Hoekom Suidlanders Archives - Suidlanders https://www.suidlanders.co.za/argief/kategorie/hoekom-suidlanders/ Knegte van die Allerhoogste teen die wêreld vry Thu, 17 Oct 2019 18:44:39 +0000 af-ZA hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.5.2 https://www.suidlanders.co.za/argief/wp-content/uploads/2016/07/icon-32x32.png Hoekom Suidlanders Archives - Suidlanders https://www.suidlanders.co.za/argief/kategorie/hoekom-suidlanders/ 32 32 Logistiek 24 – Sanitasie https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-24-sanitasie/ Tue, 15 Oct 2019 18:04:00 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22730 Sanitasie word, soos met water- en kragvoorsiening, op verskillende vlakke van skaal uitgevoer. Hier hang dit af, soos met ander gevalle ook, hoe groot die gemeenskap is wat bedien moet word, asook die infrastruktuur wat reeds bestaan by ‘n area van verblyf. Op geen stadium, tensy daar vir ‘n baie kort tyd soos bv. een …

Hierdie artikel Logistiek 24 – Sanitasie het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Sanitasie word, soos met water- en kragvoorsiening, op verskillende vlakke van skaal uitgevoer. Hier hang dit af, soos met ander gevalle ook, hoe groot die gemeenskap is wat bedien moet word, asook die infrastruktuur wat reeds bestaan by ‘n area van verblyf.

Op geen stadium, tensy daar vir ‘n baie kort tyd soos bv. een aand oorgebly word, mag rou riool in die ope gelaat word nie. By plaas kampplekke waar klein hoeveelhede families by plaasopstalle aanbly, moet daar so spoedig as moontlik puttoilette gegrawe word.

Hierdie puttoilette moet bedek word met ongeveer dertig sentimeter grond om reuke te bekamp en rou riool weg te hou van vlieë en ander insekte. Maak ook seker dat dwarslêers wat oor die gat geplaas word stewig genoeg is sodat dit nie ‘n veiligheidsrisiko vir mense inhou nie. Probeer ook dat spoeltoilette gebruik word waarna die riool na hierdie putte kan vloei. Dit is belangrik aangesien toilette ‘n waterklep vorm sodat reuke, gasse en insekte nie toegang kan kry tot die rioolarea nie.

Oop puttoilette hou gesondheidsrisikos in vanweë die oop ruimte wat dit laat na die rioolarea. By fasiliteite waar daar reeds spoeltoilette bestaan wat na opgaarputte vloei moet daar vroeg reeds begin word met die grou van verdere putte sodat spoeltoilette daarheen gekanaliseer kan word wanneer bestaande putte vol raak. Dit kan vinnig gebeur aangesien sulke rioleringsfasiliteite nie voorsiening maak vir groot hoeveelhede mense nie. Kry ook vroeg reeds ‘n metode om die rioolvlak te monitor sodat daar opgetree kan word voordat putte begin oorloop. Puttoilette wat oorloop kan vinnig ernstige gesondheidsimplikasies inhou.

Indien daar geen spoeltoilet fasiliteite beskikbaar is nie en slegs van oop puttoilette gebruik gemaak kan word moet hierdie riool gereeld met kalk of as bedek word. Die toiletarea kan ook bedek word om vlieë en brommers uit te hou. Hou hierdie toiletgeriewe uiters skoon aangesien higiëne ‘n verhoogde risiko inhou in oorlewingsomstandighede.

Toiletgeriewe behoort meer as 100 meter van enige kampgeriewe geplaas te word. Hou in gedagte dat sulke geriewe nie op laagliggende gebiede geleë mag wees nie en vêr van natuurlike waterweë afgegrou moet word.

Indien chemikalieë gebruik word in enige rioleringsproses moet daar fyn gelet word of daardie chemikalieë bio-afbreekbaar is. Indien nie kan skadelike besmetting van die area plaasvind.

Waar groter gemeenskappe bymekaarkom en waar rioleringsfasiliteite deur middel van gesentraliseerde aanlegte bedien word, is hierdie afdeling effens kompleks. Klein dorpies in die platteland het verskillende tipes aanlegte. Enkeles funksioneer op ‘n gravitasie vloeisisteem met ‘n natuurlike bio-afbrekingsproses. Sulke rioleringsaanlegte se grootste uitdaging tydens anargie sal die beskikbaarheid van water wees.

Skakel met departement Water in daardie dorpsgebied om hierdie uitdagings te bespreek. ‘n Tekort aan watervoorsiening by huise en ander fasiliteite van verblyf sal veroorsaak dat minder water as wat nodig is beskikbaar sal wees om spoeltoilette effektief te laat spoel. Hierdie tekort sal die gemiddelde digtheid van riool verhoog en dus die vloei daarvan beperk. Dit kan blokkasies veroorsaak wat langtermyn skade aan ‘n rioolstelsel kan aanrig. Implementeer planne om eerder grys water by toiletfasiliteite beskikbaar te hê voordat hierdie fasiliteite met te min water gebruik word.

By dorpe waarvan rioolverwerking van pompstasies en gemeganiseerde verwerkingsaanlegte gebruik maak is die grootste uitdaging konstante kragtoevoer. Dit is uiters belangrik dat hierdie fasiliteite deel vorm van noodsaaklike dienste wat van krag voorsien moet word. Sommige dorpsgebiede het rugsteun kragopwekkingsfasiliteite asook dieselvoorrade. Vind so spoedig moontlik uit of dit wel beskikbaar is en bereken hoe lank hierdie fasiliteite met die beskikbare brandstof sal kan funksioneer.

Indien verwerking van riool nie moontlik is in ‘n groter gemeenskap nie, behoort die gebruik van spoeltoilette in die gemeenskap onmiddelik gestaak te word. Dit geld veral waar rioolpype naby aan natuurlike hulpbronne geleë is en waar rioolmorsing waterbesoedeling kan veroorsaak.

Om spoeltoilette gebruik onmiddelik te staak kan watertoevoer dadelik afgesny word. Indien water by ‘n sentrale punt met houers gehaal kan word sal dit te skaars wees om in spoeltoilette te gebruik. Daar behoort in sulke gevalle ook aangekondig te word dat spoeltoilette nie gebruik mag word nie. Inwoners moet dan onmiddelik putte grawe en spoeltoilette se afvoerpype daarheen laat lei. Indien alle spoeltoilette omskep is om na putte te lei, kan watertoevoer weer oopgemaak word.

Hou in gedagte dat rioolputte wat met konkruit gebou is nie in die grond kan wegdrein nie en moet  fisies leeg gepomp word. Putte wat in rou grond gegrawe is het ‘n dreineringsvermoë en kan langer gebruik word sonder die risiko van oorloop. ‘n Ontbindingsproses in sulke putte raak effektief ontslae van soliede riooldele.

In groter dorpe en waar groter getalle mense in ‘n hoë digtheid saamwoon kan die gebrek van rioleringsfasiliteite ernstige gesondheidsrisikos inhou. In sulke dorpsgebiede vereis instandhouding van die rioolstelsel veel meer arbeid en aandag. In sulke gebiede kan die bestaande munisipale personeel steeds aangewend word. Aangesien alle stelsels (waaronder bankstelsels ook tel) in tye van anargie ineenstort en nie meer funksioneer nie kan werkers nie geldelike betalings ontvang vir dienste of arbeid nie. Tydens anargie sal daar dus nie betaling geskied vir normale werksfunksies nie. Skakel reeds vroeg met die nodige departemente soos Logistiek om reëlings te tref vir logistieke voorsiening as betaling vir mense wat in diens bly vir die behoud van kritiese dienste in so ‘n gebied.

Hierdie artikel Logistiek 24 – Sanitasie het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 23 – Deel 2 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-23-deel-2/ Mon, 14 Oct 2019 05:32:43 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22611 Hou die volgende in gedagte om te bepaal hoe watervoorsiening gaan funksioneer. Die ligging van waterbronne vanaf die punte van verspreiding. Die hoeveelheid water wat beskikbaar is vir die ledetal wat bedien moet word. Die vermoë om water af te lewer teenoor die praktiese vermoë van lede om te kollekteer. Die materiële koste van water …

Hierdie artikel Logistiek 23 – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>

Hou die volgende in gedagte om te bepaal hoe watervoorsiening gaan funksioneer.

  • Die ligging van waterbronne vanaf die punte van verspreiding.
  • Die hoeveelheid water wat beskikbaar is vir die ledetal wat bedien moet word.
  • Die vermoë om water af te lewer teenoor die praktiese vermoë van lede om te kollekteer.
  • Die materiële koste van water teenoor die vermoë van lede om daardie koste te dek.
  • Die gebruik van bruin waterbronne vir wasgeriewe om kostes te bespaar.

Afdeling “Watervoorsiening” moet die volgende dienste addisioneel tot lede kan voorsien:

  • Voorsiening van water by hoofkantoor.
  • Voorsiening van water vir wegneem deur dienste wat buite die kampe gelewer word.
  • Voorsiening van water aan vlugtelinge in oorleg met die afdeling “Vlugteling kamp dienste”.
  • Opgaar van watervoorraad in oorleg met kampbestuur en in lyn met aanbevelings van die adviesraad.

Waterbeperkings

Onthou dat waterbeperkings ‘n baie noodsaaklike beplanningsaspek van die afdeling “Water

voorsiening” is. Alhoewel dit ‘n groot impak op lewensgehalte het moet die besluite t.o.v.

waterbeperkings streng deur personeel toegepas word, en deur lede gerespekteer word. Waterbeperking sal somtyds ingestel word selfs al wil dit voorkom of meer water beskikbaar is. Dit is belangrik om altyd redes vir sulke beperkings aan lede bekend te maak om sodoende ‘n positiewe gesindheid onder lede te behou.

Die volgende kan redes vir waterbeperkings wees.

  • ‘n Tekort aan water.
  • Die oormatige slytasie op pompe en masjinerie waar onklaarraking ernstige gevolge kan hê.
  • Die noodsaaklikheid van besproeiingswater en water vir lewende hawe.
  • Waar water voorraad opgeberg moet word.
  • Die tyd beskikbaar om water te pomp of te stoor.
  • Die beperkings op windpompe en natuurlike bronne.
  • Die koste van waterproduksie en aflewering of optel.

Die volgende is moontlike nadele van waterbeperkings:

  • Die aftakelende effek op sanitasie en higiëne.
  • Die medies en gesondheids- implikasies
  • Die beperkende effek op berging van water
  • Die afbrekende emosionele effek op lede.

Hierdie artikel Logistiek 23 – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 23 – Deel 1 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-23-deel-1/ Sun, 13 Oct 2019 15:34:17 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22580 Water Die bestuur van watervoorsiening geskied soos met krag op verskillende vlakke. Dit begin op ‘n primitiewe en eenvoudige vlak waar groepe op plase vertoef, maar brei dan ook uit na groter skaal waar dorpe se watervoorsiening bestuur moet word en daarna ook totale gebiede wat gesentraliseerde watervoorsieningsisteme gebruik. Watervoorsiening is uiters afhanklik van elektrisiteitbeskikbaarheid …

Hierdie artikel Logistiek 23 – Deel 1 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Water

Die bestuur van watervoorsiening geskied soos met krag op verskillende vlakke. Dit begin op ‘n primitiewe en eenvoudige vlak waar groepe op plase vertoef, maar brei dan ook uit na groter skaal waar dorpe se watervoorsiening bestuur moet word en daarna ook totale gebiede wat gesentraliseerde watervoorsieningsisteme gebruik.

Watervoorsiening is uiters afhanklik van elektrisiteitbeskikbaarheid en daar moet dus in die beplanningsfase van die bestuur van watervoorsiening beide scenarios in ag geneem word. Eerstens waar krag beskikbaar is moet water volgens bestaande sisteme gesuiwer, gepomp en afgevoer kan word terwyl waterbesparingsregulasies vasgestel en ingestel kan word.

Tweedens sal water uiters skaars en kosbaar raak indien elektrisiteit nie beskikbaar is nie. In sulke gevalle sal water gerantsoneer moet word na gelang van die beskikbaarheid daarvan. Indien gemeenskappe afhanklik is van spoelsanitasiegeriewe, en veral in dorpsgebiede waar riolering gesentraliseerd plaasvind, verander die bestuurstegnieke egter drasties.

Indien gesentraliseerde rioleringstelsels onklaar raak weens welke rede ookal, maar veral weens ‘n tekort aan kragvoorsiening, moet watervoorsiening aan huise onmiddelik gestaak word. Dit dien as voorsorgmaatreël dat spoeltoilette nie verder gebruik kan word nie aangesien dit oorspoeling van rou riool by die suiweringsaanlegte sal veroorsaak. Dit sal op sy beurt weer veroorsaak dat natuurlike waterbronne besoedel word aangesien rioleringsaanlegte byna sonder uitsondering op laagliggende gebiede geleë is wat ook naby aan waterbronne lê.

Hierdie maatreël om rioolmorsing by aanlegte te voorkom hou ook nuwe gevare vir rioleringstelsels in deurdat mense steeds spoeltoilette sal gebruik maar met minder as die nodige hoeveelheid water wat dit benodig om af te spoel. Dit kan veroorsaak dat die digtheid van rou riool te hoog raak en nie effektief in pype kan vloei nie wat dan opeenhoping en verstopping kan veroorsaak. Om dit te voorkom moet mense dadelik in kennis gestel word dat spoeltoilette nie gebruik mag word nie en dat put               toilette so vinnig as moontlik buite huise gegrou moet word.

Waar dit moontlik is, kan spoeltoilette binne huise eenvoudig na ‘n put buite die huis gelei word om te voorkom dat riool na rioleringsaanlegte toe vloei. Hierdie maatreëls is uiters belangrik aangesien die werking tussen krag, water en riool ernstige sanitasie- en higiëneprobleme kan veroorsaak en gesondheidsrisikos drasties verhoog.

Op ‘n kleiner en eenvoudiger skaal sal elke plaasgemeenskap ‘n verantwoordelike persoon moet aanwys om beplanning rondom watervoorsiening in te stel.

Met die voorsiening van water is daar twee tipes water wat aan plaasgemeenskappe voorsien kan word.

  • Blouwater, en
  • Bruinwater.

Die volgende is belangrik met die verspreiding van twee kleure water:

  • Geen waterhouers of waterkarre wat vir die verspreiding van bruin water gebruik word mag vir

blouwater gebruik word nie.

  • Waterkanne en -karre moet duidelik met die nodige kleur gemerk word met verf, plakkers ens.
  • Waterkarre moet ‘n kleuraanduiding by die aftapkraan en op die tenk hê.
  • Gebruik menslike gebruik graad plastiekhouers vir blouwater berging.
  • Moenie blouwater in kanne berg waarvan die vorige inhoud nie bekend was nie.
  • Moenie houers gebruik wat voorheen vir melk gebruik was nie – proteïenselle kan nie volkome

verwyder word nie en sal vinnig bakteriese groei tot gevolg hê.

  • Water moet binne twee en sewentig uur vervang word.

Vir waterberging wat nie binne 72 uur gebruik sal word nie is die volgende reëls van toepassing:

  • Merk houers met die datum waarop die houers opgevul word.
  • Berg houers met water op ‘n koel donker plek, nie in direkte sonlig nie.
  • Voeg vyf druppels bleikmiddel per liter water by of ‘n halwe teelepel per tien liter water. Alternatiewelik kan 3 druppels vloeibare watersuiweringsmiddel by 1 liter water gevoeg word, hierdie produk is teen spesiale aanbod by hoofkantoor beskikbaar.
  • Moenie water gebruik binne dertig minute na bleikmiddel of watersuiweringsdruppels by die water gevoeg is nie.
  • Maak waterkanne altyd tot oorlopens toe vol.
  • Gebruik slegs water met ‘n skoon deurskynende kleur.

Waterbeplanning vir nuwe kamp:

Die volgende is riglyne vir beplanning van watervoorsiening. Dit is net ‘n voorbeeld, persone in beheer van die afdeling Watervoorsiening kan self die metodes wysig.

Besluit of water afgelewer of opgetel word.

Bepaal:

  1. a) die waterbronne beskikbaar
  2. b) die waterkleur van bronne
  3. c) die hoeveelheid water beskikbaar van elk bron
  4. d) die koste van aflewering
  5. e) die koste van waterproduksie
  6. f) totale koste
  7. g) die hoeveelheid water wat per gesin verskaf gaan word
  8. h) die totale waterbehoefte van die kamp.
  9. i) die koste per familie.
  10. j) en laastens die afleweringsiklus.

Hierdie artikel Logistiek 23 – Deel 1 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 21 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-21/ Sat, 12 Oct 2019 15:34:24 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22408 Die tweede sub-departement onder Landbou genaamd Beplanning, het te make met die beplanningsfunksie om rondom uitdagings te werk wat ontstaan weens die moeilike omstandighede wat anargie tot gevolg het aangesien kommunikasie so beperk sal wees in hierdie tyd. Die doel hier is dat ‘n paneel van kundiges oor grense van sektore in beplanning kan kom …

Hierdie artikel Logistiek 21 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Die tweede sub-departement onder Landbou genaamd Beplanning, het te make met die beplanningsfunksie om rondom uitdagings te werk wat ontstaan weens die moeilike omstandighede wat anargie tot gevolg het aangesien kommunikasie so beperk sal wees in hierdie tyd.

Die doel hier is dat ‘n paneel van kundiges oor grense van sektore in beplanning kan kom om hierdie probleme aan te spreek. ‘n Skielike beperking op kommunikasievermoë kan in baie groter mate as wat mense besef gemeenskappe van mekaar isoleer en laat vervreem. Ons lewe tans in ‘n kommunikasieryke omgewing waar elke individu deur middel van Telekommunikasie en elektroniese dataverbindings in bykans konstante kommunikasie met honderde mense op nasionale en selfs internasionale vlak verkeer.

‘n Skielike beëindiging van sulke kommunikasielyne het ‘n enorme invloed op die vooruitgang, uitruiling en ontwikkeling van idees, oplossings, en behoeftes en isoleer mense van mekaar. Die doel van ‘n beplanningshoof in elke sektor is om kommunikasie te bewerkstellig d.m.v fisiese kontak, boodskappers, radiokontak, ens. sodat daar op die totale veilige gebied beplanning deur kundiges gedoen kan word en daardie informasie afgewentel kan word na elke sektor.

Wanneer kundiges innoverende oplossings op probleme vind, kan ons nie bekostig om vir dae, weke of maande vertragings in die verspreiding van hierdie innovasies na ander sektore te hê nie. Die afdeling Beplanning is dus nie bemoeid met fisiese uitruiling van hulpmiddele en die voorsiening aan behoeftes tussen boere en vlugtelinge soos departement Boereskakeling nie.

Hierdie afdeling is ‘n dinkskrum waarvan die strukture skakel op nasionale vlak om, veral op wetenskaplike vlak, die volgende probleme te oorbrug:

  • Saadtekorte;
  • Besproeiingsbeperkings;
  • Elektrisiteitsvoorsiening;
  • Peste en plaagbeheer;
  • Oesmetodes;
  • Plantmetodes;
  • Arbeidsaanwending;
  • Voedselverspreiding;
  • Voedselberging;
  • Entmiddele;
  • Chemiese- en gifstoftekorte;
  • Bemestingtekorte;
  • Effektiewe variëteit identifisering;
  • Landbousekuriteit probleme;
  • Slagfasiliteite en afvoer daarheen;
  • Verkoelingsfasiliteite;
  • Ens.

Op nasionale vlak behoort die vorm van afdeling Beplanning eerder ‘n paneel van kundiges aan te neem. HK behoort hier so vinnig as moontlik ‘n aanvraag na alle sektore uit te plaas om akademici te identifiseer by ontvangspunte wat na HK gebiede gestuur kan word. Op nasionale vlak kan hierdie individue in die vorm van ‘n navorsingsdinkskrum nasionale uitdagings identifiseer en in gesprek tree met beplanningspersoneel in sektore om oplossings te bied.

Hierdie artikel Logistiek 21 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 22 – Deel 2 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-22-deel-2/ Sat, 12 Oct 2019 14:20:29 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22533 Krag Alhoewel die verwagting is dat kragnetwerke kortliks na anargie uitbreek in duie sal stort, is dit ook so dat daar sekere dele van die land is waar sommige krag steeds opgewek kan word. Verskeie natuurlike kragbronne soos windkrag, sonkrag en hidro-kragopwekking sal tot ‘n mindere mate in sekere plekke beskikbaar wees. Om hierdie stelsels …

Hierdie artikel Logistiek 22 – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Krag

Alhoewel die verwagting is dat kragnetwerke kortliks na anargie uitbreek in duie sal stort, is dit ook so dat daar sekere dele van die land is waar sommige krag steeds opgewek kan word. Verskeie natuurlike kragbronne soos windkrag, sonkrag en hidro-kragopwekking sal tot ‘n mindere mate in sekere plekke beskikbaar wees.

Om hierdie stelsels te laat funksioneer terwyl meeste ander opwekkingseenhede staak, is ‘n baie komplekse taak waarvoor honderde kundiges nodig sal wees. Hierdie tipe van bestuur van kragstelsel vind op ‘n groter skaal regoor die hele veilige gebied plaas en word sentraal beheer deur kundiges.

Terselfdertyd vind die bestuur van krag op ‘n kleiner skaal meer primitief in sektore plaas of selfs nog kleiner in kampe of plaasopstalle. Daar is dus twee parallelle funksies vir kragbestuur wat gelyktydig plaasvind: Die groter nasionale bestuur van grootskaalse opwekking asook die kleiner lokale bestuur van krag.

Die plaaslike kragvoorsieningsbeplanning en bestuursfunksies wat lokaal in kampe, plase, of ander fasiliteite opgerig en hanteer moet word sluit die volgende in:

Kragopwekkers

Die gebruik van ‘n gemeenskaplike kragopwekker om beligting en ander noodsaaklike kragverbruikersbehoeftes aan te spreek. In sulke gevalle neem ‘n persoon verantwoordelikheid en word aangestel om kragvoorsiening vir ‘n groep te bestuur.

Hier is dit belangrik om te bepaal wat die brandstofverbruik van kragopwekking is en hoeveel ure per dag hierdie opwekking in diens sal wees om aan behoeftes te voorsien. Terselfdertyd moet die verantwoordelike persoon bereken wat die beskikbaarheid van brandstof is en wat die reserwes is wat geallokeer kan word aan kragvoorsiening.

Die brandstofverbruik word dus bereken per uur lopende tyd van ‘n kragopwekker en berekeninge kan gemaak word om te bepaal hoe lank kragvoorsiening op hierdie metode beskikbaar sal wees. Daarna kan tye van gebruik aangepas word. Bring ook hier in berekening wanneer alternatiewe opwekkingsmetodes beskikbaar kan raak om te bepaal hoe lank reserwes vir die groep sal hou om krag mee op te wek.

Die gebruik van sonpanele, batterye en inverters

Aangesien hierdie metode van kragvoorsiening vir ‘n groep meer volhoubaar is en nie afhanklik van brandstofverbruik nie, kan krag vir langer tye per dag beskikbaar wees. Probeer so vinnig as moontlik om kragopwekking wat aan fossielbrandstowwe afhanklik is met sonkragopwekking te vervang.

Metodes kan nou bepaal word hoe om vir ‘n groep krag beskikbaar te stel vir noodsaaklike gebruike en/of krag op ‘n sentrale punt vir hierdie gebruike beskikbaar gestel gaan word. Indien sonkrag by elke blyplek aan vlugtelinge voorsien kan word moet daar in gedagte gehou word dat hoë verliese oor langer afstande voorkom by lae volt kraglyne. Dit is belangrik om kundige persone in beheer van kragvoorsiening hier aan te wend om toe te sien dat krag op die mees effektiefste wyse aan vlugtelinge of personeel voorsien word.

Noodsaaklike verbruike van krag in tye van anargie sal die volgende insluit en noodsaak persone in beheer van kragvoorsiening om hierdie noodsaaklike verbruike voorkeur te gee bo verbruike van meer siviele en persoonlike aard.

  • Die laai van batterye vir kommunikasiedoeleindes.
  • Direkte kragvoorsiening aan radios vir kommunikasiedoeleindes.
  • Kragvoorsiening aan herhalers.
  • Kragvoorsiening vir beligting by VBS of HK fasiliteite.
  • Kragvoorsiening vir die laai van selfone wat vir bestuursfunksies gebruik word.
  • Kragvoorsiening aan WiFi herhaler eenhede.
  • Kragvoorsiening aan skootrekenaars en drukkers.
  • Ander bestuursfunksies.
  • Hersteldienste
  • Noodsaaklike vervaardiging.
  • Mediese dienste.

 

Minder belangrike gebruike behoort sekondêr aangespreek te word en sluit die volgende in:

  • Beligting by privaat wooneenhede.
  • Sosiale aktiwiteite soos musiek.
  • Elektroniese toerusting vir privaat gebruik.
  • Voedsel voorbereiding.
  • Ens.

Groepe kan op groeps, streeks, of provinsiale vlak reeds nou al aanstellings doen vir hoofde van kragvoorsiening en bymekaarkom om beplanning in hierdie verband te doen. Doen berekeninge in u groepe om te bepaal hoe daar op gemeenskaplike wyse voorbereiding gemaak kan word vir kragvoorsiening in julle veilige gebiede.

Hier kan lede bydrae om brandstofvoorrade op te bou wat vir gemeenskaplike kragvoorsiening aangewend kan word. Lede kan ook bydraes maak om gemeenskaplike sonkragstelsels saam te stel vir die voorsiening van krag aan ‘n groep.  Daar kan ook deur hierdie aanstellings vir afdeling Kragvoorsiening met logistieke hoofde saamgewerk word om te bepaal waste kragvoorsieningsvermoë daar teenwoordig mag wees in veilige gebiede.

Hierdie kragvoorsieningsinfrastruktuur kan moontlik tydens anargie verskuif word vir die aanwending van kragvoorsiening in ‘n veilige gebied.

Grootskaalse kragvoorsiening

Die volgende vlak waarop kragvoorsiening op groter skaal bestuur moet word word op nasionale vlak regoor die totale veilige gebied bestuur. Vanaf verskillende sektore moet kundiges op die vlak van kragvoorsiening en, veral kundiges op die Eskom kragnetwerk, dadelik gelys en aan HK deurgegee word.

Hierdie persone sal deel vorm van ‘n werkspan regoor die veilige gebied wat sal begin deur beplanning rondom die kragvoorsieningsnetwerk in daardie veilige gebied. Hierdie groep van kundiges sal daarin poog om kragopwekking d.m.v bestaande sonplase, windterbunes en hidroëlektriese aanlegte so te bestuur dat sekere strategiese gebiede van krag voorsien sal kan word.

Hierdie is ‘n baie komplekse taak waarmee net sukses bereik sal kan word indien die nodige kundiges effektief op strategiese beplanning aangewend kan word. Verder sal dit vereis dat kundiges op sektorvlak praktiese riglyne sal moet ontvang en opdragte sal moet uitvoer rakende aanpassings wat op grondvlak met kragvoorsiening op sekere punte gemaak sal moet word.

‘n Voorbeeld hiervan sluit die volgende in:

Waar kragvoorsiening vanaf ‘n sekere sonplaas met ‘n beperkte hoeveelheid aan ‘n klein dorpie beskikbaar word sal daardie eenhede in megawatt asook die tye van beskikbaarheid aan kundiges in daardie dorpie deurgegee word. Die kundiges verantwoordelik vir die bestuur van kragvoorsiening sal dan getaak word om te bepaal wat die nodigste dienste in die dorp is wat van krag voorsien moet word.

Hierdie dienste sal moontlik die volgende insluit:

  • Kragvoorsiening aan rioleringsaanlegte vir die dorpie.
  • Kragvoorsiening vir watersuiweringsaanlegte of waterpompgeriewe vir die dorpie.
  • Kragvoorsiening aan mediese fasiliteite in die dorp.
  • Kragvoorsiening vir HK en bestuursfasiliteite in die dorp.
  • Kragvoorsiening aan verkoelings- en voedselverwerkingsfasiliteite in die dorp.
  • Kragvoorsiening aan spesifieke besproeiingsaanlegte waar grootskaalse oeste bedreig word.
  • Kragvoorsiening aan kommunikasiemiddele.

Soos u kan sien sal dit ‘n enorme taak wees om ‘n klein hoeveelheid elektrisiteit vinnig so te bestuur dat alle onnodige verbruik vanaf die voorsieningsnetwerk in daardie area verwyder word.

Rig hierdie departement op deur u nodige kundiges baie vinnig, na ‘n ontvangsproses begin is, in verbinding te laat tree met kundiges op nasionale vlak en rig kommunikasiemiddele op vir hierdie persone om deeglike kommunikasie met mekaar te hê en te behou.

Hierdie artikel Logistiek 22 – Deel 2 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 20 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-20/ Fri, 11 Oct 2019 20:32:27 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22387 Landbou Die derde sub-departement onder Logistieke bestuur na anargie uitbreek is Landbou. Onder Landbou is daar twee afdelings genaamd Boereskakeling en Beplanning. Ons bespreek nou die afdeling Boereskakeling onder hierdie sub-departement Landbou. Boereskakeling is van kardinale belang in ‘n tyd van anargie aangesien kommunikasievlakke, tegnologie en middele uiters skaars sal wees in sulke omstandighede. In …

Hierdie artikel Logistiek 20 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Landbou

Die derde sub-departement onder Logistieke bestuur na anargie uitbreek is Landbou. Onder Landbou is daar twee afdelings genaamd Boereskakeling en Beplanning. Ons bespreek nou die afdeling Boereskakeling onder hierdie sub-departement Landbou.

Boereskakeling is van kardinale belang in ‘n tyd van anargie aangesien kommunikasievlakke, tegnologie en middele uiters skaars sal wees in sulke omstandighede. In anargietoestande sal bykans alle kommunikasie aangewend word vir verdediging en meer lewenskritiese funksies op ‘n meer senior bestuursvlak.

Grondvlak kommunikasie soos die wat geskied tussen landbouers en ‘n sentrale beheersentrum in elke streek sal grootliks met fisiese skakeling deur middel van vergaderings in die sektor plaasvind. Aangesien daar ‘n baie sterk werksverhouding en uitruil van produkte gaan plaasvind tussen die landbouers in elke sektor asook die vlugtelinge wat daardie sektor huisves, moet ons spesiale strukture oprig om dit te fasiliteer.

Dit is belangrik om so vroeg as moontlik in die sektoroprigting reeds te bepaal wie in hierdie posisie aangewend kan word. Identifiseer vroeg reeds persone wat wel bekend en op goeie voet is met boere in u sektor. So ‘n persoon het die voordeel dat daar reeds ‘n verhouding bestaan tussen hom en die boere. Hierdie persoon kan dan nou reeds inligting begin deurgee aan boere met spesifieke fokus op die tekorte wat gaan ontstaan indien ‘n ineenstorting van stabiliteit en, daarmee gepaardgaande, infrastruktuur en hulpmiddele plaasvind.

Na anargie uitbreek sal hierdie afdeling Boereskakeling verantwoordelik wees om vanaf verskeie ander departemente die volgende inligting in te win en dan deur middel van vergaderings gereeld hierdie inligting met die boeregemeenskap in u sektor te deel.

Dit is ook belangrik om daarop te let dat sektorbevelvoerders en, veral die Landbou afdeling van Logistieke strukture, aktief begin om hierdie landbouskakeling na sektore dieper in die veilige gebied uit te brei. Sekere funksies van sektorbevel reik verder na die agterlinies as die agterste grens van u sektor.

Namate u strukture uitbrei, kan u meer personeel aanwend om na sektore in die agterkant van die veilige gebied skakeling te begin oprig. In anargietye sal sektore dieper in die veilige gebied outomaties aan u toegedeel word om daar ook skakeling te bewerkstellig. Informasie wat vanaf verskillende departemente ingewin word, sluit die volgende in:

Vanaf vordering:

  • Watse vee getalle is ingevorder wat nie reeds in besit van boere is nie en wat op plase uitgeplaas moet word.
  • Watse graan ingevorder is en in bestaande silos op plase gestoor kan word.
  • Watse sade, kunsmis, brandstof, ander tegniese toerusting, gifstowwe, arbeid (in terme van vlugtelinge wat aangewend kan word) ens. raak beskikbaar wat aangewend kan word deur boere in voedselproduksie.
  • Skakel met departement Ontvangs om te verneem wat die verwagte vlugtelingtalle is wat op plase gehuisves moet word.
  • Skakeling met department Tegniese dienste om te verneem wat die beskikbaarheid en projesies van beskikbaarheid is in terme van watervoorsiening, kragvoorsiening, en vervoer wat aan boere aangebied kan word.
  • Skakeling met HK om op hoogte te kom van strategiese beplanning waarvan inligting na boere afgewentel moet word.

Die bogenoemde is voorbeelde van hoe afdeling Boereskakeling met verskeie departemente kommunikeer om sodoende in vergaderings met die boeregemeenskap inligting met hulle te deel oor beplanning, dienste, beskikbaarheid van hulpmiddele en die behoeftes wat ontstaan om plase aan te wend vir die verspreiding van weerbare groepe op die grenslyn sektore, asook vlugtelinge (vrouens, kinders en bejaardes) in dieper sektore.

Verder word daar nou in hierdie werksessies met boere besprekings gehou rakende die behoeftes wat daar ontstaan op plase en die tekortkominge om produksie te lewer van verskeie lewensmiddele soos vee, graan, en varsprodukte. Hier kan uitdagings bespreek word rakende tekorte aan krag, water (veral dele waar pypleidings of kanale vir watervoorsiening gebruik word).

Hierdie besprekings word dan teruggeneem na bevelstrukture in elke sektor en elke onderwerp van bespreking word deur afdeling Boereskakeling met verskeie hoofde van sub-departemente regoor die hele bestuurstruktuur bespreek.

Die afdeling Boereskakeling dien dus as die mondstuk van bestuurstrukture aan die boeregemeenskap, maar ook as die mondstuk van die boeregemeenskap aan die bestuurstruktuur in die sektor.

Die verdere funksie van Boereskakeling is om in gereelde gesprek te kom met die tweede afdeling onder Landbou, genaamd Beplanning. Meer hieroor later.

Verder skakel afdeling Boereskakeling gereeld met dieselfde departement by HK wat bemoeid is met nasionale strategiese beplanning, die insameling van data op landbou, asook om te verneem oor uitruiling van beskikbare middele wat aangewend kan word in voedselproduksie op plase.

Dieselfde geskied hier soos met ander departemente dat tekorte in ander sektore, asook die beskikbaarheid van items in sulke sektore, deur Boereskakeling geidentifiseer word en na nasionale HK’s deurgegee word. Die nasionale HK’s kan dan nasionale vermoëns bepaal en sulke behoeftes en beskikbare items oor sektorgrense uitruil en koördineer. Die fokus van departement Boereskakeling bly dus konstante kommunikasie tussen hierdie verskeie strukture.

Sien die aangehegte organogram.

Hierdie artikel Logistiek 20 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 19 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-19/ Thu, 10 Oct 2019 14:45:46 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22378 Stoor en Beheer: Voertuie Kort na die ontvangsproses in sektore begin behoort vragmotors se vorderingsproses afgehandel te wees. Ander voertuie sal nou beskikbaar begin raak wat nie deel van die invorderingsproses uitgemaak het nie. Aangesien gewone voertuie  (motors en bakkies) asook trekkers en sleepwaens toenemend in veilige gebiede sal arriveer, kan sulke voertuie wat nie …

Hierdie artikel Logistiek 19 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Stoor en Beheer: Voertuie

Kort na die ontvangsproses in sektore begin behoort vragmotors se vorderingsproses afgehandel te wees. Ander voertuie sal nou beskikbaar begin raak wat nie deel van die invorderingsproses uitgemaak het nie. Aangesien gewone voertuie  (motors en bakkies) asook trekkers en sleepwaens toenemend in veilige gebiede sal arriveer, kan sulke voertuie wat nie in besit van hul eienaars bly nie ook by versamelpunte gestoor word.

Namate brandstof skaarser word sal al hoe meer voertuie beskikbaar raak en al meer persone hul privaat voertuie ook by sulke fasiliteite wil berg vir veilige bewaring. Die rekordhouding hiervan is uiters belangrik. Die eerste besonderhede wat verkry moet word, en verkieslik waarvan voertuie op aparte plekke gestoor moet word, is welke hierdie voertuie in privaat besit bly en of dit aanwendbaar is in die Suidlander Noodplan.

Deeglike rekordhouding is hiervoor nodig met skriftelike rekord wat aan eienaars wat voertuie in privaat besit by sulke fasiliteite agterlaat gegee moet word as bewys. Voertuie wat beskikbaar sal bly vir noodplan aanwending is tipies die volgende:

  • Vragmotors wat afgekeer is tydens ontvang.
  • Vragmotors en voertuie wat agtergelaat is tydens vlugsituasies en saamgeneem is deur vlugtelinge.
  • Voertuie wat vrywillig ingedien is en beskikbaar gemaak word vir aanwending.
  • Alle ander voertuie wat nie in privaat besit bly van persone in die sektor nie.
  • Vlugtelinge wat met wa-eenhede (trekkers) by sektore aankom.

Namate brandstof meer skaars raak en minder voertuie aangewend kan word sal sulke bergingsgeriewe vir voertuie toenemend groei. Stoor en Beheer moet, soos met ander afdelings, inventarisse hiervan aan HK deurgee, maar dit is nie nodig om volledige lyste van voertuie op te trek nie. Hierdie inventarisse kan opsommend aandui hoeveel van elke soort (motors, bakkies, trekkers, vragmotors, sleepwaens) beskikbaar is vir aanwending en hoeveel in privaat besit vir berging ingedien is.

Afdeling Stoor en beheer moet alles moontlik doen om hierdie voertuie te beskerm teen elemente en om stoorfasiliteite so te bestuur om skade, verval en agteruitgang van voertuie te beperk. Meganiese gereedmaking vir langtermyn stoor (moth ball) aksies kan ook op so ‘n vloot toegepas word.

Neem ook kennis watter voertuie in aanmerking geneem kan word om vir onderdele uitmekaar gehaal te word wanneer voertuie wat wel diensbaar is herstel moet word. Sulke voertuie sal tipies voertuie wees wat beskadig is, onklaar geraak het of in ongelukke was.

Hou ook in gedagte dat brandstofbeskikbaarheid in die toekoms mag toeneem en dat brandstof selfs verskeie tye meer of minder beskikbaar kan word. Dit sal veroorsaak dat daar op sekere tye groot getalle voertuie aangewend kan word en dan op ander tye kan voertuie in groot getalle weer gestoor sal moet word.

Skielike toenames in die beskikbaarheid van brandstof kan weens verskeie redes voorkom wat nie hier bespreek sal word nie.

Hierdie artikel Logistiek 19 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 18 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-18/ Wed, 09 Oct 2019 06:35:46 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22375 Stoor en Beheer: Tegniese Hulpmiddele Die Stoor en Beheer funksie van tegniese hulpmiddele is die voortsetting van Stoor Beheer en is verantwoordelik vir afdeling van tegniese hulpmiddele na afdelings, sektore, HK’s en projekte soos wat dit benodig word. Onthou dat die invordering van hierdie items weereens soos met alle ander invorderingsafdelings tydelik van aard is …

Hierdie artikel Logistiek 18 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Stoor en Beheer: Tegniese Hulpmiddele

Die Stoor en Beheer funksie van tegniese hulpmiddele is die voortsetting van Stoor Beheer en is verantwoordelik vir afdeling van tegniese hulpmiddele na afdelings, sektore, HK’s en projekte soos wat dit benodig word. Onthou dat die invordering van hierdie items weereens soos met alle ander invorderingsafdelings tydelik van aard is waarna die Stoor en Beheer afdeling die voortgesette bestuur hiervan uitoefen.

Vir sekerheidsredes, maar meestal weens praktiese implikasie van die koste van vervoer word tegniese toebehore soos gelys onder die tegniese invorderingsafdeling nie gesentraliseerd gestoor nie maar word versprei oor ‘n wye aantal sektore in ‘n veilige gebied.

Hierdie tegniese middele word tipies soos omskryf in hierdie afdeling se invorderingsdeel soort by soort binne die sektor gestoor. Anders as met ander afdelings onder Stoor en Beheer hou die tegniese Stoor en Beheer span nie net volledige inventaris van alle tegniese toerusting wat in stoor gehou word nie, maar ook wat in gebruik in die sektor is.

Die rede hiervoor is dat HK die volledige aantal en beskikbaarheid van tegniese toerusting in berekening kan bring met verdeling van toerusting onder sektore en veral waar kritiese projekte moontlik kan vereis dat selfs toerusting in gebruik hiervoor aangewend kan word. Dit mag permanent wees maar behoort meer gereeld op tydelike basis te geskied.

Die eerste funksie van afdeling Stoor en Beheer Tegnies is om volledige inventarisse reeds vanaf Fase 3 te begin saamstel om sodoende by aankoms by sektore ‘n voorsprong op die samestelling van inventarisse te hê. Radiotoerusting, wapens, en ammunisie asook voertuie is goeie voorbeelde van toerusting wat vroeg in konvooivorming reeds opgestel kan word.

Tweedens kan hierdie spanne nou voor of kort na die ontvangsproses in sektore begin stelsels implementeer waarby inkomende toerusting gedokumenteer kan word en inventarisse stelselmatig deur hierdie sisteme van rekordhouding en kontrolering opgedateer kan word.

Derdens kan hierdie inventarislyste vroeg reeds aan die betrokke HK deurgegee word, selfs indien die eerste lyste nie 100% volledig of akkuraat is nie. Dit sal HK personeel ‘n voordeel gee om vroeër met basiese projeksies, beplanning en tekorte berekeninge te begin.

Hierdie lyste kan dan deurentheid opgedateer word en op gereelde basis soos ooreengekom met HK personeel van tyd tot tyd opgedateer word.

Vierdens kan tegniese toerusting op twee maniere beskikbaar gestel en/of aangevra word. Eerstens deur te kommunikeer met sektore direk langs u huidige sektor. Hierdie proses, alhoewel ietwat omseilend van direkte bevel, is geimplementeer om kommunikasielyne te spaar weens die beperkte beskikbaarheid van kommunikasiemiddele tydens anargie. In praktyk beteken dit dat nabygeleë sektor weens die kort afstande van ligging direk by Stoor en Beheer Tegnies navraag kan doen rondom die beskikbaarheid van spesifieke toerusting waarna hierdie afdeling, onderhewig aan beskikbaarheid en met die goedkeuring van die sektor bevelvoerder, sulke toerusting na buursektore kan afvoer.

Indien sulke transaksies plaasvind is dit belangrik dat kontrole toegepas word sodat beide die versender, sektor en die ontvangersektor gelyke tyd inventarislyste na HK sal opdateer en aandui dat so ‘n transaksie plaasgevind het.

Die tweede metode waarby tegniese middele afgestuur of ontvang kan word is deur navrae te plaas by die betrokke HK. Indien Stoor en Beheer Tegnies oor toerusting beskik waarvan daar nie ‘n behoefte in die sektor bestaan nie, moet dit duidelik aan HK’s bekendgemaak word sodat sulke toerusting beskikbaar gemaak kan word aan sektore waar ‘n behoefte aan soortgelyke toerusting bestaan.

Op dieselfde wyse kan sektore deur middel van afdeling Stoor en Beheer navrae by HK plaas waarna HK beskikbare toerusting, indien dit bestaan, en indien fisiese afvoer daarvan moontlik is, sal probeer bekom. Sulke toerusting, indien beskikbaar, kan dan aan sektore voorsien word waar daar ‘n tekort aan bestaan.

Die konsep van nodigheid van sekere toerusting is relatief aangesien sekere personeel ‘n hoër behoefte aan toerusting mag toeskryf as ander. Dit is ook moeilik om alle toerusting asook die afwesigheid daarvan se vraag en aanbod vooraf te bepaal en om vas te stel wat regverdig ‘n verspreiding daarvan. HK personeel sal dus hierdie data wat van sektore af inkom gebruik om die gemiddelde verspreiding van sekere tegniese toerusting te bereken waarna aanbevelings gemaak kan word en regverdiging van die verspreiding daarvan gekoördineer kan word.

Hou in gedagte dat toerusting wat in privaat besit van persone in ‘n sektor is en wat nie vrywillig beskikbaar gestel word aan areas waar sulke toerusting in hoë aanvraag is nie, sal nie as ‘n reël uit daardie persone se besit verwyder word nie. Elke situasie en soort toerusting sal met meriete hanteer moet word om regverdigheidsontwil en omdat beslaglegging of gedwonge onteiening nie die beleid in die Suidlander Noodplan is nie. In baie gevalle kan persone gevra word om ‘n diens op ‘n sekere area te gaan verskaf met sy eie toerusting indien so ‘n diens in ernstige tekort is.

Die onvoorspelbaarheid en veranderlikheid van rewolusies, konflikte en tye van anargie maak dit onmoontlik om vooraf vaste riglyne vir die beheer van toerusting te bepaal. Daar sal uiters innoverend, kreatief en met balans opgetree en besluite geneem moet word deur leierskapstrukture, veral wanneer dit handel oor eiendom in privaat besit.

Hierdie artikel Logistiek 18 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 17 https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-17/ Tue, 08 Oct 2019 15:34:28 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22307 Vars Produkte Verspreiding (Onder sub-departement Stoor en Beheer) Die verspreiding van vars produkte onder sub-departement Stoor en Beheer behels ‘n paar hoofrolle wat vervul moet word: Die eerste is die implementering van programme om die verbouing van vars produkte te begin en voort te sit. Onthou dat die vorderingsaksie op vars produkte ‘n tydelike rol …

Hierdie artikel Logistiek 17 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Vars Produkte Verspreiding (Onder sub-departement Stoor en Beheer)

Die verspreiding van vars produkte onder sub-departement Stoor en Beheer behels ‘n paar hoofrolle wat vervul moet word:

Die eerste is die implementering van programme om die verbouing van vars produkte te begin en voort te sit. Onthou dat die vorderingsaksie op vars produkte ‘n tydelike rol is en dat hierdie department beëindig sodra die aanvanklike anargietoestand waarin produkte ingevorder en verspei word beëindig. Van daar sal department Stoor en Beheer vars produkte op ‘n meer permanente manier produseer.

Dit kan op twee maniere geskied. Eerstens deur elke groep op plase en selfs in dorpsgebiede te help en te motiveer om op klein skaal met die produksie van groente te begin. Elke moontlike beskikbare oppervlak kan hiervoor aangewend word. Hou in gedagte dat saad uiters skaars en waardevol sal wees aangesien sade nie vanaf plante gemaak kan word nie. Alle sade wat tans beskikbaar is is geneties aangepas sodat die saad wat vanaf plante geoes kan word nie effektief is vir hergebruik nie.

Dit is daarom uiters belangrik dat alle lede op individuele vlak moedersade moet aanskaf om vir voedselproduksie voorsiening te maak. Ons is tans besig om te onderhandel vir spesiale pakette van moedersade waarvan hierdie plante se bruikbare sade weer kan produseer.

Hierdie pakette is spesiaal saamgestel vir die komende omstandighede deurdat dit variante is wat maklik groei, spesiaal vir ons klimaatsomstandighede gekies is en hoë verhoudings van voedselproduksie teenoor grondoppervlak oplewer.

Die produksie van vars produkte op klein skaal is baie effektief aangesien dit arbeidsintensief is en daarom min kostes in terme van krag, brandstof en masjienerie vereis. Dit het ook die voordeel dat produksie relatief naby mekaar geskied en oor kort afstande te voet uitgeruil kan word tussen plase of groepe of selfs huise in ‘n dorpsgebied.

Tweedens kan produksie op groter skaal plaasvind indien brandstof, krag, en besproeiingsgeriewe beskikbaar is. Dit veroorsaak egter ‘n verspreidingsprobleem aangesien enkele grootskaalse vars produk verbouing sal veroorsaak dat aflewering oor langer afstande sal moet geskied wat ekstra kostes in terme van brandstof, krag en meganisasie sal veroorsaak.

Die volgende aspek om in gedagte te hou is dat daar deurentheid skakeling met HK moet plaasvind om eerstens inligting te bekom van die beskikbaarheid van brandstof vir vars produksie, maar ook chemikalieë, saad, kunsmis, ens. wat beskikbaar mag wees in ander sektore. HK sal ook vanaf elke gebied bewus gemaak moet word van huidige en beplande voedselproduksie om sodoende toe te sien dat genoegsame produksie gebalanseerd tussen ‘n verskeidenheid variteite op nasionale vlak geproduseer word.

Te veel produksie sal onnodige koste veroorsaak indien hierdie produkte nie op langtermyn behoue kan bly nie.

Die volgende stap is om inisiatiewe in werking te stel om vars produkte oor langer termyne te kan stoor. Dit sal hoofsaaklik bestaan uit drogingsfasiliteite wat op kleinskaal verspreid kan plaasvind eerder as gesentraliseerde grootskaalse drogingsaanlegte op te rig. Droging van varsprodukte kan eenvoudig en primitief gedoen word op kleinskaal waarna uitruiling van verskillende variteite oor kort afstande kan plaasvind.

Die volgende rol wat varsprodukte afdeling van Stoor en Beheer moet vervul is om die aflewering en/of uitruiling van produkte tussen groepe, plase en gemeenskappe te fasiliteer. Aangesien uitruiling van ‘n wye reeks logistieke middele soos vleisprodukte, brandstof, wapens, ammunisie, radios, masjienerie, medikasie, ens. tussen groepe bepaal sal moet word en bestuur sal moet word, is dit wys om met ander departemente van Stoor en Beheer te skakel om sodoende uitruiling en aflewering te kombineer om die mees koste effektiefste stelsels te implementeer vir uitruiling en aflewering.

Die laaste rol wat hierdie afdeling moet vervul is om toe te sien dat kampe, groepe, of fasiliteite soos HK’s wat permanent in diens van bestuursfunksies is vanuit gemeenskappe logisties van vars produkte voorsien behoort te word. Aangesien daar ‘n sub-departement van Logistiek bestaan wat later behandel word, wat spesifiek verantwoordelik is vir die voorsiening van logistieke middele aan sulke groepe, kan daar met hierdie departement geskakel word om reëlings te tref vir die afvoer van varsprodukte na sulke groepe.

Hierdie groepe sluit in weerbare afdelings wat voltyds aangewend sal word vir sekerheidsfunksies. Dit is dus die siviele deel van gemeenskappe wat verantwoordelikheid sal neem vir logistieke steun aan sulke groepe wat voltyds aangewend word. Hierdie afdeling, wat ons later gaan bespreek, resorteer onder die departement VIP dienste.

Hierdie artikel Logistiek 17 het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Logistiek 16 Vervolg https://www.suidlanders.co.za/argief/logistiek-16-vervolg/ Mon, 07 Oct 2019 16:19:26 +0000 https://www.suidlanders.co.za/argief/?p=22292 Stoor En Beheer: Brandstof – Deel 2 Een van die vroegste beheerfunksies wat uitgevoer moet word is tussen vlugtelinge en hul voertuie so spoedig as moontlik na ‘n onttrekkingsituasie plaasgevind het. Persone wat in hierdie vlugtelingsituasie deelneem se voertuie sal op verskillende vlakke wees met betrekking tot brandstof. Wanneer die totale konvooi vlugtelinge verder beweeg …

Hierdie artikel Logistiek 16 Vervolg het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>
Stoor En Beheer: Brandstof – Deel 2

Een van die vroegste beheerfunksies wat uitgevoer moet word is tussen vlugtelinge en hul voertuie so spoedig as moontlik na ‘n onttrekkingsituasie plaasgevind het. Persone wat in hierdie vlugtelingsituasie deelneem se voertuie sal op verskillende vlakke wees met betrekking tot brandstof. Wanneer die totale konvooi vlugtelinge verder beweeg sal sekere van hulle voertuie vroeër en ander later leeg raak. Dit gaan teweegbring dat net ‘n sekere persentasie voertuie die finale vlugtelinggebied sal kan bereik.

Daar moet reeds vroeg berekeninge gedoen word aangaande die brandstofvlakke in voertuie, asook die afstand wat daar beweeg gaan word. Indien dit nodig is om soveel as moontlik voertuie met insittendes tot by ‘n veilige gebied te kan neem, is dit raadsaam om brandstof eweredig te verdeel tussen voertuie om dit te kan regkry. Indien dit eerder vereis word dat minder voertuie weens ‘n langer reisafstand ‘n veilige gebied moet kan bereik, is dit eerder raadsaam om voertuie met lae brandstofverbruik voller te hou en vroeër eerder as later sekere voertuie agter te laat.

Alhoewel dit ‘n moeilike besluit is moet daar in gedagte gehou word dat sekere voertuie weens lae brandstofvlakke alreeds nie die eindbestemming sal kan bereik nie. Voertuie sal dus gedwonge in elk geval agtergelaat moet word. Deur dit vroeër te doen kan die ander voertuie verder beweeg.

Tweedens kan daar ook oorweeg word om voertuie op sleeptou te neem. Groot sterk voertuie soos 4×4 voertuie kan kleiner karretjies sleep. Die verhoogde brandstofverbruik sal steeds minder wees as beide voertuie saam. Hou ook in gedagte dat brandstof bespaar kan word deur die volgende te doen:

  • Bestuur teen laer spoed.
  • Bestuur in die hoogste moontlike rat.
  • Hou enjin rotasiespoed per minuut so laag as moontlik.
  • Trap die brandstof pedaal so min as moontlik diep in.
  • Hou die lugversorging af.
  • Hou vensters toe.
  • Hou bande hard gepomp.
  • Laai ‘n vrag in u voertuig eerder as met ‘n sleeptuig.
  • Voorkom ander lugweerstand soos bagasie op die dak.
  • Gebruik so vroeg as moontlik die wa-eenhede metode om groter getalle vlugtelinge mee te vervoer eerder as gewone voertuie.
  • Onthou dat beweegspoed ‘n groot invloed op brandstofverbruik het, moet dus nie onnodig groot getalle vinnig wil skuif indien dit onnodig is nie.
  • Kommunikeer gereeld met HK om toekomstige brandstofvereistes te bepaal.
  • Vir beweging van sleutelpersoneel of enkel persone, gebruik motorfietse, fietse, of diere vervoer eerder as ‘n swaer motorvoertuig.
  • Implementeer vinnig kommunikasiemiddele om onnodige reistogte uit te skakel.
  • Plaas opvangsgebiede, prosesseringspunte, VBS’e, ens. waar moontlik binne stapafstand van mekaar om brandstof te bespaar.

Wanneer brandstofvoorrade ingevorder word moet die ligging daarvan vertroulik hanteer word om te voorkom dat weerstand en/of protes voorkom onder lede om dit te bekom.

Maak dit duidelik dat kragopwekkers, pompe, masjienerie, ens. wat brandstof gebruik binnekort sonder brandstof gaan wees. Hierdie aanpassing kan vroeër eerder as later gedoen word.

Voorkom om brandstof te spandeer op dienste/fasiliteite, ens. soos bv. besproeiing indien dit in elke geval nie volhoubaar is nie en ‘n oes byvoorbeeld in elk geval verloor gaan word.

Moenie huiwer om baie manskappe af te deel aan beplanning, evaluering en implementering van strategieë rondom brandstofbesparing nie.

Hierdie artikel Logistiek 16 Vervolg het eerste keer veskryn op Suidlanders.

]]>