekonomiese en sosiale klimaat uiters onverantwoordelik wees om nie soveel as moontlik van u geliefdes hierby te laat inskakel nie.

Volgende keer lees ons wat van u kant af gedoen moet word om u en u geliefdes die beste kans op oorlewing te gee

Hierdie artikel Wat Bied Die Noodplan – Deel 3 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Wat Is Die Effek Van Onstabiliteit – Deel 2 https://www.suidlanders.co.za/argief/wat-is-die-effek-van-onstabiliteit/ Fri, 26 Apr 2019 07:16:12 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=14562 Gister het ons gekyk na hoe afhanklik die Suid Afrikaanse samelewing aan infrastruktuur en stelsels is. Gereeld hoor ons dat mense praat van onstabiliteit sou daardie stelsels en infrastruktuur in duie stort. Vandag vra ons die vraag: Hoe lyk dit as onstabiliteit in Suid Afrika sou voorkom? Die beste om dit te verstaan is om …

Hierdie artikel Wat Is Die Effek Van Onstabiliteit – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Gister het ons gekyk na hoe afhanklik die Suid Afrikaanse samelewing aan infrastruktuur en stelsels is. Gereeld hoor ons dat mense praat van onstabiliteit sou daardie stelsels en infrastruktuur in duie stort. Vandag vra ons die vraag: Hoe lyk dit as onstabiliteit in Suid Afrika sou voorkom?

Die beste om dit te verstaan is om te kyk na wat dit in die sosiale optrede en politiese oortuigings van ‘n groot arm populasie sou veroorsaak indien onstabiliteit voorkom. Wanneer ons kyk na gewelddadige protesaksie, word paaie geblokkeer en gewelddadige optrede soos plundering van winkels en die brand van voertuie en eiendom kom gereeld voor.

Hierdie optrede verteenwoordig onstabiliteit in ‘n spesifieke klein area, soos bv. ‘n universiteit of ‘n woongebied waarin daardie protesaksie voorkom. Wanneer dienste, voedselvoorsiening, watervoorsiening, sosiale onrus, ensovoorts egter op nasionale skaal voorkom, is daardie gewelddadige protesaksie iets wat regoor die hele Suid Afrika, en veral in groot stede voorkom, nie net meer geïssoleerd nie.

Wanneer infrastruktuur en beheer oor massas totaal verval op nasionale vlak, is daar letterlik geen area in bewoonde gebiede waar ‘n mens sou kon beweeg sonder om in konflik te kom met hierdie gewelddadig optrede nie.

Hierby kan natuurlik dan ook ‘n politiese motief bygevoeg word. Wanneer mense in so ‘n tyd besluit dat hulle teen die regering of teen ‘n ander faksie wil draai, sal daar grootskaalse gewelddadige konflik tussen faksies plaasvind. Dit gaan gepaard met die behoefte aan water, kos en ander lewensmiddele. Die oomblik wanneer groot groepe mense hierdie ernstige behoefte begin beleef, breek daar gewoonlik geweld uit vir die oorlewing van groepe. Wedywering tussen faksies veroorsaak dat nasionale gewelddadige optrede ten tye van onstabiliteit vinnig in ‘n burgoorlog tipe konflik ontaard.

In ons geval is dit logies om af te lei dat miljoene arm swartmense die logiese afleiding sal maak dat hierdie lewensmiddele beskikbaar is in ryker woongebiede. Hierdie ryker woongebiede is noodwendig dan waar die blanke middelklas woon. Dit sal veroorsaak dat die konflik wat tussen faksies plaasvind, ontaard in ‘n rassekonflik. In hierdie geval ‘n konflik vir die vekryging en behoud van belangrike lewensmiddele van kos, water, behuising, ens.

Ons sien ook in SA dat daar baie hoë vlakke van rasse polarisasie is. Oor die afgelope 20 jaar het politici dit duidelik gestel dat die armoede wat voorkom, grotendeens toe te skryf is aan die blanke bevolking wat ekonomiese vooruitgang vir swartes kniehalter en self beheer hou van die ekonomie. Daar word vrylik van wit kapitaal monopolie gepraat, en die veronderstelling onder die arm swart bevolking is dat hierdie armoede dan die oorsaak van blanke beheer en besitlikheid is. Dit bring ‘n politiese- en emosioneelgedrewe konflik tot stand. In so ‘n tyd sal swartmense hulle frustrasie, woede en emosie d.m.v gewelddadig konflik op die blankedom uithaal omdat dit dan ‘n rasse-konfliksituasie is.

SA het ‘n baie hoë populasiedigtheid van ongeveer 49 persone per vierkante kilometer. Dit beteken dat, wanneer lewensmiddele opgebruik of geplunder word in stede waar populasiedigtheid baie hoog is, mense deur honger en dors en die behoefte aan ander lewensmiddele gedryf sal word na die platteland waar dalk nie verwerkte voedselprodukte voorkom nie, maar daar steeds lewende hawe en graansilos voorkom. Op die platteland is ook natuurlike hulpbronne wat ‘n groot aantrekkingskrag vir hierdie behoeftige massas sal wees. Dit beteken dat daar letterlik geen area in SA sal wees waar mense nie sal opdaag om op een of ander manier hul hande op hierdie lewensmiddele te kry nie.

Soos u kan sien is die implikasie van die woord onstabiliteit baie groter as wat mense besef. Wanneer dit plaasvind, plaas dit dadelik baie groepe in konflik met mekaar en wedywering vir oorlewing maak dit baie meer gewelddadig as wat meeste mense besef.

Die volgende vraag is wat staan mense te doen, sou hierdie situasie in SA plaasvind. Kom ons lees môre verder.

Hierdie artikel Wat Is Die Effek Van Onstabiliteit – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>