Generaal Michael Ramatswana, Hoof van Militêre beleidstrategie en beplanning by die SA Weermag, waarsku dat die beperkte begroting van die weermag veroorsaak het dat daar ‘n ernstige tekort aan sekerheid is by basisse “The required minimum physical security technologies for sensitive units or facilities have become critical to serve as a force multiplier and a deterrent measure to support the safety of guard personnel as well as the hardening of the security infrastructure of military headquarters, operational rooms, offices where classified information is stored, information and communication centres, as well as logistical and weapon depots/stores.” Volgens hom word die 825 militêre eenhede in Suid Afrika erg geplunder en besteel.

Die haglike toestand waarin ons weermag verkeer is ‘n groot bron van kommer. Die weermag wat nie eers sy eie basisse kan beskerm en beveilig nie, staan geen kans om grootskaalse anargie te bestuur of stabiliteit te bereik nie.

Hierby is die lae vlakke van dissipline in die weermag ‘n risiko dat lede hul pligte sal versuim en aan plundering deelneem. Die aansluitende risiko hierby is dat weermagbasisse kwesbaar en ontbloot sal staan wanneer rewolusionêres hulself wil bewapen. Groot groepe sal eenvoudig by basisse kan instap en vat wat hulle begeer.

Hierdie risiko hou soveel gevaar vir die blanke minderheid in, dat mens kan argumenteer dat die verval in die Suid Afrikaanse weermag doelbewus tot voordeel van die rewolusionêr plaasgevind het.