In die vorige twee artikels in die reeks het ons gekyk na hoekom daar anargie te wagte kan wees, asook in die tweede artikel, hoe daardie anargie sal lyk.

Nou gaan ons in kort bespreek wat u te doen staan om oorlewing van u familie te verhoog.

Onthou dat hierdie informasie in detail beskikbaar is op ons noodplan.co.za webwerf vir betaalde lede. Die eerste stap is om ‘n leier in u area te kontak en toe te sien dat u u groeplede ontmoet. Hulle sal u op datum bring van roetes wat uit u spesifieke woongebied beplan is, en waar bymekaarkompunte vir lede is.

Dan moet u begin met voorbereiding. Gaan lees gerus meer oor volledige voedsel-, kamp- mediese, watersuiwering-, ens voorbereiding. (Kontak [email protected] vir bestelling van Watersuiweringsdruppels) Vir lede om voorbereid te wees om vir ‘n jaar plus onafhanklik te kan oorleef is van karinale belang. Dit stel die Suidlander Noodplan inisiatief in staat om u aan te wend in ons strukture om vlugtelingbeheer te kan toepas na anargie uitgebreek het.

Indien u nie voorbereid is nie, sal u soos vlugtelinge net die basiese ontvang om mee te oorleef, en sal u nie aanwendbaar wees om deel van die bestuur te vorm nie. Registreer ook op die web om deel te vorm van ons noodwaarskuwingstelsel. Dit beloop slegs R69 vir ‘n familie. Daarna sal u toegang tot die kollege en noodplan.co.za webwerwe kry, asook ‘n Suidlander toegangskaart wat getoon moet word by ontvangspunte na ‘n vlugsituasie ontstaan het.

Gesels met u vriende en familie, die Suidlander Noodplan is die ark wat u en u geliefdes kan beskerm teen die vloed van geweld wat kom. Kom aan boord voor die deure toemaak.