Ons het sopas gesien dat ‘n staatsgreep suksesvol deur die Zimbabwe se weermag in Zimbabwe uitgevoer is. Hou in gedagte dat ‘n staatsgreep ‘n onwettige magsoorname met geweld is. Dit maak nie hier saak of ons van Robert Mugabe hou of nie, hy was demokraties, gekose die president van Zimbabwe.

Die internasionale gemeenskap, Suid Afrika, die blanke geldmag, en opinievormers het ‘n morele en wettige plig om die staatsgreep te veroordeel en te vra vir AU en SAOG (Suid Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap) ingryping. Pleks daarvan, sien ons dat die blanke liberales deur hul mediamasjien ‘n opgewonde positiwiteit oor die hele aangeleentheid publiseer.

Hierdie is ‘n baie eienaardige optrede, veral gesien in die lig dat die liberale geldmag homself herhaaldelik na die regsbank wend om sy doel te bereik. Skielik, in hierdie geval, is ‘n onwettige staatsgreep aanvaarbaar.

Die motief hiervoor is nie net die afkeur wat almal in Mugabe se regeringstyl het nie. Is diefstal skielik aanvaarbaar as ons van die dief hou, of as die slagoffer onpopuler is? Is volksmoord op ‘n slegte volk toelaatbaar? Dit is letterlik wat nou hier afspeel.

Die motiewe is veel meer dieper en duister as wat u dink. Dit gaan alles oor die skepping van ‘n narratief. Die konsep dat ‘n slegte leier deur ‘n staatsgreep onttroon mag word moet nou geskep word in die psige van die Suid Afrikaanse en wêreld gemeenskap. Hulle gaan so vêr as om in ‘n Fin24 artikel deur Daniel Silke te waarsku dat die suksesvolle staatsgreep in Zimbabwe hoop skep by ontevrede Suid Afrikaners, dat Zuma op dieselfde manier onttroon kan word.

Hierdie narratief wat deur die komende Doringbosregering geskep word, het een doel voor oё, om die weg te baan vir hul eie staatsgreep poging teen die ANC. Om dit nou te regverdig skep die presedent wat nodig is wanneer hulle in die toekoms die ANC as nie-legitiem verklaar en ‘n tussentydse regering oprig. As hulle nie sulke planne gehad het nie, sou elke koerant die Zim staatsgreep met geen onseker terme veroordeel het nie.

Soos gewoonlik gee die blanke geldmag en liberale rolspelers hulle spelplan weg.